Euan Besigheids- & Finansiële Dienste bk

Euan Besigheids- & Finansiële Dienste bk Euan bied KUNDIGHEID en PERSOONLIKE AANDAG in rekeningkundige dienste & finansiële bestuur, alle belasting, boedelbeplanning en besigheids-administrasie.

BENADERING
Euan voorsien kundigheid in die dissiplines van rekeningkundige & finansiële bestuur, belasting en alle aspekte van besigheids-administrasie, deur ons eie hulpbronne, of deur die kontraktering van strategiese vennote, wat voldoen aan die hoogste standaarde van professionaliteit en kundigheid in hulle gekose dissiplines. Deur voortgesette opleiding en navorsing verseker ons dat ons kenni

s en kundigheid berus op ‘n deeglike kennis van huidige praktyk, tegnieke en wetgewing. Op hierdie wyse word ons oplossings deurlopend beoordeel en aangepas soos nodig, om te verseker dit bly toepaslik vir ons kliënte en hulle omstandighede. Ons wil ook verseker, deur ons oplossings te ondersteun met professionele diens, geskoei op uitnemendheid, dat die kliënt ervaar dat sy belange en behoeftes voorkeur geniet en suksesvol gedien word – op hierdie wyse bou Euan langtermyn vennootskappe met ons kliënte. BESTUUR
Euan word bedryf onder die leiding van Joffré Papenfus, wat die onderneming gestig, en ontwikkel het met die visie om ‘n een-stop diens-oplossing te voorsien vir die behoeftes van klein- tot medium organisasies, in die dissiplines van rekeningkundige & finansiële bestuur, belasting en alle aspekte van besigheids-bestuur en -administrasie. Hy het omvangryke ervaring verkry in hierdie primêre dissiplines, deur die suksesvolle vestiging en groei van Euan sedert die jaar 2000, asook uit ‘n korporatiewe loopbaan van meer as 10 jaar, op alle vlakke van finansiële administrasie en –bestuur, sowel as logistieke- en algemene bestuur, sake-ontwikkeling en stelsel-implimentering. WAARDES
Euan se visie en strategie is gesetel in ons sleutel-waardes. Dit vorm die hoeksteen van ons organisasie, ons identiteit en ons strategiese visie om die een-stop oplossings-voorsiener van keuse te wees. INTEGRITEIT vereis dat ons die kliënt se belange en behoeftes voorkeur gee. Dit is belangrik dat ons kliënte dit daadwerklik ervaar. Dit is die grondslag vir ‘n noodsaaklike vertrouens-verhouding wat ons opbou met elke kliënt en rolspeler in ons onderneming. Integriteit skakel nou saam met etiek en omsluit ons waardes. INNOVERING is die sleutel tot die sukses van ons oplossings, dus ons voortbestaan – verandering is die enigste konstante faktor. Innovering vereis dat ons ‘n formele program van voortgesette opleiding volg – daardeur lê ons die grondslag wat verseker ons oplossings is gegrond in huidige praktyk en wetgewing, bly geskik vir ons kliënte se behoeftes en bly dinamies soos tye, behoeftes of omstandighede verander. Innovasie vereis dat ons te alle tye self-krities is in die deurlopende betrokkenheid by ons kliënte en die evaluëring van ons oplossings in praktyk, op sodanige wyse dat ons oplossings relevant en dinamies bly. PROFESSIONALISME verseker dat die kliënt altyd diens van hoogstaande gehalte, geskoei op kundigheid en uitnemendheid, van Euan ontvang. ETIEK is ‘n alomvattende ingesteldheid – dit kom tot uiting in ons algehele diens-benadering en interaksie met kliënte en ander rolspelers. Die kliënt moet ervaar ons diens-oplossings en advies word eerlik gebied, primêr in belang van die kliënt. Ons optrede spreek vanself – dit is noodsaaklik dat die kliënt ervaar Euan pas self die korrekte standaarde en reëls toe, voldoen self aan enige toepaslike voorskrifte en sal daarom verseker die kliënte voldoen. Die skakel met integriteit bind ons waardes.

Onder Kieswetter is SAID ongelukkig omsekp in 'n magsdronk instelling wat wetgewing ignoreer
22/08/2025

Onder Kieswetter is SAID ongelukkig omsekp in 'n magsdronk instelling wat wetgewing ignoreer

21/06/2025
10/06/2025

COIDA: Return of Earnings (ROE) Filing and Letters of Good Standing (LOGS) Validity: Further Extension

Werkgewers moet platvorms soos die gebruik om die misbruike te help oopvlek.Hierdie is, uit ervaring, 'n kader proses va...
02/02/2025

Werkgewers moet platvorms soos die gebruik om die misbruike te help oopvlek.

Hierdie is, uit ervaring, 'n kader proses van intimidasie van klein werkgewers

UIF TERS Audits: Employer survey

Ongelukkig is hierdie baie misleidend:Veral ouer sake wat SAID nie afhandel nie, word nou na derde party invorderaars ve...
18/11/2024

Ongelukkig is hierdie baie misleidend:

Veral ouer sake wat SAID nie afhandel nie, word nou na derde party invorderaars verwys;

Dit geskied kwaadwillig, want SAID hanteer nie geldige dispute nie, maar eis die geld.

Dit is voorts teen die bepalings van POPIA asook 'n oortreding van die Belasting Administrasie wet vir die SAID om privaat rekords te deel.

Hierdie sake (verwysings) moet asseblief na die Belasting Ombud verwys word, om sodoende die kommissaris se optrede te help stuit.

Explore how Sars is enhancing its strategies for tax debt collection and resolving disputes, with a focus on high-value taxpayers and improving compliance.

10/08/2024
06/08/2024

The alarming rise of human-operated ransomware poses a major threat to your organisation.

26/07/2024

Simple changes to company invoicing can result in a far higher percentage of paid invoices, quicker payment and ultimately better cash flow

Tegnies is die indiening van inkomstebelasting opgawes vanaf vandag.Ongelukkig kan die e-filing platvorm nie tans die vo...
15/07/2024

Tegnies is die indiening van inkomstebelasting opgawes vanaf vandag.

Ongelukkig kan die e-filing platvorm nie tans die volume van bedrywighede hanteer nie, soos telkens sedert c. 2016.

Terugvoere volg soos moontlik; soos in vorige jare geskied belasting e-filing take noodwendig buite normale werkure.

15 July 2024 – Prioritise your tax matters with SARS self-help channels! Filing Season 2024 for individual taxpayers opens today 15 July to 21 October 2024. Use the available SARS self-help channels, such as eFiling, the SARS MobiApp, SARS USSD (*134*7277) and the SARS Online Query System (SOQS), ...

Hierdie is baie basiese aangeleenthede wat tot foute aanleiding gee.Die rede is SAID wanvoorstellings in die media en va...
22/06/2024

Hierdie is baie basiese aangeleenthede wat tot foute aanleiding gee.

Die rede is SAID wanvoorstellings in die media en vals promosie van die e-filing platvorm.

Belasting het buitengewoon kompleks geraak;
E-filing is bloot 'n kanaal van indiening en skakeling.

Daarmee saam is die SAID instrumenteel in die befondsing van staats-uitgawes en die danksy ANC-kaders is die fokus op meer geld uit minderhede.

Dus word planmatig gepoog om belastingbetalers tot eie indienings te oortuig en so miljoene mense uit te buit deur die wortel van 72-uur terugbetalings -

meermale aansienlik minder as wat mense toekom !!

Before submitting your ITR12, check your tax return against this list of common errors and save yourself the time and hassle of setting things right. By Nyasha Musviba

Realistiese opsies ...Belangrik sal wees dat die staats-befondsde fondse privaat bestuur moet word.
13/06/2024

Realistiese opsies ...

Belangrik sal wees dat die staats-befondsde fondse privaat bestuur moet word.

Economist Dawie Roodt has proposed a way to provide healthcare for all of SA without the implementation of the NHI.

10/06/2024

This is a clear message to verify bank account details before paying

Address

Posbus 18822
Pretoria Noord
0116

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Euan Besigheids- & Finansiële Dienste bk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Euan Besigheids- & Finansiële Dienste bk:

Share