28/09/2025
Goeie Dag almal - na aaneenhoudende toetse en konsultasies met my uroloog en ander uroloë het hulle tot op n gevolgtrekking gekom dat my nier funksie 100% is volgens bloed toetse en n CT scan met joduim , maar die onder deel van my nier het n kiem ontwikkel wat hulle gesien het in die uroscopy.Na verloop het die uroloog besluit om, wat hulle noem, n PUJ hersteling te doen. Dit is n soort antibiotika wat hulle direk in die nier inspuit wat die kiem neutraliseer. Terselfde tyd wil hulle n permanente stent in sit, wat lang termyn my beter gaan baat, omdat ek nog jonk is. Dan kan ek albei my niere be hou.Tot nou toe bly ek siek word met blaas infeksies en ek kan net soveel medikasie ineem om dit te onderhou.Die nadeel hiervan is dit kan net by n privaate hospitaal gedoen word en kos n klompie geld waarvan my medies net R22 000 dek. Ek sit met my hart aan die mou en vra enige persone wat kan help met donasies sodat ek die prosedure kan deur gaan en aangaan met my rehabilitasie.
My ouers help waar hulle kan maar hulle spaar fondse is nou ook opgedroog oor die laaste 11 maande.
Ek gaan die kwotasie hierop sit sodat almal dit vrylik kan sien. Ek is in die proses om my motorfiets te verkoop waarvan ek R40 000 terug kan kry as ek hom settle.
Dit is nie vir my lekker om vir hulp te vra nie maar ek het nie meer opsies nie .
Ek dank weereens almal wat aanhoudend bid en my ondersteun. Julle beteken meer vir my as wat julle d**k ❤️