Dr Elri du Preez

  • Home
  • Dr Elri du Preez

Dr Elri du Preez 🫶🏼Dokter-
Vrou-en-Mamma 🫶🏼 Passievol vir Mediese Sorg 🫶🏼 Hier vir my gemeenskap 🫶🏼 Afrikaans 🫶🏼 Plaaskind 🫶🏼

Meet Dr. Elri du Preez,

Dr. Elri is a dynamic and compassionate medical professional, loving wife and devoted mother of twin toddler boys. Hailing from an Afrikaans background and growing up a farm girl at heart, Dr. Elri promises to seamlessly integrate into the Brits and greater surrounding community. Beyond the confines of her practice, Dr. Elri is a true adventurer - whether she enjoys the thrill of ski boating, embracing the tranquility of a jog or exploring new destinations through travel, she finds joy in life's varied experiences. Join Dr. Elri at her cutting-edge practice for patient centred, holistic and empathetic care.

28/09/2025

SAHPRA wishes to reassure the public that paracetamol remains a safe and recommended option for the relief of pain and fever during pregnancy, when used short-term at recommended doses.

🍇🍉🍒 V A P E 🍊🫐🥭Dit vat ’n topic soos die om my weer aan die skryf te kry na maande se stilte. I am b a a a c k. Hallo!👋🏼...
25/09/2025

🍇🍉🍒 V A P E 🍊🫐🥭

Dit vat ’n topic soos die om my weer aan die skryf te kry na maande se stilte. I am b a a a c k. Hallo!👋🏼

In Suid-Afrika raak “v**e” nou ‘n viral trend - veral onder tieners, studente en jong werkendes. (Ook bekend as e-si*****te, tjoef, e-hubbly, e-cigs, cloud chase ensovoorts. )

Ek probeer die inligting bied in eenvoudige taal, gerugsteun deur betroubare bronne, om bewusmaking te help verhoog. 🤘🏼👩🏻‍⚕️
Vir vriende en familie, ek judge jou nie as ons saam braai nie. Ek deel inligting omdat ek regtig omgee!

Ek weet ek gaan flack vat vir die post.

Hoekom deel ek dit?

- Ek is bekommerd oor die trend - v**e het soos ’n rukwind deur gekom. 💨
- Ek is ‘n voorkomende-styl-dokter 🛑
- Die feite staan, maar miskonsepie seëvier omdat ons stil bly. Ons hou mos nie van topics wat ons ongemaklik maak nie. 🙊
- Ek is slegs ‘n konsultant tot my pasiënte se sorg - ek gee info, besluit jy. 🏐🙌

O, en dis lank - ekt 2 weergawes voor die een gehad wat ek verkort het. As jy nie van lees hou nie is my page dalk nie ‘n goeie idee nie. Sorry 📕📗📘📙

😵‍💫So, hoekom is rook en v**e so verslawend?

Die kort antwoord: 🔴nikotien 🔴- ‘n sterk verslawingsmiddel teenwoordig in v**e-liquid en si*****te. Dit veroorsaak nie self kanker nie maar nikotien laat jou brein dopamien vrystel – ‘n “beloning”-chemiese stof wat jou goed laat voel en ontspanning of fokus gee. Dit is gewoontevormend en kan ontrekking veroorsaak.
Dit is ‘n fisiese verslawing.

Daar is ook ‘n psigologiese kant: Roetine en gewoonte word gekoppel aan die daad.

Dus vang v**e en rook jou op twee fronte: chemies (nikotien) en gedragsgewys (die roetine).

🫣Hoe verslawend is dit?

Baie verslawend.

Om die erns te illustreer:

In 2021 het slegs 2.2% van Suid-Afrikaners bo 15 jaar e-si*****te gebruik.
‘n 2023-studie het bevind dat:
- 16.83% van RSA hoërskoolleerlinge gereeld v**e­,
- 36.71% al ooit probeer v**e het
- net 2% van daardie leerlinge rook si*****te.
- 47% van tiener-v**ers v**e binne die eerste uur nadat hulle soggens wakker geword het.
- 12% het erken hulle kan nie ‘n skooldag deurkom sonder om te v**e nie.

❓So… wat is die oorsaak van die trend onder kinders en jong mense?

Verskeie redes… onder andere

- 📸Baie goeie bemarking: social media, helder kleure, oulike geure trek aandag van jong breine.
- 🧑‍🧒‍🧒Rolmodelle: kinders met ouers of ouer sibbes wat rook en v**e, het ‘n 81% groter kans om te v**e (en 156% hoër kans om dan te rook later)
- 🚬Die tipe ni****ne soute in v**e is smooth, laat mens nie so hoes nie
- 📝Lakse wetgewing: mense kan baie plekke v**e, beheerliggame by skole het nog nie konkrete waterdigte reëls teen v**e nie.
- 🧐Nuuskierigheid, Beskikbaarheid, verbloembaaheid en bekostigbaarheid
- 💭Wanpersepsie dat v**e veilig is
- 👯Sosiale druk en groepsaanvaarding

🤖Hoe is ’n sigaret saamgestel teenoor ’n v**e?

* 💨E-sigaret (V**e): ‘n v**e bestaan uit ‘n klein battery wat ‘n verhittingselement (coil) aandryf, en ‘n houertjie met e-vloeistof. Die e-vloeistof bevat gewoonlik:
- nikotien ekstrak in ‘n suur
- geurmiddels
- basisvloeistof: propylene glycol of glycerine, of ander

* 🚭’n Sigaret: ‘n sigaret is baie eenvoudiger van bou: ‘n rolletjie papier gevul met fyngekapte gedroogde behandelde tabakblare wat nikotien en ander chemikalieë bevat en aan die punt is daar ‘n filter.

🤖Hoe werk ‘n v**e teenoor ‘n sigaret?

💨V**es: Wanneer jy trek, verhit die metaalcoil die vloeistof (nikotien-flavouring-base) tot sowat 150–250°C en dit verdamp in ‘n aerosol (fyn druppeltjies) wat jy inasem.
Die proses is “meer verfyn” in terme van hoeveel verskillende stowwe vrygestel word – e-sigaret damp bevat oor die algemeen minder verskillende chemikalieë en in laer konsentrasies as sigaretrook.

⚠️Maar belangrik: minder as sigaretrook beteken nie geen gevaarlike chemikalieë nie.

🚭Si*****te: Die tabak verbrand teen temperature tot 800°C .Die tabak en bymiddels verbrand en ontbind in ‘n komplekse mengsel van chemiese stowwe.

☢️⚠️Watter dele van ’n v**e is gevaarlik, en watter van ’n sigaret?

💨In ’n v**e:

- nikotien – dieselfde verslawende middel in si*****te. Dit hou die gebruiker gevangene in die selfharming behaviour.
- 🍇 geurmiddels en chemikalieë: word dikwels uitgewys as FDA approved - wat beteken dit is relatief onskadelik as jy dit eet.⚠️ niks te doen met in asem nie. bv., diacetyl wat in v**e-geure gebruik word - kan ongeneeslike bronchiolitis obliterans of “popcorn lung” veroorsaak. (39 van 51 e-sigaret geure bevat diacetyl) 🍿
- Die metaalcoil: swaarmetale soos lood, chroom, nikkel en mangaan kan laat uitloog as die metaalcoil verhit.

🚭In ’n sigaret:

- Die gevaar lê hoofsaaklik in die tabakrook wat jy inasem.
Tabak bevat nikotien en word verwerk met bymiddels.

6️⃣0️⃣0️⃣ ’n Sigaret self het sowat 600 bestanddele, maar daardie enkele verbranding skep meer as 7,000 7️⃣0️⃣0️⃣0️⃣verskillende chemikalieë in die rook!
Minstens 69 van daardie chemikalieë is kankerwekkend( teer, koolstofmonoksied, nikotien, en dan toksiese produkte soos formaldehied, arseen, sianied, ammoniak, benzeen, nitrosamine, swaarmetale).

🏥Impak op jou gesondheid:

🚭Sigaret rook

Morbiditeit
Dekades se navorsing toon onomwonde dat langtermyn rook uiters skadelik is. Tabakrook affekteer byna elke orgaan in jou liggaam.

Tabak-Rook is ‘n hoofveroorsaker van:

Kanker (veral long-, mond-, keel-, slukderm-, blaas, nierkanker)
Hartsiektes (koronêre hartsiekte, hartaanvalle)
Bloedvatsiektes (beroertes, aneurismes, vaskulêre siekte, cholesterol).
Chroniese Obstruktiewe Longsiekte (COPD) – dit sluit emfiseem en chroniese bronchitis in.

Selfs minder ernstige kwale kom meer voor: rokers kry gereeld tandvleissiekte en tandverlies, maagsere, en hul wondgenesing is stadiger.
Rook is ’n bydraende faktor tot diabetes komplikasies, en dit verswak jou immuunstelsel, en is ‘n known trigger vir auto-immuunsiektes.

☠️Mortaliteit

Rook lei jaarliks tot ongeveer 32,000 voortydige sterftes, of 10% van alle sterftes.
Om dit anders te stel: sowat helfde van langtermyn-rokers sal uiteindelik sterf aan ‘n rookverwante oorsaak.

Die impak van rook is tragies:
ongeveer 70.7% van alle longkankersterftes in Suid-Afrika word deur rook veroorsaak,
en meer as 50% van sterftes aan COPD kan aan rook toegeskryf word.
Verder is na raming omtrent 15% van hartaanval-sterftes en 12% van beroerte-sterftes direk as gevolg van tabakrook.

🏥Impak op jou gesondheid

💨V**e

Omdat v**e nog relatief nuut is (mid-2000’s), het ons nie 50+ jaar se data soos met si*****te nie - ons het nog geen idee wat die langtermyn-impak gaan wees nie. Daar is egter al genoeg wetenskaplike bevindinge om te sê dat v**e nie onskuldig is vir jou gesondheid nie. 🛑🛑🛑

👍🏻Die goeie nuus vir iemand wat van rook oorskakel na slegs v**e is dat hulle blootstelling aan baie van die ergste kankerverwekkers en gifstowwe aansienlik verlaag word. 🌟Dit beteken dat ‘n langdurige v**er waarskynlik ‘n laer risiko vir sekere kankers en longsiekte het as ‘n langdurige roker – mits hy nie ook rook terselfdertyd nie.

👎🏻Die slegte nuus is dat “minder skadelik as rook” beslis nie beteken “gesond” nie.

V**e se bekende impakte op gesondheid sluit in:

- 🫀Kardiovaskulêr: versnel jou hartklop, verhoog bloeddruk, bloedvat-beskadiging oor lang termyn, verhoog cholesterolvlakke
- 🧠Brein en senuweestelsel: aandag- en leerprobleme, en hoër risiko vir angs en gemoedsafwykings later, onttrekkingseffekte soos geïrriteerdheid, angstigheid, konsentrasieprobleme.
- 😇Algemene welstand: V**e kan jou mond en keel uitdroog, neusbloeding, smaak- en reukverlies veroorsaak
- 🫁Longe en asemhaling: V**e kan irritasie en ontsteking in die lugweë veroorsaak, verminderde longfunksie toon soortgelyk aan dié by rokers,
2019 uitbraak van EVALI (E-cigarette or Va**ng Associated Lung Injury),het meer as 2,800 mense gehospitaliseer is en 68 mense is oorlede. Die oorsaak was hoofsaaklik onwettige v**e-vloeistof. 💀

Al hierdie effekte beteken dat v**e beslis nie as ‘n “gesonde alternatief” gesien moet word nie, veral nie as jy nie ‘n roker is nie.

Die duiwel is nogsteeds lelik in skinny jeans. 👹

☢️😷Maar ek koop my v**e op ‘n legit plek en ek koop nikotien vry, so ek is okay! 😷☢️

⚠️So… hier kom die grootste shocker.

Nikotien is ‘n skedule 3 gereguleerde stof en behoort slegs in apteke verkoop te word.
Geen v**e wat nikotien bevat behoort wettiglik op ‘n algemene rak te wees nie. Selfs nie die wat mag si*****te verkoop nie. 😆Ons polisiëring is net sleg wat dit aangaan. Dis anders as si*****te - nikotien word onttrek uit tabak - dit maak dit ‘n gereguleerde stof. Regulated (deur SAHPRA) substance.

🏪So hoekom sien ek v**e winkels en hoekom word v**es in garages verkoop?

Si*****te bevat tabak, en dit word onder ander wetgewing gekontrolleer.

Die handelaars sien natuurlik die gap hier, en verkoop “nikotien-vrye” v**es, of dit is wat bemark word. As jy d**k jou v**e bevat nie nikotien nie, en jy trust jou supplier so baie, vat die liquid na ‘n onafhanklike toetser toe. You will learn the truth. Al is daar nie nikotien in nie, is daar defnitief ander goed in waaroor jy sal wil weet.

So - enige v**e wat nie in ‘n apteek verkoop word, en deur SAHPRA goedgekeur is, is ordentlik gereguleer met wat in daardie v**e is nie.

Jy vertrou mense op die mark wat nie wettiglik trade nie, met jou gesondheid - dat hulle nie goed sal verkoop wat onveilige bestandele het nie. (Laat jou bietjie sweet as jy daaroor d**k.)

❌…….‘n paar algemene miskonsepsies:

💨Miskonsepsie: “V**e is net flavoured waterdamp – dis onskadelik, veral in vergelyking met rook.”
Werklikheid: V**e-damp bevat nikotien en talle potensieel skadelike chemikalieë. “Minder gif” is nie gelyk aan “geen gif” nie.

👦🏽Miskonsepsie: “Dit is beter dat my tiener v**e as wat hy/sy rook – va**ng keer dalk dat jongmense by si*****te uitkom.”
Werklikheid: Data wys dat Jongmense wat v**e het ‘n groter kans om later ook si*****te te rook. (3 keer groter risiko).

0️⃣Miskonsepsie: “‘Light’ si*****te, of sosiaal rook is nie so erg vir jou gesondheid nie.”
Werklikheid: Alle vorme van tabakrook is skadelik. Daar is geen veilige vlak van tabakinname nie; jou liggaam reageer op selfs klein hoeveelhede van die gifstowwe - 1–2 si*****te per dag verhoog jou risiko vir hartsiektes merkbaar in vergelyking met 0 si*****te.

🛑Miskonsepsie: “E-si*****te is ‘n betroubare manier om op te hou rook – dis veilig genoeg om as hulpmiddel te gebruik.”
Werklikheid: Die gebruik van v**es om op te hou rook (genoem skadebeheer of harm reduction) is redeneerbaar. Ons sal nou daaroor praat. Sien onder.

❓Kan ek ’n v**e gebruik om op te hou rook?

Dit is ‘n moeilike vraag wat baie bespreek word.

‘n Resensie deur die betroubare Cochrane-samewerking (2022) het bevind dat vir elke 100 rokers wat e-si*****te gebruik om op te hou, sowat 8 tot 12 mense suksesvol vir minstens 6 maande opgehou het – teenoor slegs omtrent 6 uit 100 wat nikotienpleisters of -kougom gebruik het.

Ook in die UK word va**ng gereeld aangewend in “Stop Smoking”-klinieke as ‘n minder skadelike alternatief vir volwassenes wat sukkel.

⚠️Maar – en dit is ‘n groot maar – daar is ook ‘n caveat: Wanneer jy v**e gebruik om op te hou rook, ruil jy een nikotienverslawing in vir ‘n ander. Baie mense eindig op as dubbel-gebruikers (hulle v**e én rook afhangend van situasie, in plaas van heeltemal ophou).
Die langtermyn gesondheidsrisiko’s van voortgesette v**e is, soos ons bo bespreek het, steeds teenwoordig.
Gesondheidsorganisasies meen dat, indien ‘n volwasse roker alle ander opsies uitgeput het, slegs dan v**e dalk tydelik (voordeel SLEGS 6 maande) oorweeg kan word om die oorgang weg van si*****te te maak.

⚠️Maar die einddoel moet steeds wees om nikotien heeltemal te staak. ⚠️

🚬➡️💨➡️❌
As jy ’n v**e wil probeer gebruik op op te hou rook…..

• Skuif heeltemal oor: Die volle gesondheidsvoordeel kom net as jy geen gewone si*****te meer rook nie. 💨
• Kies ‘n gepaste produk: Gebruik by voorkeur ‘n eenvoudige, gereguleerde e-sigaret en ‘n nikotienvloeistof wat SAHPRA goedgekeur is. Dus, koop dit in ’n apteek of koop ’n SAHPRA approved e-cig. 💨✅
• Stel ‘n step-down plan in: Verlaag konsentrasie en gee vir jouself ‘n tydsbeperking (6maande). ⏬6️⃣
• Monitor jou gesondheid: Selfs terwyl jy v**e, let op jou liggaam. As jy vreemde simptome kry (bv. hoes, angs, borspyne), STOP en laat ‘n dokter jou ondersoek.😇✅

💨❓Is v**e veiliger as rook?

Die konsensus is ja, ’n volwassene wat rook wat 100% oorskakel na v**e sal in meeste opsigte beter ag wees as wanneer hy sou aanhou rook.

⚠️V**e is waarskynlik minder gevaarlik as rook – veral vir jou risiko van kanker en chroniese longsiekte – maar dit is nie veilig nie en beslis nie gesond vir ‘n nie-roker om te BEGIN v**e nie.⚠️

Soos ‘n kenner dit stel: “Om te vra of va**ng veiliger is as rook, is soos om te vra of om met ‘n motorfiets te ry veiliger is as om van ‘n krans af te spring – natuurlik, maar jy moet steeds ‘n helmet dra en versigtig wees.”

⚠️⚠️⚠️Moet nie begin v**e nie. Moet nie begin rook nie. As jy reeds rook, v**e eerder. Probeer ophou. ⚠️⚠️⚠️

1️⃣2️⃣3️⃣Strategieë om op te hou

Om op te hou rook (of v**e) is moeilik, maar duisende mense slaag daarin elke jaar.

• Maak ’n besluit en stel ’n datum: Kies ‘n spesifieke “sperdatum” 📅
• Verwyder si*****te (en v**es): Voor die tyd, raak ontslae van jou voorraad.🗑️

• Vermy triggers en roetine: Maak jou omgewing skoon. As jy byvoorbeeld soggens eerste ding op die stoep ‘n sigaret gerook het, vervang daardie roetine met iets nuuts - soos stort of koffie maak.🔀
• Kry ondersteuning: Vertel familie en goeie vriende van jou besluit sodat hulle jou kan aanmoedig, jou ‘police’ en verantwoordbaar hou. 👨🏽👩🏽👧🏽👦🏽

👩🏻‍⚕️🩺My aanbeveling 👩🏻‍⚕️🩺

Probeer eerste die beproefde metodes om op te hou rook voordat jy na ‘n v**e gryp.

My strategie is tweevoudig:

1. nikotienvervangingsterapieë (soos nikotienpleisters, -kougom, suigtablette of sprays – beskikbaar by apteke)

PLUS

2. voorskrifmedikasie soos bupropion (Bupropion, Voxra, Welbutrin) of varenisiklien (Champix)(praat met jou dokter hieroor). Daardie middels help met drange, roetine en het nie die risiko’s van inaseming in die longe nie.

PLUS

3. Kombineer dit met ondersteuning. Studies toon dat die kombinasie van mediese hulp + ondersteuning jou kans om suksesvol op te hou baie verhoog.

✅TIPS EN TRICKS

✅Bly besig en gesond: Wanneer jy ophou, veral die eerste 1–2 weke, gaan jy rusteloos en geïrriteerd voel. Beplan vir daardie energie: oefen – fisieke aktiwiteit help met cravings.
✅Beloning – bv. met die geld wat jy spaar, koop iets lekker
✅Moenie moed opgee nie
✅Gebruik beskikbare hulpbronne: Suid-Afrika het ook hulp daar buite. CANSA bied ‘n eKick Butt-aanlyn program waar jy per e-pos wenke en motivering ontvang om te stop . Daar is ook selfhelp-werwe en -apps soos “Quit with Blink” of “ByeByeSmoke” wat jou prosesse dag vir dag kan monitor.

💨💨💨Laaste asemteug

Onthou hoekom jy wil ophou – of dit is vir jou gesondheid, jou gesin, jou geld, of net om vry te wees van die afhanklikheid. Hou daardie rede voor oë.

Die pad kan moeilik wees, maar die belonings begin vinnig:

- Reeds 20 minute nadat jy ophou, daal jou hartklop en bloeddruk na normaal. 🫀
- In 12 uur daal jou koolstofmonoksied-vlak in bloed na normaal .🩸
- Binne ‘n paar weke verbeter jou bloedsomloop en longfunksie merkbaar . 🗓️
- Ná 1 jaar halveer jou risiko van hartsiekte, ❤️
- en na 5–15 jaar is jou beroerte-risiko dieselfde as iemand wat nooit gerook het nie . Jou liggaam wíl herstel – jy moet hom net die kans gee.

Bronne: Die inligting hierbo is saamgestel uit betroubare mediese bronne, insluitende studies en verslae deur CANSA, die Wêreldgesondheidsorganisasie en plaaslike navorsing. (Sien die bronnelys in die comments vir spesifieke verwysings.)

Lekker nie-rook-nie
Jammer vir die ontnugtering,
�Groete en guns,
🩺👩🏻‍⚕️Dr Elri

**e ****neaddiction **ng ***co
**e *****te

🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition.

💅 NAEL BYT OOMBLIKKE 💅🏼’n Gewoonte begin met ragfyn spinnerak webbe, en eindig op met drievoudige dik kabels” … - Onbeke...
22/06/2025

💅 NAEL BYT OOMBLIKKE 💅🏼

’n Gewoonte begin met ragfyn spinnerak webbe, en eindig op met drievoudige dik kabels” … - Onbekend

🤘🏼Naels Byt 🤘🏼

Sjoe is hierdie nou ’n post wat close-to-home hit.🎯

⛔️“Hou op kou - naels is vir vyl, nie vir vreet nie!”
⛔️“’n Pragtige jong dame soos jyself moenie jouself versies nie!”
⛔️“ Kou is vir kougom, nie naels nie”
⛔️” Sjoe, jy is seker baie honger as jou naels so lyk” - 🙄🫩😂 ag julle.

Ek het as kind baie erg naels gebyt. Dis ‘n algemene gewoonte, ek het ongeveer 23 jaar gevat om die gewoonte te kon breek - so ek weet wat ek sê as ek sê dis ongelooflik moeilik om die patroon te breek. Van bitter cutex tot vakansie-akriele, ek kon beter knaag as ’n hamster in ’n hok. 🐰

Ander strategieë wat nooit in my geval gewerk het nie, en waarskynlik meer sleg as goed gedoen het:

- Naellak bitters en cuticle oil
- My klavierjuffrou wat graag my oor die vingers getik het met die liniaal - ek het wel ophou klavier speel. (thanks…)
- Om my allerhande lelike goed toe te snou oor dit: toe het ek net dit begin wegsteek - en ek het vir etlike jare uit gewoonte op my hande gaan sit sodat niemand mag sien nie.

❓So, hoe het ek gestop?

Ek het op universiteit besef dat my hande sterk deel van van my beroep gaan vorm. My hande het gebewe as mense kyk, en ek moes dit uitsorteer.

Ek het gel/akriel op my naels begin sit. Ek moes, moet nogsteeds - permanent sorg vir iets op my naels - al is die gewoonte al 7 jaar gebreek. (Tip: Physical Barrier ) ☺️

💡Een ding om vandag te leer: wanneer al die tips en tricks wat ek onder gaan deel nie werk nie - is dit omdat die naelbytery nie net ’n *slegte gewoonte* is nie, maar ’n emosionele hanteringsmeganisme. Mens moet die stressor uitsorteer.

Behandeling moet holisties wees – gedrag, emosies, en ondersteuning. 🟡🟢🔵

❓Wat is naelbyt?

Naelbyt, of onychophagia, is wat dokters noem ’n mondelingse parafunctional habit – met ander woorde, jy gebruik jou mond vir iets anders as eet, drink of praat. Dis in dieselfde kategorie as tandekners (bruxism), potloodkou of duim suig.

Dis ’n vorm van body repetitive behaviours, wat basies is wanneer ’n gewoonte so gereeld herhaal word dat dit actually skadelik raak. ⛔️Ander BRB’s sluit in hare uittrek, vel stukkend krap, tong/wang/lip byt en duimsuig.

🧑‍🦳Ouderdom 🧑‍🦳

Naelsbyt begin meestal in kleuterjare, raak erger in die tienerjare (veral in stresvolle of onseker tye), en verbeter dikwels met ouderdom…

Sommige volwassenes kom nooit heeltemal verby die gewoonte nie. Ek het my gewoonte onder beheer, maar dit kom defnitief terug wanneer spanning hoog loop. ⚡️

⚠️ Wat verhoog jou kans om jou naels te byt?

Sommige mense is bloot meer geneig daartoe as ander – hier’s ’n paar risikofaktore:

* Jy het ’n ouer of familielid wat ook hul naels byt of gebyt het - selfs al het hulle gestop nog voor jou geboorte. Iets geneties?
* Jy het hoë vlakke van stres of angs (temperament, beroep, switch task stress)
* Jy voel verveeld of emosioneel uitgeput (burnout is ’n groot trigger vir groot mense)
* Jy ly aan ’n ander geestesgesondheidstoestand soos ADHD, OCD, of 'n angsversteuring
* Jy sukkel met ‘n lae selfbeeld: imposture syndrome
* Jy was as kind 'n duimsuiger of fopspeen gebruiker – naelbyt is dikwels ’n opvolggedrag.

Interessant genoeg:

Naelsbyt word gekoppel aan sekere temperamente:
🟡 Perfeksionisme
🟡 Impulsiwiteit
🟡 Neurotisisme
🟡 Introversie
🟡 OCD /tendencies/: dra paar kenmerke van OCD: beplanner, wil beheer neem, en herhaal graag patrone

Sekere beroepe sien dit meer na vore kom:

🟢 Dokters 😂🫣veral GPs/ mediese studente
🟢Prokureurs
🟢 Entrepeneurs
🟢 Execs
🟢 Stock traders
🟢 Pilots/sjirurge (vroeg in training - later raak pilots se hande besig en sjirurge se hande seker gross 🤷🏻‍♀️🫣)
🟢 Sagteware ontwikkelaars
🟢 Goed presteerende studente en skoliere

As ons oor die persoonlikheidstipes of temperamente praat, is choleries-melancholies mees geneig om te kou. 🔴🔵

Kom ons praat vinnig oor die grootste ooreenkoms in die beroepe, want dit is die klein goedjies wat jy dalk jouself of jou kind mee kan help:

🔛Task-switching stress🔛

Multitasking is ons generasie se “it-word”. So overrated - studies wys dat multitasking mense 40% meer tyd laat mors, en dit maak mens 15-30% minder effektief. Dit veroorsaak brain fog, mental fatigue, geirriteerdheid, depressie en burnout.

❓Hoekom?

Elke keer wat jy rat verander in jou brein, brand jy energie in jou prefrontale korteks. (Besluitneming, emosionele regulasie). As jy al jou energie gebruik aan ratte verander is daar minder energie oor vir besluite en emosies.

Nou stel jou voor:

🎯Fokus op onderwerp A: beslaan sy eie reëls en konteks. (Bv. skryf ‘n verwysingsbrief).
*oproep kom in van labaratorium*
🛑Ontkoppeling van onderwerp A: brand energie 🔥
🔎Identifiseer en Herfokus op onderwerp B: herskep konteks en reëls. Brand energie. 🔥
⚡️Reageer op onderwerp B, brand energie. 🔥
🛑Ontkoppel van onderwerp B.
🔎Herbelyn en fokus op Onderwerp A: skep reëls en konteks.

Doen dit nou elke 2 minute, soos ‘n trader of ‘n dokter, of prokureur, en dan verstaan mens hoekom vlug mense uit ‘n professionele beroepslui. ✈️

Hoe meer turnover-intense dit is, hoe groter die task switching stress en hoe vinniger die mental fatigue, mental fog, emosionele disregulasie en eindelik die burnout. Imagine elke 1,3,5min elke dag, elke 15min elke dag, elke uur elke dag ens. Herman beleef elke dag hoe ek in die aand gewone woorde nie kan oproep nie, soos die brainfog oorvat. 🫩🙄

Dis soos wanneer jy by ‘n kinder partytjie was en jy helemal oorweldig en gedisreguleerd en geiriteerd voel, maar elke dag. 🫣

🟰 hoe leer mens die regte patrone aan?

Hierdie tipe temperamente wil nie gewoonlik geskeduleer word nie: werk tot die werk klaar is.

Leer jouself en jou kind vroeg al:

💡Wees streng op onderbrekings en dedicated-fokus ure
💡Batch tipe take saam (konteks bly dieselfde)
💡Buffer zones deur die dag (15min breathers) (reboot🔋)
💡Baie, baie streng boundaries tussen werk/speel, baie streng werksure (respekteer hul werkstyd, sodat hulle die down time kan respekteer)
💡 eksternaliseer stress - doen iets met die frustrasie

🧬 Wat gaan aan in jou brein?

Jou amygdala aktiveer stress
Jou prefrontale korteks toon effense swak impulsbeheer
Jy byt
Jy kry ‘n vinnige dopamine hit: en jy voel beter omdat jy gebyt het
Patroon herhaal.

🩹 Wat kan verkeerd gaan?

Dis nie altyd net ’n “lelike” of “slegte” gewoonte nie. Wanneer dit erg raak, kan dit:

* Die naelbed permanent beskadig
* Lei tot infeksies (soos paronychia, absesse, weefselontsteking)
* Swam infeksies van die naels
* Tand slyttasie beskadig of pyn in die kake veroorsaak
* Kaakvorm aantas en lei tot ander gebit probleme
* Parasitiese Infeksies soos lintwurms of giardia help versprei – ja, van onder jou naels af tot in jou maag!
* Herhaaldelike infeksies weens hande wat vuil oppervlakke aangeraak het, in jou mond te sit.
* Tandvleis, tong, mondontsteking
* Sosiale probleme soos skaamte, angs of ’n lae selfbeeld veroorsaak (dis vrek algemeen)

💡 Hoe stop jy dit?

Julle, vat dit van iemand wat wéét, dis ’n ongelooflike moeilike gewoonte om te breek. Want dit is nie altyd ’n gewoonte nie!

Hier’s wat werk volgens navorsing:

🔁 1. Gewoonte-omkeringsterapie (Habit Reversal Training – HRT)

Hierdie is een van die mees effektiewe gedragsbenaderings om naelbyt te help afleer, en bestaan uit drie hoofstappe:

🔹 Bewusmaking van die gewoonte:

Die eerste stap is om jouself te leer wanneer en waar jy naels byt.

My kind assosieer groen met vuil: so ons het sy byt-vingers in groen voedselkleursel gedip terwyl hy slaap. Toe hy wakker word het ek verduidelik dat die kieme nou so baie is, dat sy vingers groen geword het, en nou glo hy groen goggas en kieme gaan in sy mond kom. Die idee is nie om hom te traumatiseer nie, dit doen ook nie, dit maak hom wel bewus van sy habit en wat hy eintlik in sy mond sit: vuil hande. Dit werk sover baie goed.

Die bitter-naellak dien ook as ‘n bewusmaking tegniek: issue is, as jyou brein reeds die dopamine-pathway gevorm het van byt, gaan die bewusmaking alleen nie keer dat jy verder byt nie.

🔹 Vervangende gedrag:

Wanneer jy voel jy wil byt, verrig ’n alternatiewe aksie wat fisies onversoenbaar is met naelbyt, soos:

* Jou vuiste styf te bal in ’n vuis vir 30 sekondes
* Op jou hande sit
* ’n Stress bal of “fidget toy” vas te hou
* Met beide hande te werk: tik op ‘n keyboard, brei, ens.

🔹 Bystand van ander:

Dit klink airy fairy - maar eintlik is dit so prakties. Vra vir die persoon wat hulle naels kou, hoe kan jy help en wat het hulle nodig. Hulle antwoord sal jou soms verstom:

“Ek wil net kan werk in werksure.”
“ Ek wil nie oor werk praat, na werksure.”
“ As jy sien ek is besig met ‘n taak en jou versoek is nie dringend nie, sal jy wag tot ek klaar is voor jy my vra?”

VIr kinders ter aanmoediging:

1. Positiewe gedrag: star charts en rewards charts. Shame, dis die eerste ding wat Wihan vir my sê as ek by die huis kom. Mamma, ek het nie my naels gebyt nie. Kan ek ‘n sterretjie kry? 🥹
2. As my kinders histeries huil, probeer ek eers net ‘n drukkie, om hulle te herinner om asem te haal (coping tegniek, kalmeer hul senuwee stelsel) en dan praat ons oor wat gebeur het. Leer stress vroeg hanteer.
3. Leer hulle vroeg die kuns van uni-task (fokus) en respekteer jou kind se boundaries en “nee’s” wanneer gepas. Mense wat naelbyt is people pleasers, moenie jou kind een maak nie. ⛔️

✋ 2. Fisieke barriers om byt te voorkom

Die tegniek het vir my gehelp. (Gel/Akriel)

* Bitter-naellak wat onaangenaam proe: gewoonlik skilfer ’n kind so iets gougou af. Apply daily, twice daily. Kyk net dat dit non-toxic bestandele bevat.
* ’n Natuurlike remedy wat blykbaar goed werk sluit in aloe vera bitter gel: dis blykbaar baie bitter en trek in die naels en velletjies in. So ook cuticle olie. Maak net seker dis nie toxic nie.
* Pleisters om die vingers plak - dik taai pleisters.
* Handskoene by die huis te dra, of voor TV, of selfs heeldag
* Akrielnaels of gel-naels – veral effektief vir tieners en volwassenes, vir my het dit op die ou einde die knoop deur gehak. Wat baie sleg is, is dat meeste skole dit nie toelaat nie vir voor die hand liggende redes, so ek het 18 jaar geleef met naelsbyt voor ek die patroon kon breek.

🧠 3. Kognitiewe Gedragsterapie (CBT)

Hierdie is nuttig wanneer naelbyt verband hou met emosionele spanning, angs, of perfeksionisme. Nie almal wat naelsbyt het ’n emosionele of psigiatriese toestand nie.

’n Gekwalifiseerde terapeut kan help om:

* Negatiewe denkpatrone te identifiseer
* Gesonder hanteringsmeganismes aan te leer
* Ontspanningstegnieke te integreer vir task switch stress
* Behandeling voor te stel vir meer ernstige gedragstoestande soos OCD, ADHD, Anxiety disorder ensovoorts.

📱 4. Apps

Daar is verskeie apps wat help om vordering aan te spoor:

* HabitBull, Quitzilla, of Streaks
Hiermee kan jy jou vordering visueel monitor en gemotiveerd bly.

Sommige mense gebruik selfs smart armbande of ringe wat vibreer wanneer jou hande by jou gesig kom (bv. Pavlok) - dis basically soos ’n shock collar vir jou arm. Asb moenie dit op kinders gebruik nie - jy sal toe gesluit word.

🧴 5. Sensoriese vervanging

Gee jou hande of mond iets anders om te doen:

* Suikerlose kougom te kou
* Taktiele sensoriese speelgoed, brei, hekel, twee-hand take
* Naelvyl of cuticle sker – gebruik dit om jou naels bewustelik te versorg in plaas van te byt: dit kan ook weer nie werk nie, sodra mens begin over-care vernietig jy dit weer op ’n ander manier.

🧘 6. Spanning en emosionele bestuur

Baie mense byt naels as ’n reaksie op stres of spanning. As jy weet van ’n foolproof plan vir elke mens met stress, deel dit asseblief! Want vrek dit is moeilik.

Dit begin by leefstyl aanpassings. Wat kan help:

* Kyk hard na jou werk-leef balans. Baie hard - dis gewoonlik daar waar die probleme opduik. Ja ons moet hard werk, ja jou balans gaan op ’n tyd meer 60-40 wees as 50-50, maar dit kan nie 90-10 wees nie. Jou mense gooi jou koppie vol.
* Gereelde oefening vir die dopamine hit: enige fisiese aktiwiteit: oefen, dans, visvang, ski, iets wat jou spiere bietjie bloed gee.
* Slaaphigiëne en gesonde leefstyl
* Spandeer tyd saam vriende, vriendinne, familie en jou kinders en CHAT! Praat hulle ore af oor al die goeie en slegte dinge. Laat hulle namens jou stress oor jou!
* Stokperdjies: ons generasie se forgotten treasure. Ons sal eerder ons af tyd op sosiale media spandeer - maar as die ouer garde my iets geleer het is dit om jou af tyd te gebruik om iets te doen wat jou verryk, en nie jou dreineer nie. Dis toevallig ook gewoonlik bietjie kreatiewe uitlaatkleppe, of fisiese aktiwiteite: stap, visvang, draf, messe maak, patrone herlaai, verf, hekel, brei, fotos neem, sudoku, lees, drone vlieg, you name it. Hou jou hande besig - anders reik mens dadelik weer vir jou foon.
*. As jy ‘n turnover-intense werk beoefen, moet mens eenvoudig jou dag schedule.
Groepeer take saam en spandeer tyd daaraan, werk buffer-zones in vir 15-min oggend en middag vir opvang en reset, en vra personneel en familie en vriende om dit te respekteer.

👨‍⚕️ 7. Professionele hulp

Wanneer selfhulp nie voldoende is nie:

* ’n Kliniese sielkundige kan formele HRT of CBT fasiliteer
* By kinders kan tandheelkundige apparate of thumbguards soms aanbeveel word
* In ernstige gevalle, veral waar infeksie ’n risiko is, moet mediese hulp ingeroep word en kan medikasie gebruik word.

💊 NAC 💊

ACC. Amuco. N-Acetylcysteine. Die een vir slym dun maak? Daai een.

Dis ‘n aminosuur en antioksidant wat help met impulsbeheer en kompulsiewe gedrag (het navorsers nou begin agterkom). Dit reguleer glutamaat in ons “reward centre”. Dit verminder die “reward” effek wat dopamine het, wanneer mens naelsbyt. Hoë dosisse, vat lank om te werk, baie effektief.

🧾 Laaste gedagte:

Om dit af te leer verg geduld, selfinsig, en konstante ondersteuning – eerder as straf of skaamte. Vat my advies - moenie ’n kind oor dit laat sleg voel nie, ek is kopsterk - maar daardie gewoonte-breek het my nederig gemaak.

📌 Naelsbyt is nie net ’n slegte gewoonte nie – dis dikwels ’n emosionele uitlaatklep. Die geheim lê in begrip, geduld, en klein stappe vorentoe. Moenie skaam wees nie – miljoene mense doen dit. En daar is maniere om dit te breek.

Ek hoop die help iemand daar buite!

Groete en guns,
👩🏻‍⚕️🩺🎀Dr Elri



🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition

📚 Verwysings beskikbaar op versoek 🎯(Medscape Family Medicine, DSM-5, en internasionale navorsing oor BRBs).

Address

9 Harrington Street

0250

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27124080711

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Elri du Preez posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dr Elri du Preez:

  • Want your practice to be the top-listed Clinic?

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram