14/02/2024
Gelukkige Valentynsdag! ❤️
Vandag deel ek ‘n prentjie wat ek van my kollega, af leen.
Nes volwassenes wys kinders ook liefde op verskillende maniere. Die vangplek vir ouers is om jóú kind se liefdestaal te verstaan en om dit te identifiseer en om met hulle konneksietye te hê wat hulle liefdestaal prioritiseer.
Fisiese aanraking ❤️: so ‘n kind is lief vir drukkies en soentjies uitdeel. Hulle wil dalk heeltyd jou nabyheid en hand voel. Hulle mag selfs “deep pressure” drukkies geniet en waardeer. Rol so ‘n maatjie soos ‘n burrito in ‘n kombers en lag saam met hulle oor hoe simpel en laf julle saam is.
Opbouende woorde ❤️: Só ‘n kind se emosionele emmertjie raak vol deur jou komplimente. Sê gereeld vir so ‘n kind: “Jy kan so trots wees. Jy het nou so mooi xyz gedoen.”
Kwaliteit tyd ❤️: Alle kinders benodig kwaliteit tyd saam met hulle ouers, maar hierdie maatjies selfs meer. Hulle kan nie genoeg daarvan kry om tyd met Mamma of Pappa te spandeer nie. Die Venter-waentjie-maatjies. As jy omdraai, is hulle daar om te vra wat jy doen al is dit om melk by die kafee te gaan koop. Hierdie tipe kind wil net NABY jou wees en goed saam met jou doen.
Geskenke ❤️: Hierdie tipe kind floreer op geskenkies, al is dit hoe klein. So ‘n maatjie onthou gewoonlik baie goed wie het wat vir hom/haar op sy verjaarsdag gegee. Hulle is geneig om sentimenteel te wees en versamel goedjies soos skulpies as herinnering aan ‘n lekker vakansie. Klein briefies in die kosblik is WOW vir hierdie maats.
Diensbare dade ❤️: So ‘n maatjie wil net oral help. Hulle is gewoonlik geneig om te observeer wat in die huis gedoen moet word en sal dan wil help met takies. Vra vir só ‘n maatjie waarmee jy kan help en hulle koppie is vol.
Hê jou kind in HULLE liefdestaal al is dit verskillend van joune. Dit maak ‘n groot verskil!
❤️❤️❤️