Huis Aristea

Huis Aristea Huis Aristea is op 14 April 1975 amptelik ingewy. Die naam Huis Aristea kom van 'n aristeablom wat vandag nog hier in Durbanville naby die renbaan groei.

Huis Aristea is 'n program van Badisa.

Back to school for some… back to fun for us! 🎒😄May you all have a wonderful 2026 school year!
12/01/2026

Back to school for some… back to fun for us! 🎒😄
May you all have a wonderful 2026 school year!

🎉 Ons het die jaar sommer reg begin met ’n lekker Bingo spel op Vrydagmiddag!Baie pret, oulike geskenkies, saam tee drin...
09/01/2026

🎉 Ons het die jaar sommer reg begin met ’n lekker Bingo spel op Vrydagmiddag!
Baie pret, oulike geskenkies, saam tee drink en ’n heerlike gees van deelname.
Gelukkige inwoners, laggende gesigte en soveel saamkuier-plesier 💛

☕🍰 Queen Café – ons eie "inhouse" koffie-en-koek hoekie 🍰☕Begin die jaar reg met ’n heerlike kuier by ons. En merk somme...
08/01/2026

☕🍰 Queen Café – ons eie "inhouse" koffie-en-koek hoekie 🍰☕
Begin die jaar reg met ’n heerlike kuier by ons. En merk sommer elke Vrydag op jou 2026-kalender.
Kom geniet vars koffie/tee, iets soets en goeie geselskap in ’n warm, verwelkomende atmosfeer.
📅 Elke Vrydag
🕤 09:30 – 12:00
📍 By ons tehuis – Queen Café
Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.
Kom kuier saam – dit sal jou week sommer mooi afsluit! En jou naweek op die regte noot laat begin.🌸

Met die aanbreek van ’n nuwe jaar betree ons 2026 met dankbaarheid vir dit wat was, en hoop vir dit wat voorlê.
30/12/2025

Met die aanbreek van ’n nuwe jaar betree ons 2026 met dankbaarheid vir dit wat was, en hoop vir dit wat voorlê.

28/12/2025

'n Jaar vol genade, klein oomblikke en groot dankbaarheid. Ons kyk terug en sê: dankie.
🙏

Geseënde Kersfees 🎄Mag vrede, hoop en vreugde hierdie Kersfees elke hart vul. Dankie vir julle deel-wees van die Huis Ar...
23/12/2025

Geseënde Kersfees 🎄
Mag vrede, hoop en vreugde hierdie Kersfees elke hart vul. Dankie vir julle deel-wees van die Huis Aristea familie.

🌈 We are taking a short break 🌈Huis Aristea will be taking a short break to rest and recharge. We look forward to welcom...
19/12/2025

🌈 We are taking a short break 🌈
Huis Aristea will be taking a short break to rest and recharge. We look forward to welcoming everyone back refreshed and ready for the new year.

Baie dankie aan Maryna en Jorrie Jordaan en hulle kinders (o.a. van oorsee) wat vir elke inwoner ’n kersfeespakkie met s...
15/12/2025

Baie dankie aan Maryna en Jorrie Jordaan en hulle kinders (o.a. van oorsee) wat vir elke inwoner ’n kersfeespakkie met soveel liefde voorberei en afgelewer het.

Dit is waarlik ’n besondere gebaar van liefde, omgee en naasteliefde. Die opgewondenheid en vreugde wat dit in hierdie kerstyd gebring het, was tasbaar en het baie harte warm gemaak.

Baie, baie dankie – ons het opregte waardering vir julle mooi gebaar. Mag julle ook mildelik geseënd wees in hierdie kersryd.🎄✨
❤️

Advent – ’n tyd van afwagting en stilteAdvent is ’n heilige tyd op die Christelike kerk kalender – ’n tyd om stil te wor...
14/12/2025

Advent – ’n tyd van afwagting en stilte

Advent is ’n heilige tyd op die Christelike kerk kalender – ’n tyd om stil te word, asem te haal en weer te fokus op dit wat werklik saak maak. In ’n wêreld vol geraas en gejaag herinner Advent ons daaraan dat ware vreugde en ware vrede nie onder ’n kersboom gevind word nie, maar in die stilte van ons harte.

Dit is ’n tyd van afwagting… afwagting op Kersdag, wanneer ons met dankbaarheid en verwondering die geboorte van Jesus Christus vier. Die Lig wat gekom het om hoop te bring, liefde te herstel en vrede te laat groei.

Mag hierdie Adventtyd vir elkeen ’n geleentheid wees om weer te vertrou, te hoop en met sagte harte te wag op die koms van Immanuel – God met ons. ✨🕯️

Dankbaarheid lê in die klein goedjies.Tannie Sophia en Oom Cassie is maar net twee van die baie besondere mense in ons v...
13/12/2025

Dankbaarheid lê in die klein goedjies.
Tannie Sophia en Oom Cassie is maar net twee van die baie besondere mense in ons verswakte afdeling – mense by wie ons elke dag leer oor nederigheid, sagtheid en waardering. Hierdie foto's spreek boekdele… hoe ’n eenvoudige pakkie koekies 'n dag kan ophelder, en ook sommer ons harte daarmee saam.

Dis in sulke oomblikke wat ons onthou hoe kosbaar die klein gebaartjies is. ❤️

'n Groot Dankie aan ons Algemene WerkersBy Huis Aristea is daar drie manne wat stilweg, dag ná dag, sorg dat ons huis en...
12/12/2025

'n Groot Dankie aan ons Algemene Werkers

By Huis Aristea is daar drie manne wat stilweg, dag ná dag, sorg dat ons huis en tuin netjies, veilig en funksioneel bly. Vandag sê ons ’n besondere dankie aan Bassier, Heinrich en Johannes.

Dankie vir julle harde werk, lojaliteit en die manier waarop julle omsien na elke hoek en draai van Huis Aristea. Julle hande bou, herstel, dra en ondersteun – en dit maak dat ons met trots na ons huis kan kyk.

Ons waardeer julle meer as wat woorde kan sê. Baie dankie.🙏💙

Dankie aan Bergsig Gemeente wat vir ons 40 pakkies heerlike koekies gebring het as ’n spesiale Kersverrassing vir ons in...
12/12/2025

Dankie aan Bergsig Gemeente wat vir ons 40 pakkies heerlike koekies gebring het as ’n spesiale Kersverrassing vir ons inwoners. 🎄✨

Danksy julle kon ons elke inwoner in ons verswakte afdeling bederf met ’n pakkie vol soet liefde.

’n Groot dankie ook aan Stafverpleegster, Sonja Stander, wat dit met soveel sorg en omgee persoonlik aan elke inwoner uitgedeel het.

By Huis Aristea maak dít die verskil — gemeenskap, liefde en klein gebare wat groot vreugde bring. ❤️

Dankie liewe Mathilda dat jy dit kom aflewer het by ons, dit was 'n lekker verrassing van liefde en omgee.

Address

5 Queen Street
Durbanville

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Aristea posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Aristea:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram