06/12/2025
Kleine Parc het Vrydag behoorlik Kersfees in turbo-modus gevier! Vader Kersfees het met styl aangekom — nie in ’n slee nie, maar in sy golfkarretjie met flair, en hy het presente uitgedeel soos ’n ware Kerslegende. 🎅🚗💨
Elke klas was feestelik versier (ons d**k selfs die glinster het glinster gehad) en die opgewondenheid was so aansteeklik dat selfs die elfies sou jaloers wees. 💫
By Kleine Parc glo ons: ✨ Kersfees is ’n tyd om lief te hê en baie te lag
✨ ’n tyd van vrede, vreugde en ’n bietjie blink
✨ ’n tyd vir familie, vriende en kos… baie kos
✨ ’n tyd vir dankbaarheid en blye tydings
✨ ’n tyd vir saamwees, wonderwerke en warm harte ❤️
Ons wens vir elkeen ’n seisoen vol liefde, lig en ’n bietjie extra koekies! 🍪✨