14/03/2025
Liewe Klient,
Ek gaan vanaf *1 Julie tot Oktober* op *kraamverlof* en sal nie beskikbaar wees by die salon vir behandelings nie.
*Ek sal gedurend kraamverlof steeds beskikbaar wees vir produk bestellings, raad en enige navraag via whatsapp.*
Bestellings en produkte sal opgetel kan word by die salon. Courier sal ook steeds beskikbaar wees.
Reelings sal daarvoor met elke klient getref word.
Gedurend my kraamverlof sal *Urscha Meyers 1 week per maand beskikbaar wees by die Youniq skin.*
Indien meer aanvraag sal sy meer beskikbaar wees hier.
Urscha is n gekwalifiseerde Somatoloog!
Sy het ook jare se ervaring en ek los julle is baie bekwame hande in my tyd weg.
Sy kan en gaan help met alle behandelings tans beskikbaar by my salon. Sy sal ook help met produk veranderings, aanbeveelings, voorskrifte en raad.
Ek wil dit gerieflik maak vir elke klient van Youniq Skin sodat elke persoon rustig kan voort gaan met top kwaliteit behandelings en diens by Youniq Skin.
*Afsprake by Urscha gaan direk by haar gemaak word via Whatsapp.*
Datums wat sy beskikbaar gaan wees sal nog deur gegee word.
Maak asb jou afspraak by haar voorlopig sodra datums bekend is!
*Beperkte afsrake gaan beskikbaar wees!*
Ek sal my kosbare kliente in geen ander terapeut se hande vertrou as haar hande nie.
Indien daar enige vrae is kontak my gerus op whatsapp.
Baie dankie vir almal se ondersteuning en liefde.
Ek is so bevoorreg om met so n ongelooflike gemeenskap te kan werk elke dag!
Aangeheg is Urscha se pryslys asook kontak inligting.
Baie liefde
Elandie 🤍