2 Sussies is ligter as gister

  • Home
  • 2 Sussies is ligter as gister

2 Sussies is ligter as gister Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from 2 Sussies is ligter as gister, Health & Wellness Website, 19 Koorzen Street, Gants Plaza, Strand, .

  I'm so excited!!!!!!!!  Oooooo as my We love low carb pakkie arriveer. Altyd goeie diens van hulle. En rerig die brood...
29/04/2021

I'm so excited!!!!!!!! Oooooo as my We love low carb pakkie arriveer. Altyd goeie diens van hulle. En rerig die brood kan jy selfs braai broodjies mee maak.

Eggs Benedict vir ontbyt. We love low carb se mini buns gerooster met botter. Lekker sagte eier gebak in botter,gerookte...
28/04/2021

Eggs Benedict vir ontbyt. We love low carb se mini buns gerooster met botter. Lekker sagte eier gebak in botter,gerookte ham en top dit met 'n hollandaise sous en avo.

  Sjoe wat n  jaar was 2020 nie. Vir my sou dit die 2de jaar wees van my pad na 'n ligter suster toe of so het ek gedink...
03/01/2021

Sjoe wat n jaar was 2020 nie. Vir my sou dit die 2de jaar wees van my pad na 'n ligter suster toe of so het ek gedink. 2020 is 'n jaar wat ek nie graag wil oorhê nie. Ek het wel in 2020 besluit om my hard verdiende belasting geldjies op iets positief te spandeer. Ek het besluit op Geneway DNA toetse nee nie die tipe wat sê wie jou ma en pa is nie maar die tipe wat vir jou vertel wat om te eet, hoe om te oefen en hoe om sommer oor die algemeen beter na jouself om te sien. Die proses was vinnig en pynloos. Ek het online by Geneway 'n Genecombo toets bestel en is sommer al die volgende dag by my afgelewer 2 dae later is die toets weer by my opgetel. 7 dae later was my toets verslag gereed. Ek was super opgewonde om uit te vind wat gaan werk vir my lyf. Ek het toe 'n afspraak by Bodynetix gemaak om die toets vir my te interpreteer want wat ek van DNA af weet is nogal gevaarlik. Die ontvangs by Bodynetix was fantasties gewees. Eers het ek met die dieetkundige gepraat Marizanne Serfontein wat my vertel het oor watter tipe kos my liggaam benodig om optimaal te funksioneer. Sy het 'n paar voorstelle gemaak wat by my DNA pas. Daarna is ek na Isabeu van Heerden vir die sport afdeling van die DNA toetse. Hier raak dit net intterresanter soos ons aangaan. Ek het wel oefeninge nodig maar nie te intense gewig oefening nie, meer endurance tipe oefening soos stap. Sy het ook vir my 'n oefenplan uitgewerk wat gaan aanpas by my DNA. Laaste het ek gedraai by Emmie Bester wat vir my die mediese kant van die DNA verduidelik het watter tipe aanvullings my lyf nodig het om 'n gesonder leefstyl te volg. Ek sal dit vir enige iemand aan beveel.
Ons is by 2021 en hier lê weer 'n nuwe jaar vol verrassings ten minste weet ek op DNA vlak sal daar nie sommer verrassings wees nie. Ek is opgewonde oor die pad vorentoe. Mag 2021 net goeie dinge inhou vir almal en mag ons die jaar nog mooier na onsself kyk. Regte keuses maak wat goed is vir jouself en vir jou siel. Sien elkeen van julle die jaar weer langs die pad wat ons saam stap.

Ooooooo ek was lanklaas so opgewonde oor enige iets. Hou die spasie dop. Sien uit om in van Sweatgear se broeke te pronk...
18/11/2020

Ooooooo ek was lanklaas so opgewonde oor enige iets. Hou die spasie dop. Sien uit om in van Sweatgear se broeke te pronk.

  Hierdie was nou sommer 'n lekker week gewees. Eerste 3 dae was maar moeilik maar na dag 3 voel mens sommer lekker van ...
21/09/2020

Hierdie was nou sommer 'n lekker week gewees. Eerste 3 dae was maar moeilik maar na dag 3 voel mens sommer lekker van reg eet. Ek het die week 8.6 kg verloor. Vanoggend toe ek op die skaal klim staan ek super verbaas en kyk na die syfers. Ek het die naweek glad nie swaar gekry nie en dit was nogal maklik om op die pad te bly met die regte keuses. Ek deel 'n paar van my etes die afgelope wees.

  Ek. Is so opgewonde oor my pakkie wat vandag gearriveer het. My probleem is oor naweke wanneer mens saam vriende en fa...
15/09/2020

Ek. Is so opgewonde oor my pakkie wat vandag gearriveer het. My probleem is oor naweke wanneer mens saam vriende en familie wil kuier en dalk ietsie wil drink. Gudgu(Gesondheid uit die grond uit) maak hierdie oulike cordials wat suikervry is. Jy kan dit gebruik saam met sodawater en Sprite zero om vir jou 'n heerlike verfrissende drankie te maak. Hulle maak ook strope vir wafels of wat jy saam jou koffie kan gebruik om 'n gegeurde koffie te maak of selfs net oor jou roomys te eet. Ek plaas sommer die resep vir die wafels wat ek maak asook my vriendin Tertia se roomys resep. Ek sien sommer uit om die naweek in my baan te bly.

  Ek was stil, te stil gewees. Wanneer ek stil raak, raak ek gewoonlik die pad byster. En ek het die pad heeltemal byste...
14/09/2020

Ek was stil, te stil gewees. Wanneer ek stil raak, raak ek gewoonlik die pad byster. En ek het die pad heeltemal byster geraak. Naweek wyntjie hier en 'n stukkie knoffelbrood daar en voor jy jou oë uit vee, is jy weer op die verkeerde pad. Jy vertel vir jouself jy verdien ook 'n lewe en lekker kuier uit, maar my lyf werk ongelukkig nie met dit nie. Ek loop net verby Country meat se knoffel brood en daar sit dit aan my g*t. Ek kies om verby die knoffelbrood te loop vandag en liewers 'n stukkie geelslang vet biltong te vat. Ek het soveel ongelooflike mense wat my cheer en my ondersteun en mense wat my herinner aan my Amazing journey so ver en ek wil nie hulle teleurstel nie en ook nie myself nie. Ek is laas jaar gebless met die mooiste mooiste swart moissanite steen omdat ek 65 kg al verloor het deur Caz en Ruth de Jager. Ek het toe uit eindelik die steen laat set by Anton Nel van PreciousOne Jewellery, Anton is amazing in sy werk en het ongelooflik baie talent. Ek dra dit elke dag aan my vinger om my te herinner hoe vêr ek al gekom het en dat ek nog 65 kg wil verloor. T Irene le Roux het saam my geoefen op 'n stadium en vir my vertel van die h**p wat sy vir my bêre van toe sy jare terug geoefen het, met die mooiste boodskap op, wat ek vir myself lees wanneer ek voel ek wil nie oefen nie. Mense wat uitkyk vir jou op jou journey is belangrik. Mense wat nie sal toelaat dat jy te vêr die pad sal af gaan nie, maar ook verstaan dat mens somtyds 'n naweek afvat net om weer te reboot. Dit is weer Maandag en ek val weer in en as ek moet sal ek elke Maandag weer en weer inval tot ek my eind doel bereik het. Die pad is maar nie maklik nie en ek wil op 'n uurlikse basis opgee en dan kyk ek na al die mense wat die pad saam my stap. Elkeen wat my cheer en daar is vir my. Ek waardeer elkeen van julle. Een dag op 'n slag.

  So week een is verby van lekker vasbyt en deurdruk. Party dae was maar nie maklik gewees nie, moes deur detoks en keto...
08/07/2020

So week een is verby van lekker vasbyt en deurdruk. Party dae was maar nie maklik gewees nie, moes deur detoks en keto flu gaan, lei steeds nog so bietjie aan keto flu en dit het niks met Corona te doen nie. 😜😜😜 Is sommer weer lekker om om die regte pad te wees en resultate te sien. Week 1 agter die rug en 5.8 kg verloor. Ek het hierdie week heerlik geëet en was nooit honger gewees nie. Ek sien uit na week 2 se resultate. En dan sien ek ook weer uit om die ander suster te sien post hier op die groep 😜😜😜 Kontak Lean Buckle vir die heel beste eetplan ooit

  Vandag se snackie. Lekker vet biltong van Country Meat Kroonstad
29/06/2020

Vandag se snackie. Lekker vet biltong van Country Meat Kroonstad

  Vanaand was ek lus vir iets wat troos bied en vullend is. Ek mis my dae van 'n souserige burger. Ek besluit toe op 'n ...
04/05/2020

Vanaand was ek lus vir iets wat troos bied en vullend is. Ek mis my dae van 'n souserige burger. Ek besluit toe op 'n burger in 'n bakkie. Heerlik verby en baie vullend gewees.

  Ek wil bietjie vir julle klompie spesiale mense op ons groep vra om asb Janja se storie te lees en as iemand dit in hu...
25/04/2020

Ek wil bietjie vir julle klompie spesiale mense op ons groep vra om asb Janja se storie te lees en as iemand dit in hulle harte voel om al is dit selfs net R 10 te donate vir haar operasie om van haar velle ontslae te raak. Die raak my aan want ek weet self ek gaan oor'n jaar of wat self so groepie moet stig. Die los velle raak pynlik tydens oefening en kan 'n mens baie terug hou. Janja het al 111 kg verloor en sy verdien die operasie gedoen te kry. Kom ons ondersteun haar.

https://www.backabuddy.co.za/champion/project/janja-wills

PLS DONATE TO MY SURGERY, CLICK ON THE LINK AND FOLLOW THE STEPS, SHARE AS FAR AS POSSIBLE!!!!!!!!

Address

19 Koorzen Street, Gants Plaza, Strand

7140

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when 2 Sussies is ligter as gister posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to 2 Sussies is ligter as gister:

  • Want your practice to be the top-listed Clinic?

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram