20/11/2023
As dit nie vir die Here was nie..!
Het jy al ooit gewonder waar jy in die lewe sou wees as dit nie vir jou hemelse Vader was nie..?
“As die Here nie aan ons kant was nie, laat Israel dit nou maar sê, as die Here nie aan ons kant was toe mense ons aangeval het nie, sou hulle ons lewendig ingesluk het in die hitte van hulle toorn teen ons. Die waters sou ons oorspoel het; strome sou ons oorweldig het. Die woeste waters sou ons weggesleur het.”
(PSALMS 124:1-45 NLV)
As die Here nie aan jou en my kant was nie sou die duiwel ons al lankal oorweldig het, want uit ons eie krag is ons te swak om hom te oorwin.
Die Passion parafrasering stel dit so mooi:
“What if God had not been on our side? Let all Israel admit this! What if God had not been there for us? Our enemies, in their violent anger, would have swallowed us up alive! The nations, with their flood of rage, would have swept us away, and we would have drowned and perished beneath their torrent of terror!”
(Psalms 124:1-5 TPT)
Laat ons dit vandag erken en eer gee aan die Een wat ons die oorwinning oor ons vyand gee en ons elkeen gebring het tot waar ons vandag is.
“We can praise God over and over that he never left us! God wouldn’t allow the terror of our enemies to defeat us. We are free from the hunter’s trap; their snare is broken and we have escaped! For the same God who made everything, our Creator and our mighty maker, he himself is our helper and defender!”
(Psalms 124:6-8 TPT)
Deur Sy krag!
Anina 🦋