Edelweiss ACVV

Edelweiss ACVV Edelweiss ACVV Dienstak is a caring old age home offering a safe, nurturing environment for elderly residents.

Part of the ACVV network, we provide personalized care, engaging activities, and a strong sense of community.

Op 25 Maart het Lohra de Waal ons inwoners aan Nordic walking bekendgestel. Eers het sy ons ingelig oor hierdie metode v...
28/03/2026

Op 25 Maart het Lohra de Waal ons inwoners aan Nordic walking bekendgestel. Eers het sy ons ingelig oor hierdie metode van stap en daarna was die praktiese oefening met die stokke.

Op 18 Maart het Edelweiss se span aan die 10de Ama Kierie Kierie sportfees deelgeneem.  'n Groot dank aan die organiseer...
28/03/2026

Op 18 Maart het Edelweiss se span aan die 10de Ama Kierie Kierie sportfees deelgeneem. 'n Groot dank aan die organiseerders wat hierdie geleentheid vir ons inwoners bied.

Neville van Rensburg het ons inwoners kom vertel van sy ervaringe oor die jare waar hy deel was van verskeie reddingspan...
27/03/2026

Neville van Rensburg het ons inwoners kom vertel van sy ervaringe oor die jare waar hy deel was van verskeie reddingspanne regoor die wêreld.

Edelweiss se Inwonerskomitee bederf die inwoners en gaste met 'n heerlike Somertee.
27/03/2026

Edelweiss se Inwonerskomitee bederf die inwoners en gaste met 'n heerlike Somertee.

Die verteenwoordiger van Columbus gee opleiding aan ons werkers, oor die skoonmaakmiddels en -toerusting wat hulle gebru...
27/03/2026

Die verteenwoordiger van Columbus gee opleiding aan ons werkers, oor die skoonmaakmiddels en -toerusting wat hulle gebruik.
Dankie mev Matthee en jou span... ons waardeer julle harde werk.

Ouderdom is net 'n nommer... hier by Edelweiss het ons 'n heerlike speletjiesdag gehou. 'n Oggend vol pret en  baie kons...
19/03/2026

Ouderdom is net 'n nommer... hier by Edelweiss het ons 'n heerlike speletjiesdag gehou. 'n Oggend vol pret en baie konsentrasie.

25 Februarie 2026 was 'n bittersoet dag vir Edelweissers...want dit was die dag wat ons afskeid geneem het van ’n besond...
16/03/2026

25 Februarie 2026 was 'n bittersoet dag vir Edelweissers...

want dit was die dag wat ons afskeid geneem het van ’n besondere mens.

Suster Kruger, 34 jaar diens by Edelweiss... Vier-en-dertig jaar van opoffering, omgee, laatnagte, vroeë oggende, moeilike besluite en ontelbare oomblikke van deernis. Dit is nie net ’n getal nie – dit is ’n leeftyd van diens.

Die inwoners se welstand was nog altyd jou eerste prioriteit. Jy het nie net pasiënte versorg nie – jy het mense geken. Jy dra soveel kennis van elke inwoner en hul families met jou saam. Jy het geweet wie hou van tee met twee suikers, wie hou van ’n ekstra kombers in die nag, wie se kinders oorsee bly, en wie net soms ’n sagte hand of ’n bietjie ekstra tyd nodig het.

Die verpleegingseed wat jy afgelê het, het jy nie net opgesê nie – jy het dit elke dag uitgeleef. Met passie. Met integriteit. Met ’n sagte hart en ’n sterk ruggraat. Jy was ’n anker vir inwoners, ’n steunpilaar vir families en ’n bron van wysheid vir kollegas.

Jou nalatenskap leef voort in elke lewe wat jy aangeraak het. In elke traan wat jy afgevee het. In elke glimlag wat jy gebring het. In elke kollega wat by jou geleer het.

Suster Kruger, dankie vir jou onbaatsugtige diens. Dankie vir jou liefde. Dankie vir jou voorbeeld.

Mag hierdie nuwe hoofstuk vir jou gevul wees met rus, vreugde en die wete dat jy ’n onuitwisbare merk gelaat het.

Ons gaan jou ongelooflik baie mis, maar ons gun jou hierdie welverdiende aftrede.

So vier ons die maand van liefde by Edelweiss ACVV Dienstak...
16/03/2026

So vier ons die maand van liefde by Edelweiss ACVV Dienstak...



Op 28 Januarie 2026 hou Edelweiss 'n ken mekaar oggend. Alhoewel inwoners al vir jare saam met mekaar woon, was daar int...
10/02/2026

Op 28 Januarie 2026 hou Edelweiss 'n ken mekaar oggend. Alhoewel inwoners al vir jare saam met mekaar woon, was daar interessante inligting wat daardie oggend bekend geword het. Baie dankie aan Mike Potgieter van Radio Tygerberg wat as fasiliteerder opgetree het. Mike, dankie dat jy die inwoners en buitelede so op hulle gemak gestel het, hulle motiveer en inspireer het. Jy het beslis 'n hele paar nuwe liftKlub luisteraars bygekry.
Dankie aan almal se deelname, ons maak beslis weer so.



Soos die nuwe skooljaar vir baie leerlinge afgeskop het, het Edelweiss inwoners 'n baie opwindende "back to school" erva...
15/01/2026

Soos die nuwe skooljaar vir baie leerlinge afgeskop het, het Edelweiss inwoners 'n baie opwindende "back to school" ervaring gehad. Feedem het vir 'n baie interessante kospakkie gesorg.



Edelweiss se aktiwiteite het gister op 'n hoë noot vir 2026 afgeskop met 'n optrede van Crown Creations se  Jukebox prog...
15/01/2026

Edelweiss se aktiwiteite het gister op 'n hoë noot vir 2026 afgeskop met 'n optrede van Crown Creations se Jukebox program. Hulle het ons inwoners terug geneem in tyd, heerlik laat saamsing en die voete laat jik. Dankie AVBOB vir julle ondersteuning en goeie werk wat julle lewer.




Soup & Sherry evening - 25 June 2025                           In the gentle hush of evening's glow,                 At ...
17/07/2025

Soup & Sherry evening - 25 June 2025 In the gentle hush of evening's glow, At Edelweiss, where warm hearts grow, we gather close as daylight wanes, with silver laughter in the lanes. The soup is ladle, rich and deep - a comfort brewed for souls to keep. Fragrant with memories, herbs and thyme, seasoned by stories, mellowed by time. Crystal glasses catch the light, filled with sherry golden bright. We toast on friends both old and new. Sharing a bowl, a sip, a song, in this circle, we all belong...

Address

93 Mountain View Road
Eversdal
7550

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Edelweiss ACVV posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Edelweiss ACVV:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram