VENTURE BUTIK

VENTURE BUTIK Butik Hiking tours and Day hikes by a registered National Hiking Guide

Goed gedoen aan elkeen op die Wolwedans Roete vanoggend en geluk met daardie 485 trappies!? Hoop julle het hulle getel? ...
01/12/2025

Goed gedoen aan elkeen op die Wolwedans Roete vanoggend en geluk met daardie 485 trappies!? Hoop julle het hulle getel?

Ek hoop en glo nie my voet is te ernstig nie - ek sal laat weet sodra ons kon uitvind! 🥴

Dat só n boomwortel nou ontydig voor n mens sal inspring né!?

Dankie vir die pragtige foto's sover! Ek deel my beskeie bydrae ook (tot sover ek geneem het! 😜)

Knapgedaan aan elkeen, lekker rus en sien binnekort!

🪜👣🌲😁👌🏻

Om 19km af te lê is n reuse taak en ons het die opdraendes so saam met vandag se sonnetjie ten spyte van n lekker briesi...
26/11/2025

Om 19km af te lê is n reuse taak en ons het die opdraendes so saam met vandag se sonnetjie ten spyte van n lekker briesie gevóél hoor!
n Gróót prestasie ten spyte van seer tone, voete en lywe, maar toe die hele groep mos uiteindelik daar is en die liters (en nóg liters) yswater die meeste dors geles het, was die samehorigheid n groot fees!

Aan elkeen wat dié afstand, saam met oor die 400m totale opdraendes vandag afgelê het, sê ek geluk hoor! Dit is sowaar n groot prestasie en mens moes maar diep d**g om vol te hou en aan te hou en geduld behou om klaar te maak!

WELGEDAAN!

Geniet elkeen se foto's en lekker rus!!
👏🏻😁🥰🥳

n Pragtige roete met hope uitsig, maar dit was hiper warm vanoggend in Midbrak! 8,8km met 178m totale elevation!Julle wa...
24/11/2025

n Pragtige roete met hope uitsig, maar dit was hiper warm vanoggend in Midbrak!

8,8km met 178m totale elevation!

Julle was braaf, dapper en baie dierbaar!

Dankie vir elkeen wat uiteindelik die Meander in die Bewarea saam kom stap het!

Sien jou weer!
✨😁👍🏻

Varingskloof se roete was weer ongelooflik mooi! Wat ons als gesien en beleef het:Die pragtigste voëlgeluidedie mooie ui...
19/11/2025

Varingskloof se roete was weer ongelooflik mooi!

Wat ons als gesien en beleef het:

Die pragtigste voëlgeluide
die mooie uitsig tussen die berge en oor die dorp
Kewers en lakke
Fynbos, Watsonias,
Proteasspesies; - van die 'pink lady' tot die 'koning'!
Reuse bome in tonnelbos met digte matte mos en vele verskeie varingspesies! 🌿
Waterstroompies en yskoue poele
Sonja neem van Ockie die mees klassieke foto deur n hol boomstomp...! (Kyk gerus self) 🤭😆
Klomp vars lug en heerlike geselskap!

Dankie julle klompie, dit was n groot voorreg en plesier 🥰👍🏻

Deel gerus jul foto's!

Sien jou volgende keer 😁👌🏻

n Vindingryke en gesellige oggend op Herbertsdale!? Dié ou-wêreldse dorpie het sy eie bekoring: n Eie-tydse leefstyl en ...
14/11/2025

n Vindingryke en gesellige oggend op Herbertsdale!?

Dié ou-wêreldse dorpie het sy eie bekoring:
n Eie-tydse leefstyl en hier en daar n mooi kerktoring, strate en huise uit toeka se dae en elkeen wat nesskrop kom vind hier behae
Die nostalgiese milieu kom raak aan jou hartsnare,
bring dit weer heimweë oor vervloeë ou jare
Elke tweede huis het n mooier bedding
en n sterk briesie vanoggend ons absolute redding
n Werfkat haas haar terug na haar plaas, maar die muis is skaars en die droogte bly baas!
Hier en daar lê daar n skoensool!
En om die draai
die ou plaasskool -
Ja dié is omskep in n oulike padstal met allerhande lekkernye hier te kry - in jou gedagtes nog die kindertjies wat dit hier op die skoolbanke uitstry!?

Herbertsdale is n plaas-lekker plek
En vir almal wat hier woon het ons baie respek!

Die yskoue lafenis het góéd afgegaan en toe moes ons elkeen mos weer huistoe gaan 🙏🏻😁

🌾🌾🌾🌾🌾🌾🌾

Dankie aan elkeen wat aan vanoggend se stap deel gehad het!

Geniet die foto's!

LEKKER RUS

13/11/2025
Wat noem hulle dit? Verbysterend! Dit was beslis n oggend wat hierdie klompie stappers nie sommer sal vergeet nie 😁👍🏻n P...
07/11/2025

Wat noem hulle dit? Verbysterend! Dit was beslis n oggend wat hierdie klompie stappers nie sommer sal vergeet nie 😁👍🏻

n Paar brawe en vasbyter-stappers het vanoggend die Bosbok'plus'-roete aangepak en ek glo, hulle het hulself bo verwagtinge oortref!?

Pragtig. Verbysterend. Absoluut die moeite werd, om elke draai! 11km, 364m total elevation, sirkelroete.

Mooiso julle, dit was n besonderse aangename oggend met die lieflikste mense!

Geniet en deel gerus jul foto's en LEKKER RUS!

Sien jou weer!? 🥰👋🏻

Deel 2
04/11/2025

Deel 2

Dit was n ongelooflike oggend en n ongelooflike roete!Ons was werklik dankbaar oor die koeler weer, ons kon eintlik nie ...
04/11/2025

Dit was n ongelooflike oggend en n ongelooflike roete!

Ons was werklik dankbaar oor die koeler weer, ons kon eintlik nie vir beter gevra het nie!

Honderde koningproteas en veldblomme in elke kleur! Voëlgesang en tot n Loerie gesien. Watervalletjies en voete natmaak by die Pepsi poele.

Dit was sommer bitter lekker!

Geniet die foto's dames, lekker rus en sien jou weer!

Hier is die vakansieprogram vol van lekker stappe (areas tussen Mosselbaai en Wilderness) vir die hele gesin om na uit t...
31/10/2025

Hier is die vakansieprogram vol van lekker stappe (areas tussen Mosselbaai en Wilderness) vir die hele gesin om na uit te sien!

Op Donderdag 11 Desember, skop ons af met die Monkey Swings oo die voet van die Outeniquas in George! Die kostes vir stappe beloop R100 per persoon en kinders tot 12jr oud is halfprys.

Ons maak gebruik van n w/a-groep vir alle kommunikasie:
https://chat.whatsapp.com/Enyyde93qLzIGev2NjXHp5

Volg die skakels wat gereeld op die groep gedeel word om vir die stappe in te skryf.

Ons sien daarna uit om jou daar te sien!

Mariàn Marais
0636977726
National Adventure Guide:
VENTURE BUTIK
CATHSSETA 613/C/188495

28/10/2025

Deel 2

Address

Garden Route
Garden Route

Telephone

+27636977726

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VENTURE BUTIK posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram