20/12/2022
Halo Almal!
Ons vra dat almal vir ons baba lyfie sal bid.
Estian is gebore as n gesonde seuntjie op 33 weke!
Alles het baie goed gegaan en hy sou huistoe kom n paar dae terug!
Estian het n infeksie opgedoen in die hospitaal en was onder sedasie geplaas.
Infeksie word behandel en is onder beheer. Sy sagte plekkie het egter begin swel. Scans was gedoen op sy brein oor hy fits gekry het en die geswelde plekkie.
Die uitslae was glad nie ten wense nie! En ons kort elkeen se gebede vir die gesin, familie en meestal Estian se brein!
Sonar se uitslae:
Estian se brein bloei, orals, stage 4. Van die ergste wat dr al gesien het. Hulle begin hom op klomp ander medisyne om bloeding te stop. Ons sal oor n week nog n scan doen. Daar sal def skade wees hoe groot sal ons nie nou kan vasstel nie.
Ons vra dat almal asb sal bid dat daar geen skade sal wees nie! Dat hy sal herstel en vinnig huistoe kan kom!
Sy boetie, Mamma en Pappa wag vir hom!
Ek sal updates plaas soos ek van Mamma en Pappa ontvang! Asb asb bid!
Wonderwerke gebeur daagliks!!