Dr Elri du Preez

Dr Elri du Preez Dokter-Mamma 🫶🏼 Passievol vir Mediese Sorg 🫶🏼 Hier vir my gemeenskap 🫶🏼

Meet Dr. Elri du Preez,

Dr. Elri is a dynamic and compassionate medical professional, loving wife and devoted mother of twin toddler boys. Hailing from an Afrikaans background and growing up a farm girl at heart, Dr. Elri promises to seamlessly integrate into the Brits and greater surrounding community. Beyond the confines of her practice, Dr. Elri is a true adventurer - whether she enjoys the thrill of ski boating, embracing the tranquility of a jog or exploring new destinations through travel, she finds joy in life's varied experiences. Join Dr. Elri at her cutting-edge practice for patient centred, holistic and empathetic care.

💅 NAEL BYT OOMBLIKKE 💅🏼’n Gewoonte begin met ragfyn spinnerak webbe, en eindig op met drievoudige dik kabels” … - Onbeke...
22/06/2025

💅 NAEL BYT OOMBLIKKE 💅🏼

’n Gewoonte begin met ragfyn spinnerak webbe, en eindig op met drievoudige dik kabels” … - Onbekend

🤘🏼Naels Byt 🤘🏼

Sjoe is hierdie nou ’n post wat close-to-home hit.🎯

⛔️“Hou op kou - naels is vir vyl, nie vir vreet nie!”
⛔️“’n Pragtige jong dame soos jyself moenie jouself versies nie!”
⛔️“ Kou is vir kougom, nie naels nie”
⛔️” Sjoe, jy is seker baie honger as jou naels so lyk” - 🙄🫩😂 ag julle.

Ek het as kind baie erg naels gebyt. Dis ‘n algemene gewoonte, ek het ongeveer 23 jaar gevat om die gewoonte te kon breek - so ek weet wat ek sê as ek sê dis ongelooflik moeilik om die patroon te breek. Van bitter cutex tot vakansie-akriele, ek kon beter knaag as ’n hamster in ’n hok. 🐰

Ander strategieë wat nooit in my geval gewerk het nie, en waarskynlik meer sleg as goed gedoen het:

- Naellak bitters en cuticle oil
- My klavierjuffrou wat graag my oor die vingers getik het met die liniaal - ek het wel ophou klavier speel. (thanks…)
- Om my allerhande lelike goed toe te snou oor dit: toe het ek net dit begin wegsteek - en ek het vir etlike jare uit gewoonte op my hande gaan sit sodat niemand mag sien nie.

❓So, hoe het ek gestop?

Ek het op universiteit besef dat my hande sterk deel van van my beroep gaan vorm. My hande het gebewe as mense kyk, en ek moes dit uitsorteer.

Ek het gel/akriel op my naels begin sit. Ek moes, moet nogsteeds - permanent sorg vir iets op my naels - al is die gewoonte al 7 jaar gebreek. (Tip: Physical Barrier ) ☺️

💡Een ding om vandag te leer: wanneer al die tips en tricks wat ek onder gaan deel nie werk nie - is dit omdat die naelbytery nie net ’n *slegte gewoonte* is nie, maar ’n emosionele hanteringsmeganisme. Mens moet die stressor uitsorteer.

Behandeling moet holisties wees – gedrag, emosies, en ondersteuning. 🟡🟢🔵

❓Wat is naelbyt?

Naelbyt, of onychophagia, is wat dokters noem ’n mondelingse parafunctional habit – met ander woorde, jy gebruik jou mond vir iets anders as eet, drink of praat. Dis in dieselfde kategorie as tandekners (bruxism), potloodkou of duim suig.

Dis ’n vorm van body repetitive behaviours, wat basies is wanneer ’n gewoonte so gereeld herhaal word dat dit actually skadelik raak. ⛔️Ander BRB’s sluit in hare uittrek, vel stukkend krap, tong/wang/lip byt en duimsuig.

🧑‍🦳Ouderdom 🧑‍🦳

Naelsbyt begin meestal in kleuterjare, raak erger in die tienerjare (veral in stresvolle of onseker tye), en verbeter dikwels met ouderdom…

Sommige volwassenes kom nooit heeltemal verby die gewoonte nie. Ek het my gewoonte onder beheer, maar dit kom defnitief terug wanneer spanning hoog loop. ⚡️

⚠️ Wat verhoog jou kans om jou naels te byt?

Sommige mense is bloot meer geneig daartoe as ander – hier’s ’n paar risikofaktore:

* Jy het ’n ouer of familielid wat ook hul naels byt of gebyt het - selfs al het hulle gestop nog voor jou geboorte. Iets geneties?
* Jy het hoë vlakke van stres of angs (temperament, beroep, switch task stress)
* Jy voel verveeld of emosioneel uitgeput (burnout is ’n groot trigger vir groot mense)
* Jy ly aan ’n ander geestesgesondheidstoestand soos ADHD, OCD, of 'n angsversteuring
* Jy sukkel met ‘n lae selfbeeld: imposture syndrome
* Jy was as kind 'n duimsuiger of fopspeen gebruiker – naelbyt is dikwels ’n opvolggedrag.

Interessant genoeg:

Naelsbyt word gekoppel aan sekere temperamente:
🟡 Perfeksionisme
🟡 Impulsiwiteit
🟡 Neurotisisme
🟡 Introversie
🟡 OCD /tendencies/: dra paar kenmerke van OCD: beplanner, wil beheer neem, en herhaal graag patrone

Sekere beroepe sien dit meer na vore kom:

🟢 Dokters 😂🫣veral GPs/ mediese studente
🟢Prokureurs
🟢 Entrepeneurs
🟢 Execs
🟢 Stock traders
🟢 Pilots/sjirurge (vroeg in training - later raak pilots se hande besig en sjirurge se hande seker gross 🤷🏻‍♀️🫣)
🟢 Sagteware ontwikkelaars
🟢 Goed presteerende studente en skoliere

As ons oor die persoonlikheidstipes of temperamente praat, is choleries-melancholies mees geneig om te kou. 🔴🔵

Kom ons praat vinnig oor die grootste ooreenkoms in die beroepe, want dit is die klein goedjies wat jy dalk jouself of jou kind mee kan help:

🔛Task-switching stress🔛

Multitasking is ons generasie se “it-word”. So overrated - studies wys dat multitasking mense 40% meer tyd laat mors, en dit maak mens 15-30% minder effektief. Dit veroorsaak brain fog, mental fatigue, geirriteerdheid, depressie en burnout.

❓Hoekom?

Elke keer wat jy rat verander in jou brein, brand jy energie in jou prefrontale korteks. (Besluitneming, emosionele regulasie). As jy al jou energie gebruik aan ratte verander is daar minder energie oor vir besluite en emosies.

Nou stel jou voor:

🎯Fokus op onderwerp A: beslaan sy eie reëls en konteks. (Bv. skryf ‘n verwysingsbrief).
*oproep kom in van labaratorium*
🛑Ontkoppeling van onderwerp A: brand energie 🔥
🔎Identifiseer en Herfokus op onderwerp B: herskep konteks en reëls. Brand energie. 🔥
⚡️Reageer op onderwerp B, brand energie. 🔥
🛑Ontkoppel van onderwerp B.
🔎Herbelyn en fokus op Onderwerp A: skep reëls en konteks.

