Kilometers vir Ané

Kilometers vir Ané Ons wil hulle graag helpo met fondse insamel.

Ané is in 2015 gediagnoseer met kiem sel kanker, na baie chemo & behandelinge was sy vanaf 2019 in remissie, ongelukkig is Ané weer gediagnoseer met "Acute Myloid Leukemia".

19/03/2024

Hi julle. Ons was vir baie lank stil hier, Ané se mamma, Christel, kry nog al die pad chemo & bestraling & dit gaan soms nie so goed nie.

Sy het die volgende boodskap vandag gestuur:

My kanker het versprei na my brein toe en daar is n paar nuwe kolle op my longe. Dr wil so gou moontlik met chemo en radiasie begin. Wag net vir magtiging van medies af maar lyk of ek maandag al gaan begin.

Ek wil vra dat julle haar en haar gesin asb in julle gebede sal hou.

🤍

07/10/2022

Baie dankie vir elke gebed en boodskap. Almal wat vir Ane ken weet dat sy baie moed en uithouvermoe het. Maar ons besef dat God n groter plan met haar lewe het, en dat haar aardse tyd min raak. Ons gun haar om by Jesus se voete te gaan rus en kind te wees. Ons gaan nie enige boodskappe in die tyd verder antwoord. Wil graag die tyd saam met haar spandeer.

04/10/2022

Van af Ané se Pappa.

Dr’s het ons ingeroep, hulle kan niks meer doen vir Ane nie. Ons vra dat almal sal bid dat sy witnloedselle en plaatjies sal produseer en dat sy gesond sal word🙏🙏

Sal almal asseblief saam bid.

03/10/2022

Update:

Ane het deur die nag n nuwe traggie gekry en hul het n drynerings pyp in haar long gesit. 220ml vog het al uitgekom. Sy het plaatjies gekry en slaap nou rustig.

Dankie vir elkeen se gebede.

02/10/2022

Van af Christel, Ané se Mamma

Ane was vandag vir so uur wakker en regop gesit. Baie slym uit longe gesuig. Hul het haar morfien verminder. Drs het besluit om n nuwe sentrale lyn Dinsdag in teater in te sit en dan ook vir haar n ander traggie in te sit wat 2dele het. 1 wat permanent inbly en die ander deel kan vervang word sonder om die wond te beskadig.

Ons vra dat jul asb saam ons sal bid dat Ane se beenmurg bloed en plaatjies en witbloed selle maak.

Drs het besluit dat hul die Aspergilosis fungus sjirurgies sal moet verwyder. Maar voor hul dit kan doen moet haar bloed tellings eers beter wees.

Sy is steeds op die ventilator en ons bid rerig dat Liewe Jesus haar longe gou sal gesond maak

Please keep on praying!

Address

Sol Plaatjie

Telephone

+27715064561

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kilometers vir Ané posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share