
26/06/2025
Ons is genomineer!
Ons deel graag die wonderland nuus dat ons genomineer is onder die "Best Funeral Service" onder die Professionele Dienste categories van die 'Best of George Readers Choice Awards'.
Woorde ontbreek om ons dankbaarheid te beskryf om op so n publieke platform erkenning te kry vir die dienste wat ons aan George en die Tuinroete gemeenskappe lewer.
Baie dankie aan diegene wat Olivier & Vermeulen Begrafnisdienste genomineer het.
Stem asseblief so:
Stap 1 - Kliek op die skakel: https://www.bestofgeorge.com
Stap 2 - Kliek op 'Vote'
Stap 3 - Kliek op 'Professional Services'
Stap 4 - Soek 'Best Funeral Service" en kliek op Olivier & Vermeulen Begrafnisdienste
Stap 5 - Gaan tot heel onder, vul jou besonderhede in, en stem!
Siedaar, so maklik soos dit.
Baie dankie aan elke familie, gemeenskapslid en verskaffer vir die vertroue wat u in ons het om tot diens te kan wees.
Ons is ongelooflik dankbaar.
Die Olivier & Vermeulen Begrafnisdienste span