Doen dit nou elke 2 minute, soos ‘n trader of ‘n dokter, of prokureur, en dan verstaan mens hoekom vlug mense uit ‘n professionele beroepslui. ✈️

Hoe meer turnover-intense dit is, hoe groter die task switching stress en hoe vinniger die mental fatigue, mental fog, emosionele disregulasie en eindelik die burnout. Imagine elke 1,3,5min elke dag, elke 15min elke dag, elke uur elke dag ens. Herman beleef elke dag hoe ek in die aand gewone woorde nie kan oproep nie, soos die brainfog oorvat. 🫩🙄

Dis soos wanneer jy by ‘n kinder partytjie was en jy helemal oorweldig en gedisreguleerd en geiriteerd voel, maar elke dag. 🫣

🟰 hoe leer mens die regte patrone aan?

Hierdie tipe temperamente wil nie gewoonlik geskeduleer word nie: werk tot die werk klaar is.

Leer jouself en jou kind vroeg al:

💡Wees streng op onderbrekings en dedicated-fokus ure
💡Batch tipe take saam (konteks bly dieselfde)
💡Buffer zones deur die dag (15min breathers) (reboot🔋)
💡Baie, baie streng boundaries tussen werk/speel, baie streng werksure (respekteer hul werkstyd, sodat hulle die down time kan respekteer)
💡 eksternaliseer stress - doen iets met die frustrasie

🧬 Wat gaan aan in jou brein?

Jou amygdala aktiveer stress
Jou prefrontale korteks toon effense swak impulsbeheer
Jy byt
Jy kry ‘n vinnige dopamine hit: en jy voel beter omdat jy gebyt het
Patroon herhaal.

🩹 Wat kan verkeerd gaan?

Dis nie altyd net ’n “lelike” of “slegte” gewoonte nie. Wanneer dit erg raak, kan dit:

* Die naelbed permanent beskadig
* Lei tot infeksies (soos paronychia, absesse, weefselontsteking)
* Swam infeksies van die naels
* Tand slyttasie beskadig of pyn in die kake veroorsaak
* Kaakvorm aantas en lei tot ander gebit probleme
* Parasitiese Infeksies soos lintwurms of giardia help versprei – ja, van onder jou naels af tot in jou maag!
* Herhaaldelike infeksies weens hande wat vuil oppervlakke aangeraak het, in jou mond te sit.
* Tandvleis, tong, mondontsteking
* Sosiale probleme soos skaamte, angs of ’n lae selfbeeld veroorsaak (dis vrek algemeen)

💡 Hoe stop jy dit?

Julle, vat dit van iemand wat wéét, dis ’n ongelooflike moeilike gewoonte om te breek. Want dit is nie altyd ’n gewoonte nie!

Hier’s wat werk volgens navorsing:

🔁 1. Gewoonte-omkeringsterapie (Habit Reversal Training – HRT)

Hierdie is een van die mees effektiewe gedragsbenaderings om naelbyt te help afleer, en bestaan uit drie hoofstappe:

🔹 Bewusmaking van die gewoonte:

Die eerste stap is om jouself te leer wanneer en waar jy naels byt.

My kind assosieer groen met vuil: so ons het sy byt-vingers in groen voedselkleursel gedip terwyl hy slaap. Toe hy wakker word het ek verduidelik dat die kieme nou so baie is, dat sy vingers groen geword het, en nou glo hy groen goggas en kieme gaan in sy mond kom. Die idee is nie om hom te traumatiseer nie, dit doen ook nie, dit maak hom wel bewus van sy habit en wat hy eintlik in sy mond sit: vuil hande. Dit werk sover baie goed.

Die bitter-naellak dien ook as ‘n bewusmaking tegniek: issue is, as jyou brein reeds die dopamine-pathway gevorm het van byt, gaan die bewusmaking alleen nie keer dat jy verder byt nie.

🔹 Vervangende gedrag:

Wanneer jy voel jy wil byt, verrig ’n alternatiewe aksie wat fisies onversoenbaar is met naelbyt, soos:

* Jou vuiste styf te bal in ’n vuis vir 30 sekondes
* Op jou hande sit
* ’n Stress bal of “fidget toy” vas te hou
* Met beide hande te werk: tik op ‘n keyboard, brei, ens.

🔹 Bystand van ander:

Dit klink airy fairy - maar eintlik is dit so prakties. Vra vir die persoon wat hulle naels kou, hoe kan jy help en wat het hulle nodig. Hulle antwoord sal jou soms verstom:

“Ek wil net kan werk in werksure.”
“ Ek wil nie oor werk praat, na werksure.”
“ As jy sien ek is besig met ‘n taak en jou versoek is nie dringend nie, sal jy wag tot ek klaar is voor jy my vra?”

VIr kinders ter aanmoediging:

1. Positiewe gedrag: star charts en rewards charts. Shame, dis die eerste ding wat Wihan vir my sê as ek by die huis kom. Mamma, ek het nie my naels gebyt nie. Kan ek ‘n sterretjie kry? 🥹
2. As my kinders histeries huil, probeer ek eers net ‘n drukkie, om hulle te herinner om asem te haal (coping tegniek, kalmeer hul senuwee stelsel) en dan praat ons oor wat gebeur het. Leer stress vroeg hanteer.
3. Leer hulle vroeg die kuns van uni-task (fokus) en respekteer jou kind se boundaries en “nee’s” wanneer gepas. Mense wat naelbyt is people pleasers, moenie jou kind een maak nie. ⛔️

✋ 2. Fisieke barriers om byt te voorkom

Die tegniek het vir my gehelp. (Gel/Akriel)

* Bitter-naellak wat onaangenaam proe: gewoonlik skilfer ’n kind so iets gougou af. Apply daily, twice daily. Kyk net dat dit non-toxic bestandele bevat.
* ’n Natuurlike remedy wat blykbaar goed werk sluit in aloe vera bitter gel: dis blykbaar baie bitter en trek in die naels en velletjies in. So ook cuticle olie. Maak net seker dis nie toxic nie.
* Pleisters om die vingers plak - dik taai pleisters.
* Handskoene by die huis te dra, of voor TV, of selfs heeldag
* Akrielnaels of gel-naels – veral effektief vir tieners en volwassenes, vir my het dit op die ou einde die knoop deur gehak. Wat baie sleg is, is dat meeste skole dit nie toelaat nie vir voor die hand liggende redes, so ek het 18 jaar geleef met naelsbyt voor ek die patroon kon breek.

🧠 3. Kognitiewe Gedragsterapie (CBT)

Hierdie is nuttig wanneer naelbyt verband hou met emosionele spanning, angs, of perfeksionisme. Nie almal wat naelsbyt het ’n emosionele of psigiatriese toestand nie.

’n Gekwalifiseerde terapeut kan help om:

* Negatiewe denkpatrone te identifiseer
* Gesonder hanteringsmeganismes aan te leer
* Ontspanningstegnieke te integreer vir task switch stress
* Behandeling voor te stel vir meer ernstige gedragstoestande soos OCD, ADHD, Anxiety disorder ensovoorts.

📱 4. Apps

Daar is verskeie apps wat help om vordering aan te spoor:

* HabitBull, Quitzilla, of Streaks
Hiermee kan jy jou vordering visueel monitor en gemotiveerd bly.

Sommige mense gebruik selfs smart armbande of ringe wat vibreer wanneer jou hande by jou gesig kom (bv. Pavlok) - dis basically soos ’n shock collar vir jou arm. Asb moenie dit op kinders gebruik nie - jy sal toe gesluit word.

🧴 5. Sensoriese vervanging

Gee jou hande of mond iets anders om te doen:

* Suikerlose kougom te kou
* Taktiele sensoriese speelgoed, brei, hekel, twee-hand take
* Naelvyl of cuticle sker – gebruik dit om jou naels bewustelik te versorg in plaas van te byt: dit kan ook weer nie werk nie, sodra mens begin over-care vernietig jy dit weer op ’n ander manier.

🧘 6. Spanning en emosionele bestuur

Baie mense byt naels as ’n reaksie op stres of spanning. As jy weet van ’n foolproof plan vir elke mens met stress, deel dit asseblief! Want vrek dit is moeilik.

Dit begin by leefstyl aanpassings. Wat kan help:

* Kyk hard na jou werk-leef balans. Baie hard - dis gewoonlik daar waar die probleme opduik. Ja ons moet hard werk, ja jou balans gaan op ’n tyd meer 60-40 wees as 50-50, maar dit kan nie 90-10 wees nie. Jou mense gooi jou koppie vol.
* Gereelde oefening vir die dopamine hit: enige fisiese aktiwiteit: oefen, dans, visvang, ski, iets wat jou spiere bietjie bloed gee.
* Slaaphigiëne en gesonde leefstyl
* Spandeer tyd saam vriende, vriendinne, familie en jou kinders en CHAT! Praat hulle ore af oor al die goeie en slegte dinge. Laat hulle namens jou stress oor jou!
* Stokperdjies: ons generasie se forgotten treasure. Ons sal eerder ons af tyd op sosiale media spandeer - maar as die ouer garde my iets geleer het is dit om jou af tyd te gebruik om iets te doen wat jou verryk, en nie jou dreineer nie. Dis toevallig ook gewoonlik bietjie kreatiewe uitlaatkleppe, of fisiese aktiwiteite: stap, visvang, draf, messe maak, patrone herlaai, verf, hekel, brei, fotos neem, sudoku, lees, drone vlieg, you name it. Hou jou hande besig - anders reik mens dadelik weer vir jou foon.
*. As jy ‘n turnover-intense werk beoefen, moet mens eenvoudig jou dag schedule.
Groepeer take saam en spandeer tyd daaraan, werk buffer-zones in vir 15-min oggend en middag vir opvang en reset, en vra personneel en familie en vriende om dit te respekteer.

👨‍⚕️ 7. Professionele hulp

Wanneer selfhulp nie voldoende is nie:

* ’n Kliniese sielkundige kan formele HRT of CBT fasiliteer
* By kinders kan tandheelkundige apparate of thumbguards soms aanbeveel word
* In ernstige gevalle, veral waar infeksie ’n risiko is, moet mediese hulp ingeroep word en kan medikasie gebruik word.

💊 NAC 💊

ACC. Amuco. N-Acetylcysteine. Die een vir slym dun maak? Daai een.

Dis ‘n aminosuur en antioksidant wat help met impulsbeheer en kompulsiewe gedrag (het navorsers nou begin agterkom). Dit reguleer glutamaat in ons “reward centre”. Dit verminder die “reward” effek wat dopamine het, wanneer mens naelsbyt. Hoë dosisse, vat lank om te werk, baie effektief.

🧾 Laaste gedagte:

Om dit af te leer verg geduld, selfinsig, en konstante ondersteuning – eerder as straf of skaamte. Vat my advies - moenie ’n kind oor dit laat sleg voel nie, ek is kopsterk - maar daardie gewoonte-breek het my nederig gemaak.

📌 Naelsbyt is nie net ’n slegte gewoonte nie – dis dikwels ’n emosionele uitlaatklep. Die geheim lê in begrip, geduld, en klein stappe vorentoe. Moenie skaam wees nie – miljoene mense doen dit. En daar is maniere om dit te breek.

Ek hoop die help iemand daar buite!

Groete en guns,
👩🏻‍⚕️🩺🎀Dr Elri



🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition

📚 Verwysings beskikbaar op versoek 🎯(Medscape Family Medicine, DSM-5, en internasionale navorsing oor BRBs).

🌍💙 Pappa Dag 💙🌍Of jy hom Pa, Pappa, Paps, Pappie, Oubaas, Daddy, Dad, Tata, Baba, of Ntate noem — vandag vier ons die st...
15/06/2025

🌍💙 Pappa Dag 💙🌍

Of jy hom Pa, Pappa, Paps, Pappie, Oubaas, Daddy, Dad, Tata, Baba, of Ntate noem — vandag vier ons die stil helde, die braai leermeesters, die padkaart-lesers, die fixers van alles wat raas, en die kerkgeld-verskaffers. 🔧🛠️📖

In Suid-Afrika is daar iets besonders aan die rol van ’n pa:

🪵 Hy leer jou bakkie ry, ratte verander, en waarskynlik later parallelpark 🚓
🧢 Hy leer jou vinnig hoe om ‘n hek oop te maak, sodat hy nie hoef nie 😉
🐟Op ‘n Sondag na kerk leer hy jou van vis en chips eet, sommer so op die mat, op jou pens 🥲
➗➕ Wanneer mamma opgee, sit hy saam met jou om die kombuistafel en probeer wiskunde verstaan
🐾 Hy leer jou saggies trap, en wind kyk, en bekruip
🍩 Hy leer jou om nooit verby ‘n mini donut stalletjie te loop nie, en dat roomys op Sondae nie vet maak nie 🍦
☕️ Hy leer jou daar is altyd tyd vir koffie, al moet jy warm koffie in ‘n piering koud maak om te drink
🤣 Hy leer jou dat uit jou maag uit lag, selfs wanneer die pens hop, helemal okay is 🤙🏼
✈️ Hy leer jou om nooit op te hou ontdek nie, en hy gee jou drome vlerke!
🇿🇦 Hy leer jou van biltong en braai en bokke, Schuster en van “There’s a Zulu on my stoep!”
🚓 Hy leer jou briek vir ‘n spoedlig en ‘n spietkop
🏉 En hy mis eerder ‘n vergadering as ‘n wedstryd!

🛠️ Hy sê nie altyd baie nie — maar sy hande vertel stories van opoffering. Sy oë spreek boekdele.
🎣 Van visvang op ’n damwal tot Saterdag-rugby op ’n stoep-TV — dit is waar bande gesmee word wat nie maklik breek nie.

Om ‘n Pappa te wees, is een van die grootste voorregte en verantwoordelikhede van menswees.

👨‍👧‍👦 Of hy jou gebore het, of gekies het om jou te lief hê — ’n Vader is iemand wat sy gesin anker, die pret bring en vasstaan wanneer jy hom die nodigste het.

🤍 Vandag sê ons: Dankie. Een duisendmaal, Dankie!❤️

Vir die sagte woorde, die harde werk, die grappies wat nooit ou raak nie, en die anker wat jy is.

Jy’s nie net ’n pa nie. Jy’s ’n erfstuk. ’n Legende. ’n Hartklop.

💬 Wat noem jy jou pa?
💭 Wat is jou gunsteling herinnering saam met jou Pa?

Deel dit graag hieronder ⬇️⬇️⬇️

’s

⸻Wat ’n verrykende ervaring was dit nie!Baie dankie aan elke luisteraar, Sarina Bosman en die PretoriaFM-span vir die pl...
12/06/2025



Wat ’n verrykende ervaring was dit nie!

Baie dankie aan elke luisteraar, Sarina Bosman en die PretoriaFM-span vir die platform en geleentheid om deel te neem aan gesprekke wat werklik saak maak. 🩺🤩👩🏻‍⚕️

Dankie ook aan elkeen wat die tyd geneem het om in te skakel. Ek hoop julle het dit geniet én iets daaruit geleer! 🥰

Laat weet ons gerus wat jy daarvan ged**k het, en of jy graag meer mediese gesprekke — in Afrikaans — sal wil hoor in podcast- of videoformaat.

Indien jy dit misgeloop het, kan jy steeds na die gesprek luister op PretoriaFM se webtuiste, onder die “Pretpod”-afdeling vir mediese gesprekke. 🔊

Volg die skakel hieronder ⬇️
https://open.spotify.com/playlist/1Ob6e7oxrGWzWIlvaxsE9S?si=MPqIDi4BR_Ch2HWp2_yliQ

Groete en guns,
Dr. Elri 👩🏻‍⚕️🩺🎀

📻🩺👩🏻‍⚕️Onthou om vandag in te skakel saam met my! 📻🩺👩🏻‍⚕️Ek’s meer gewoond aan stetoskope as mikrofone, maar ek gaan my ...
12/06/2025

📻🩺👩🏻‍⚕️Onthou om vandag in te skakel saam met my! 📻🩺👩🏻‍⚕️

Ek’s meer gewoond aan stetoskope as mikrofone, maar ek gaan my beste gee om my mediese wêreld op ’n gemaklike, toepaslike en verstaanbare manier met julle te deel.

Ek hoop nie ek gaan te veel “uhhhm” nie.🫣

🕓 skakel in op Pretoria FM 104.2 om 11:30 saam met my en Sarina Bosman 🩺
📍 104.2FM of Apple music

Luister saam, vra vrae, en kom lag saam met my deur my radio-debuut!

🤩🩺👩🏻‍⚕️

🥳Ons vier 15 000 volgers! 🥳

Baie dankie aan elkeen van julle wat deel is van ons groeiende gemeenskap! 💚 Dankie dat julle my boeke lees ter sosiale media (lol 🤣), opgewonde is oor elke stuk en dankie dat julle nooit ophou nuuskierig bly en vra nie.

Ons is ook opgewonde om te deel dat ons vandeesweek op Pretoria FM gaan gesels – regstreeks Donderdag om 11:30 saam met niemand anders nie as Sarina Bosman op die Mediese Gesprek! 📻

Ons gaan gesels oor wintergesondheidswenke, en op Donderdag gaan ons dieper delf in die tema:
�❄️“’n Volledige gids vir ’n gesonde leefstyl in die winter.” ❄️ soos gedeel op ons facebook blad ‘n paar weke gelede.

Ek d**k dit is ook belangrik om die geleentheid te gebruik om duidelik te maak: ons deel die inligting nie met enige finansieële incentives of kickbacks in gedagte nie.

Dis bloot siektestoestande wat in my gemeenskap saak maak - en produkte wat vir my , my gesin en gemeenskap werk. 🏆

Moet dit nie misloop nie – stel jou reminder en luister saam!

🥳Ons vier 15 000 volgers! 🥳Baie dankie aan elkeen van julle wat deel is van ons groeiende gemeenskap! 💚 Dankie dat julle...
10/06/2025

🥳Ons vier 15 000 volgers! 🥳

Baie dankie aan elkeen van julle wat deel is van ons groeiende gemeenskap! 💚 Dankie dat julle my boeke lees ter sosiale media (lol 🤣), opgewonde is oor elke stuk en dankie dat julle nooit ophou nuuskierig bly en vra nie.

Ons is ook opgewonde om te deel dat ons vandeesweek op Pretoria FM gaan gesels – regstreeks Donderdag om 11:30 saam met niemand anders nie as Sarina Bosman op die Mediese Gesprek! 📻

Ons gaan gesels oor wintergesondheidswenke, en op Donderdag gaan ons dieper delf in die tema:
�❄️“’n Volledige gids vir ’n gesonde leefstyl in die winter.” ❄️ soos gedeel op ons facebook blad ‘n paar weke gelede.

Ek d**k dit is ook belangrik om die geleentheid te gebruik om duidelik te maak: ons deel die inligting nie met enige finansieële incentives of kickbacks in gedagte nie.

Dis bloot siektestoestande wat in my gemeenskap saak maak - en produkte wat vir my , my gesin en gemeenskap werk. 🏆

Moet dit nie misloop nie – stel jou reminder en luister saam!

💊ANTIBIOTIKA 💊’n Woord wat ons so sinoniem assosieer met die mediese wêreld, en tog, is die ontdekking daarvan nog nie e...
08/06/2025

💊ANTIBIOTIKA 💊

’n Woord wat ons so sinoniem assosieer met die mediese wêreld, en tog, is die ontdekking daarvan nog nie eers 100 jaar oud nie. 🫢Dit word beraam dat in die 80 jaar van antibiotika se bestaan - dat tussen 400 en 800 miljoen lewens gered is as gevolg daarvan. 🤩

Sedert antibiotika se ontdekking, het mortaliteit van longontsteking met 90% gedaal. Volgens ’n 2010 kliniese studie, het antibiotika ongeveer 2-10 jaar bygevoeg tot lewensverwagting wêreld wyd. Jou lewensverwagting het verbeter die oomblik toe Fleming se brood in die verkeerde bakkie val!🤭

Moet nooit d**k dat een mens nie ’n verskil kan maak nie - ons het al hierdie wonderlike statistieke te danke aan een man - Alexander Fleming!🏆

Winter staan bekend as antibiotika seisoen - vir al die verkeerde redes. Dis nie eintlik logies dat hierdie koue weer seisoen ’n piek behoort te veroorsaak in antibiotika nie - maar tog sien ons dit jaarliks. ❄️Dit maak nie logies sin nie - omdat winter eintlik ’n tyd van virus-piek is. Ek skryf eintlik baie minder antibiotika voor in die winter as die res vd jaar!

🦠Wat maak mense siek?🦠

Mikroörganismes of “kieme” sluit bakterieë, virusse, swamme en protozoa en prions in.

🦠Bakterieë is klein lewende organismes wat in grond, water en selfs ons liggaam voorkom. Bakterieë kan nuttig en goed wees vir ons en help ons om ons kos te verteer, baie antibiotika word deur bakterieë geproduseer!

Daar is sommige wat patogenies en kan siektes veroorsaak, en selfs goeie bakterieë op die verkeerde plek kan probleme veroorsaak. Voorbeelde sluit in Strep pneumonia, syphilis, staphylococcus, Klebsiella, Pseudomonas en E.coli.

🦠Virusse is veels kleiner ‒ dit is mikroskopiese pakkies nie-lewende genetiese materiaal en proteiene wat as parasiete optree - dit kort lewendige selle om te repliseer - en dus kort dit ’n gasheer om voort te spruit. ’n Virus is helemal onaktief op die oppervlak van ’n handvatsel, en aktiveer en repliseer eers in jou liggaam. Griep en varkgriep, verkoue,herpes simplex, masels, HIV is alles voorbeelde van virusse.Antibiotika werk glad nie teen virusse nie.

🦠Swamme is ’n aparte groep mikroörganismes; sommige swamspesies produseer gifstowwe en kan ernstige infeksies veroorsaak. Candida en omlope is ’n voorbeeld.

🦠 kan protozoë (bv. parasiete soos wat malaria veroorsaak) en wurms ook menslike siektes veroorsaak - sekere antibiotika het wel ’n werking hier ook. Daar is ook protein produkte genaamd prions soos eenders gevind in malkoei-siekte (Creutzfeldt-Jacob siekte) wat siekte kan veroorsaak.

💊Wat is ‘n antibiotika?💊
Antibiotika is medisyne wat bakteriële infeksies teiken.

Dit is middels – dikwels deur bakterieë of swamme in die natuur geproduseer – wat ander bakterieë óf doodmaak óf hul groei kelder.

Anders gestel, ‘n antibiotika neutraliseer spesifiek bakterieë. Voorbeelde sluit in penicillien, amoksisillien, kefalosporiene, tetrasikliene, kinolone, ensovoorts.

Belangrik om te weet: antibiotika werk NIE teen virusse nie. Hulle sal verkoue, griep of ander virusinfeksies nie genees nie.

💊Hoe gebruik ons bakterieë vandag?💊

Bakterieë is alles behalwe ‘net sleg’. Ons gebruik bakterieë op verskeie innoverende maniere.

1. Produksie van medisyne en vaksienes: insulien, groei hormone, vaksienes en stol faktore word als deur gemodifiseerde bakterieë vervaardig.
2. Probiotika word geformuleer om dermgesondheid te ondersteun en verskeie derm siektes soos IBS, diarree, antibiotika diarree en IBS te behandel.
3. Bakterioterapie en fekale oorplantings: vir behandeling van C.Diff
4. Genetiese terapie: Bakterieë word gebruik in CRISPR om genetiese ‘editing’ te doen vir genetiese oordraagbare siektes
5. Geteikende kanker behandeling: nuwe studies toon belowende resultate om bakteriee te gebruik om tumor-geteikende behandeling toe te dien.
6. Diagnostiese tools: bakteriële biosensors word gebruik as siekte merkers, identifikasie van gifstowwe.

🔬Ontdekking en geskiedenis🔬

97 jaar gelede het Alexander Fleming ‘n petri-bakkie oop vergeet, en sy broodjie se skimmel het die bakkie gekontamineer. Die volgende oggend het hy gemerk dat die bakterieë in die bakkie aansienlik verminder het. En net so, is antibiotika ontdek!🧫

Die wêreld het vir 10 jaar sy werk uitgelag, tot Chain&Florey in die laat 1930s sy werk begin bestudeer het en massa produksie van broodskimmel geloods het met mieliestroop en spanspekke - dit het pen*sillien in 1941 beskikbaar gemaak. Een jaar later, in 1942, is die eerste weerstandigheid van pen*sillien opgemerk.

Wonderlik genoeg is dit om te weet dat Fleming nooit patentreg geregistreer het op penicillin nie, weens etiese redes het hy gevoel lewensreddende medikasie moet vrylik beskikbaar wees. Geen royalties vir hom of sy gesin nie!

Die afgelope paar jaar het daar nog ’n paar antibiotika en selfs hele klasse bygekom – byvoorbeeld die lassopeptied lariokidien, bekendgestel in 2025, wat bakterieë op ‘n heel nuwe wyse aanval. In 2015 is ‘n antibiotika ontdek wat nog geen bakterieë teen immuun gemerk is nie. 👩‍🔬🥼🧪🧫

🤨Hoe werk antibiotika?🤨

Antibiotika onderbreek belangrike prosesse in bakterieë - byvoorbeeld, baie β-laktam-antibiotika (soos pen*silliene) blok die opbou van die bakteriële selwand. Sonder ‘n sterk selwand bars die bakterieë oop en sterf.

Ander antibiotika mag inmeng met bakterieë se proteïensintese (bv. makroliede, tetrasykliene) of DNA-replikasie (bv. kinolone), wat die bakteriële groei stop.🛑

🌈Klassifikasie en spektrum🌈

Antibiotika word geklassifiseer volgens hul chemiese struktuur en meganisme.

Belangrike groepe sluit in:

* Beta-lactams: Pen*silliene (bv. amoksisillien, penicilin G, augmentin), kefalosporiene (orelox/dynacef, zinnat) en karbapenems. As mens allergies is vir pen*sillien, kan mens kruis-sensitief wees vir die ander ook. ⚠️
* Makroliede: (bv. erytromisien, azitromisien (zithromax)). Word gereeld in gevalle van pen*siliien allergie gebruik - veral vir respiratoriese infeksies en lewer infeksie spesies.
* Tetrasykliene: (bv. doksisiklien) - vermy by kinders jonger as ~8 jaar
* Aminoglikosiede: (bv. gentamisiën). Sterk teen sommige Gram-negatiewe bakterieë; gebruik selde by kinders weens newe-effekte.
* Kinolone (fluorokinolone): (bv. siprofloksasien). Baie breë spektrum; dikwels nie eerste keuse by kinders weens moontlike tendonskade!
* Ander: Sulfonamiede/trimetoprim (Purbac), glikopetiede ens.

Wat beteken ’n nouer en breër spektrum❓

Breëspektrum antibiotika teiken baie verskillende bakterieë. Byvoorbeeld, amoksisillien is breëspektrum – dit vernietig ʼn breër reeks bakterieë as pen*sillien.

Nouer spektrum middels werk net teen sekere spesies bakterieë.

🧐🦠Watter infeksies benodig antibiotika?🦠🧐

Slegs bakteriële infeksies verdien antibiotiese behandeling, plus metronidazole wat sommige protozoal infeksies ook teiken.

Voorbeelde van infeksies wáár antibiotika gewoonlik nodig is, sluit in:

- Streptokokkus-keelinfeksie of bakteriële mangelontsteking
- Kinkhoes (whooping cough)
- Sommige gevalle van longontsteking, langdurige bronchitis of meningitis
- Ernstige vel- of sagteweefselinfeksies soos absesse
- Bakteriële breinvliesontsteking
- Voedselvergifteging
- Pelviese infeksies
- Purulente eensydige middeloorontsteking
- Urienweg infeksie

Daarteenoor is vírusinfeksies soos verkoue, griep en COVID-19 nie vir antibiotika geskik nie - ander voorbeelde sluit in:

- Virale keelinfeksie: laryngitis, pharyngitis, kroep
- Bilaterale Middeloorontsteking (ja… jy het reg gehoor!)
- gewone sinusitis (in eerste week)
- nie-gekompliseerde bronchitis
- …. en die meeste maag- en verkoue virusse verbeter nie met antibiotika nie.

👩🏻‍⚕️🩺So hoe weet my huisdokter of dit ’n virus of ’n bakterie is?👩🏻‍⚕️🩺

Sooooo… meeste van enige diagnose kom uit ’n ordentlike geskiedenis.📝 Praat as jy by jou dokter kom sit, gee al die info wat jy het. 🗣️Mense d**k soms ons moet weet hoekom hulle dokter toe gekom het - en swyg dan soos die graf. Dan gaan my diagnose heeeeel waarskynlik verkeerd wees, al mag ek paar gedagtes hê rondom jou sielkundige toestand!🙊

🤧So, koors en sleg voel plus groen snot beteken nie automaties bakterieë nie.

Op geskiedenis:

1. ’n Baie langdurige siekte proses wat lank aanhou (meer as 7-10 dae)
2. Verergering na aanvanklike verbetering
3. Baie hoë, skielike koors en koue koors is meer algemeen by bakterieë
4. Gelokaliseerde pyn en ongemak + koors = bakterieë. Bv. eensydige oorinfeksie, longe en bors is baie seer en die ander lugweë okay, ’n gelokaliseerde abses of cellulitis, BLAASINFEKSIE!🦠
5. Risiko faktore soos immuunkompromie, onalngse hospitalisasie, bytwonde dra hoë index vir verdagtheid
6. Purulente mucus en sputum (verduideliking volg).

Op kliniese ondersoek:

1. Etter of wit kolle is hoogs verdag vir bakterieë: agter die oordrom, in die keel of mangels, uit die longe, uit ’n abses, vaginale of pe**le afskeiding
2. Baie hoë koors >38.5 of koue koors: baie warm koorse is eenvoudig net meer likely om bakterieël van aard te wees. Daar is uitsonderings, soos Influenza A wat viraal is maar astronomiese hoë koors veroorsaak. Koue koors is ’n teken van sistemiese infeksie!
3. Gelokaliseerd: Infeksie wat veral in een deel val en nie ander nie: geïsoleerde mangelontsteking, geïsoleerde long lob wat krap op stetoskoop, eensydige oor infeksie, ’n gelokaliseerde abses, regter maagpyn van blindedermontsteking.
4. Voedselvergifteging: Verdagte kos + braking binne 4 ure na ete +- diarree met slym of bloed = bakterieë tot anders bewys
5. Vitale tekens - hoë hartspoed en lae bloeddruk is tekens van bakterieële infeksie, asook urienmonster wat infeksie dui

Cheat code: bloede, xstrale

Okay, ek was bederf in die hospitaal setting, must admit. 🙊👩🏻‍⚕️In jou kamers het jy nie die luxury van elke pasient stuur vir bloedtoetse nie - so jy moet maar jou Dokter game bietjie opskerp. 🩺

As jy wel die luxury het, is dit flippen maklik. 🤭🩸

Witseltelling wys neutrophilia
Verhoogde PCT tellings, erg verhoogde CRP
Urien of bloedkwekings kweek bakterieë
Keel of wond swabs kweek bakterieë
Sputum kweek bakterieë

Scans of x-strale wat blindedermontsteking, absesse, ensovoorts wys.

…. en dan sê daardie kwekings nog vir jou watse antibiotika om te gebruik ook. Easy man!🩸🔬

Dit is maar net moeilik om die balans tussen bloedtoetse vir almal en kostes vir bloedtoetse te balanseer, dus probeer GPs luister en kyk wat dit is - sonder bloedtoetse vir elke pasient.

Ongevalle trek bloed in meeste gevalle - dus kom hulle blitsvinnig tot ‘n conclusion. 🩸

🤧🦠🟢So kom ons praat snot. 🤧🦠🟢

Groen snot. Geel snot. Deurskynende snot. Snot. Drip snot, dik snot.
Snotsiekte.

⭕️Deurskynende snot beteken allergie of virale infeksie.
⚪️Wit snot beteken die begin van sinus verstopping.
🟡Geel snot beteken jou immuunstelsel begin veg, gewoonlik viraal, mag bakterieël wees.
🟢Groen snot is ’n gevorderde infeksie, kan ewe waarskynlik viraal of bakterieel wees.

❓So wat is rerig belangrik met snot wat ons ’n indikasie gee?

- Purulente, sleg ruikende snot en mukus.
- Eensydig dreinerende snot of mukus.
- Langdurige 7-10 dae van geelgroen snot.
- Geassossieerde gesig teerheid, swelling van die oë, tandpyn, koors

🦹💊🦠Wat is antimikrobiese weerstand (AMR) in SA?🦹🦠💊

Antimikrobiese weerstand is wanneer bakterieë (of ander mikroörganismes) hulleself verander (byvoorbeeld muteer) sodat hulle nie meer deur sekere antibiotika doodgemaak kan word nie.

👉🏻Eenvoudig gestel: antibiotika word minder doeltreffend weens oorlewing van weerstandige bakterieë. Verkeerde gebruik, wanpraktyk en oormatige toediening van antibiotika is die hoofdrywers van AMR.

🇿🇦In Suid-Afrika dra verskeie faktore by: daar is wydverspreide selfmedikasie en onnodige voorskrifte in die gemeenskap, en kinders en pasiënte voltooi dikwels nie die volle kursus nie. Ons deal ook mos in pille: almal ruil uit onder mekaar 🫢🫩

🐮Ook is antibiotika lank in die landbou sektor gruwelik misbruik: antibitiotika is in voerkrale en veebou gebruik om groei te bevorder (wat ekstra weerstand bevorder), aangesien daar nie ‘n streng verbod op groeipromoveerders in veevoerdery is nie. Voorkoming in die veebou sektor dra ook by tot weerstand.

🧬Verder lei Suid-Afrika se hoë voorkoms van TB en HIV tot gereelde antibiotika- en antimikrobiese gebruik (bv. voorkomend opportunistiese infeksies), wat die druk verhoog dat bakterieë weerstand ontwikkel.

🧼🚽Swak sanitasiestandaarde en onvoldoende infeksiebeheer in hospitale en huise bevorder die verspreiding van weerstandige kieme. Kortom, AMR gebeur wanneer “ou” antibiotika nie meer werk nie en in SA is dit versnel deur oormatige/misbruikte gebruik in gesondheid en landbou.

⚠️Ek het al telkemale in praktyk gesien watse enorme probleem hierdie weerstand kan oplewer, en dit gebeur actually hoor. Sommer met gewone mense! Ons moes al planne beraam in Brits om “kluis-antibiotika” te source vir pasiente wat weerstandig is vir als - behalwe daai laaste linie antibiotika wat erens deur die pous weggesteek word in sy chamber of secrets.🔐🏴‍☠️🪄

Ek maak nou lig daarvan - maar dis een van die vreesaanjaendste goed wat met jou pasiënt kan gebeur - en mens voel magteloos as daardie resistant “R”’e op die kweekresultaat een na die ander te voorskyn kom en jy weet jou pasient se skrif is teen die muur. ✍️

Daar is in 2015 ’n antibiotikum ontwikkel wat blyk om nog nie enige super-bug teë te kom wat hy nie kon kaf draf nie - maar I mean - daardie sal nou gestoor word vir worst case end of the world scenarios. 🧟‍♂️🏚️��By the way - antibiotika weerstand word verwag om die volgende groot kans tot uitwissing van die mensdom te wees. Eye opener né!☠️

EN nog belangriker - dis nie iets wat moontlik eendag dalk kan gebeur nie. 🥱Ons is reeds in die vroeë fases van die antibiotika apocalypse - ons verwag reeds om in 2040-2050 ’n massiewe globale crisis te ervaar rondom die misbruik van antibiotika en weerstandigheid. 🌍

☠️Die voorspelling is dat, teen 2050, daar 10 miljoen mense per jaar sal sterf a.g.v. antibiotika weerstand. Om jou ’n idee te gee van die skaal daarvan:

Covid 19, van begin 2021 tot einde 2024, was verantwoordelik (officially) vir 7 miljoen sterftes in totaal. 🫢

🙋🏽‍♀️🙋🏽So, hoe kan ek en jy ‘n verskil maak in antibiotika weerstand?

🫵🏻Jou rol, as pasiënt:

- Pas flippen goeie basiese higiëne en sanitasie toe. Hoe skoner jy is, hoe minder antibiotika benodig jy en jou gesin - obviously.
- Inentings!!!! Asseblief. Groooot asseblief.
- Maak jou kos ordentlik gaar, met skoon toerusting, moenie kruis-kontamineer nie.
- Moenie net d**k aan hande was, en tandeborsel nie. Onthou ook dinge soos: waterfilters wat vervang moet word, tandeborsels gereeld ruil, skoon badkamers, skoon matrasse, hou troeteldiere uit die huis
- Moenie aandring op antibiotika nie - as jy d**k jou dokter weet niks, kry vir jou ’n dokter wat jy vertrou - maar vertrou jou dokter as hulle sê dis nie nodig vir antibiotika nie.
- Moenie antibiotika deel nie (ja… ons weet mense doen dit)
- Moenie pille uitruil onder mekaar nie (julle, rerig? Soos drugdealers partykeer hier in Suid-Afrika - ek ruil jou ’n waterpil vir ’n urbanol….tsk!)
- Drink jou kursus antibiotika asseblief klaar…….. moenie spaar vir ’n ander dag nie. Flippet. 🫩
- Ondersteun voerkrale soos Beefmaster, De Heus, Trouw Nutrition/Selko, and Elanco wat streng beleide het teen die gebruik van antibiotika voorkomend en as groei stimulant. 🐄🐄🐄
�👩🏻‍⚕️My rol, as dokter:

- Moenie onnodig antibiotika voorskryf nie, al sien jy daai twyfel in die pasient se oë: chat maar die moeilike chat gou.
- Kweek ’n goeie verhouding met jou pasiënte sodat hulle die vrymoedigheid het om terug te keer, as jou virus diagnose dalk verkeerd was.
- Skryf die regte antibiotika, teen die regte dosis voor: julle, weeg maar gou die kind en werk die dosis uit. Pasiënte sal nie d**k jys dom nie, hulle d**k jy’s deeglik. ✍️
- Skryf ‘n nouer spektrum voor waar moontlik.
- Indien weerstand wel opgemerk word: stuur vroeg formele kwekings vir weerstandstudies
- Educate patients: hallo! Dis wat hierdie post probeer doen. Please educate yourself. ✍️

🐄🐄🐄So antibiotika weerstand en voerkrale: wat is die onwaarskynlike konneksie?

* In voerkrale word antibiotika soms onnodig of oorvloedig gebruik, bv. vir voorkoming of groeibevordering, nie net vir siektebehandeling nie.Dit verander die dermflora om voeding doeltreffender te benut.
* Dit dra by tot weerstandige bakterieë wat na mense kan oorspoel via vleis, water of omgewingsblootstelling.
* Dit word
* Gemeng in voer (mees algemeen).
* In drinkwater
* Lek
* Soms via inspuitings as deel van profilaktiese programme, bv. by aankoms op voerkraal..

⚖️ Wat sê die wet in Suid-Afrika?

* Die Wet op Dieregeneesmiddels, Wet 36 van 1947, laat steeds oor-die-toonbank verkoop van antibiotika vir diere toe.🫩
* Geen verbod op gebruik as groeistimulant in wetgewing nie,🫩 maar die bedryf self het vrywillig begin om sulke gebruike af te skaf. (soveel respek hier vir die groot voerkrale in die game.)
* Die Suid-Afrikaanse Dieregesondheidvereniging (SAAHA) het sedert ~2020 alle verwysings na groei en profilakse van etikette verwyder.

🧍‍♂️ Hoe kan die publiek help?
Koop vleis van produsente met antibiotika-beleid of sertifikate van goeie praktyk.Voerkraalprodusente soos Beefmaster, De Heus en Trouw Nutrition volg antibiotika-bestuursplanne. Die Natural Power-program van De Heus mik om teen 2030 heeltemal van antibiotika in voer ontslae te raak.

💊👶🏼Is antibiotika sleg vir kinders/jou liggaam?👶🏼💊

As hulle volgens voorskrif gebruik word, is meeste antibiotika redelik veilig. Die voordeel om ‘n bakteriële-infeksie te behandel, weeg gewoonlik die risiko’s op. Daar is wel ’n paar met ’n rooi tag wat melding vereis:

Tetrasikliene (bv. tetrasyklien) kan permanente verkleuring van kinders se groeiende tande veroorsaak, en word daarom vermy onder ~8 jaar. Moenie stress nie - dis nie een van die algemenes vir kinders inelkgeval nie. Nuwer tetrasykliene, soos doksisiklien, lyk veilig as hulle net vir ‘n kort kursus geneem word.

Fluorokinolone (bv. Ciprobay) het ‘n FDA “swart boks”-waarskuwing omdat hulle by sommige pasiënte ligamente en tendons kan beseer en die gewrigte van beentjies kan affekteer. In werklikheid is ernstige tendonskade dikwels net by ouer volwassenes (oor 60) aangeteken; daar is geen gerapporteerde Achilles-senuwee-ruptuur in kinders deur fluorokinolone nie. So as jy ’n blaasinfeksie, derminfeksie of pelviese infeksie het moet jy mooi uitvind of jy mag oefen of nie!🏃🏽‍♀️

Ander newe-effekte sluit spysverteringsirritasie en antibiotika geassosieerde diarrree en skade aan normaalflora in. Behandeling sluit in om probiotika te drink en diarree te bind met iets soos tasectan.

🦠💊Maak dit ‘n verskil of my kind of ek onlangs antibiotika gebruik het?🦠💊

Dit maak beslis ‘n verskil - dit verander jou dokter se denkproses oor wat aangaan in jou liggaam.

? Is dit weerstand
? Is dit ‘n nuwe proses a.g.v. Antibiotika? Diarree / dermprobleme
? Is dit ‘n opportunistiese infeksie: C Diff?

Jy hoef nie doelbewus te wag tussen kursusse nie - as jy siek is is jy siek. Dit vat ongeveer 2-3 maande na ‘n kursus antibiotika vir jou normale flora om weer te herstel.

👧🏽🤢Kinder Antibiotika is sooooo sleg. Hoekom?👧🏽🤢

Moenie dokters blameer nie - ons is nie die drugdealer nie - Aptekers?🥹😅

Blykbaar is antibiotika op molekulere vlak bitter - en ongelukkig kan hulle niks daaraan doen nie. Dit is bitter in pil vorm ook - maar jy kou nooit jou tablet stukkend nie. Met ’n pil kan ons die probleem wrap - met stroop kan jy nie. Dit is ook gewoonlik nodig om hoër konsentrasies in stroop te gebruik, en dan is hy eers bitter.

🫩So hoe maak ek met my medisyne-averse spoegertjie?

1. Flavour dit - apteke reg oor die land geur antibiotika al vir lank. FlavorX van Nel 2 is so ’n voorbeeld!
2. Plak jou kind se gunsteling barbie-sticker op die bottel en noem dit barbie-juice. Of iets. 🎀
3. Gooi voedselkleursel of edible glitter by om dit interessant te maak.
4. Maak jou kind betrokke - laat hulle die spuit kies, of die sticker wat hulle na die tyd mag kry
5. Medicine reward charts is ’n ding!
6. Check jou eie gesigsuitdrukking, kinders hou jou dop. 🙄
7. As dit koud mag wees, sit dit in die yskas! Dit gaan gewoonlik dan beter af. As dit nie mag koud wees nie, hou dit buite - anders word dit dik en bitter in die yskas.
8. Chaser! Sit ’n jellytot op die spuit en laat jou kind die medisyne chase met die tot. Of ’n sappie of water. 🍬🍯
9. Meng dit met iets: NIE ideaal nie, maar eerlik - soms moet jy dit eenvoudig net meng met iets om in te kry. Probeer wegbly van suiwel af om die roete te volg omdat kalsium die absorpsie van sekere antibiotika beinvloed. Maak ook seker die sappie is min sodat jy kan verseker wees al die meds kom in.
10. Doen wat ek doen: tackle hulle (liefdevol…) en dien toe per spuit-in-kies. Obviously is die een laaste vir ’n rede - maar hy is ook eerlik. Soms is dit ’n walk in the park, soms is dit ’n run in Jurassic Park. Kry dit in of gaan hospitaal toe - dit maak my keuse baie maklik!💉

💊🚑Antibiotika-allergie🚑💊

Sommige mense is allergies vir sekere antibiotika – die mees algemene is pen*sillien-allergie.

Wat is nie ware allergie nie: naarheid en braking, hoofpyn en swaminfeksies na antibiotika

Wat is tekens van ware allergie: galbulte, lippe of tong wat swel, keel wat toe trek, asemnood, anafilakse, SJS

Sekere genetiese faktore kan voorspel of ‘n persoon hoër risiko vir penicillien-allergie het. As jy vermoed jy is allergies, kan ‘n dokter ‘n antibiotika igE bloedtoetse of velprik toetse aanvra.

Min mense weet: 90% van pen*sillien allergieë verval helemal oor 10 jaar. Jy kan dus jou allergie teen dit verloor!

❌Interaksies ❌

Sekere medikasie beïnvloed hoe goed antibiotika werk.

1. Byvoorbeeld, sooibrand medikasie en kos met baie kalsium (melk, yoghurt, room.) binding met tetrasykliene en fluorokinolone, wat hul absorpsie van die antibiotika aansienlik kan verminder.
2. As mens probenesied saam met ‘n pen*sillien neem, styg die antibiotiese effek. Dit is ewe insiggewend dat geneesmiddels soos rifampisien (vir TB) ander medisyne afbreek deur lewersisteme te kickstart; dit sal dus baie antibiotika vinniger uit die stelsel elimineer.
3. Voorbehoed: Die algemene reël is: alle gewone antibiotika (behalwe rifampisien) beïnvloed nie voorbehoed dramaties nie. Die uitsondering is die rifampin-groep wat voorbehoed minder effektief maak.
4. Voorbehoed: soos bogenoem weet ons nou dis eintlik net rifampin MAAR - in hoofletters - MAAR: As jy diarree kry van antibiotika, loop lig vir jou voorbehoed effektiwiteit. Dit maak sin dat as jy diarree het, dat die pil nie lank genoeg in jou derm bly om volle absorpsie toe te laat nie. (amoksil babas…)
5. Voorbehoed: Ander kategorieë soos sekere anti-epilepsie meds, anti-HIV medisyne of kruie (bv. St Johns wort) kan ook kontraseptiewe effek verminder.

🫣🥵Wanneer verwag ek verbetering?🥵🫣

Gewoonlik werk die antibiotika dadelik teen die bakterieë, maar jy sal dalk dit nie onmiddellik voel nie. Meestal voel jy binne 2 tot 3 dae al baie beter.

Dit beteken simptome (koors, pyn, swelling) begin opklaar - As jy na ‘n paar dae geen beduidende verbetering sien nie, is dit slim om jou dokter weer te sien: Dit kan beteken die verkeerde antibiotika is gekies, of dat iets anders (bv. virus) aan die gang is. Weerstandigheid is ook ’n moontlikheid.

Voltooi in elk geval altyd die volle voorgeskrewe kursus, selfs al voel jy voor die tyd beter. Dit verseker dat alle bakterieë uitgeroei word en verminder weerstand.

🧪🔬Nuwe navorsing en statistiek (SA)🔬🧪

Antibiotika-navorsing vorder voortdurend. ’n Onlangse voorbeeld is die ontdekking van lariokidien, ’n nuwe klas “lassopeptied”-antibiotikum met ‘n unieke werkwyse. Dit is in 2025 in Nature gepubliseer: lariokidien bind ‘n bakterie se ribosoom op ‘n heel nuwe plek, wat bakterieë doodmaak wat teen bestaande antibiotika immuun is.

Nog ‘n voorbeeld uit 2024 is ‘n gemanipuleerde variant van die natuurlike antibiotika darobactin (genoem D22), wat in diermodelle kritiese Gram-negatiewe infeksies (bv. E. coli, Acinetobacter baumanniien Pseudomonas aeruginosa) uitgewis het.

Wat Suid-Afrika betref, is antibiotika gebruik en -weerstand steeds ‘n uitdaging.

Volgens data van die Global Burden of Disease het ongeveer 9 500 mense in 2019 in SA gesterf weens antibiotika-weerstand (en omtrent 39 000 méégerekende sterftes). Hierdie syfers beklemtoon hoe ernstig AMR in SA reeds is.

🔑🦠Ten Slotte 🦠🔑

Antibiotika is een van die grootste wetenskaplike deurbraak van die afgelope eeu — maar hul krag is nie onbeperk nie. Elke dosis wat ons neem, elke voorskrif wat ons uitskryf, dra by tot die toekoms van medisyne.

Ons almal — dokters, boere, voerkraal maatskappye én pasiënte — dra die verantwoordelikheid om hierdie hulpmiddel met wysheid te gebruik. Nie uit vrees nie, maar uit begrip. Nie uit gewoonte nie, maar uit oortuiging.💯

Laat ons saam werk om antibiotika te beskerm — sodat dit steeds lewens kan red, vir geslagte wat ná ons kom. 🩺🌍

Groete en guns,
Dr. Elri👩🏻‍⚕️🎀🩺

🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition.

Address

9 Harrington Street
Brits
0250

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27124080711

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Elri du Preez posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dr Elri du Preez:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram