16/02/2023
WAT KINDERS GELEER HET:
1. Wanneer jou Ma kwaad is vir jou Pa, moenie dat sy jou hare kam nie of 'n Fransevlegsel maak nie.
2. As jou suster jou slaan, moenie terug slaan nie, hulle vang altyd die tweede persoon. Dis 'n gegewe!
3. Jy kan nie honde vertrou om jou kos op te pas nie. Ook nie katte nie, hulle het blykbaar hul eie tyd.
4. Moenie nies terwyl iemand jou hare sny nie.
5. Jy kan nie โn stukkie blomkool in jou glas melk wegsteek nie.
6. Die beste plek wanneer jy hartseer is, is op Ouma of Oupa se skoot.
7. Maak nie saak hoe jy die koeldrank meet nie, jou broer het altyd meer koeldrank as jy.
8. As daar lekker nagereg is moenie laaste by die bak uitkom nie.
9. Die yskas het 'n lig, maar nie die vrieskas nie.
10. Honde en katte hou ook nie van ertjies en wortels nie.
11. En jy wonder steeds hoekom kry jy nie muisflavour kat kos nie?
12. En hoekom is 'n boksRING Vierkantig?
๐ต๐ถ
WAT VOLWASSENES GELEER HET:
1. Om โn tiener groot te maak is soos om jellie aan โn boom vas te kap.
2. Jou ouers was reg toe hulle altyd gesรช het, โWag maar, jy sal verstaan as jy die dag kinders het.โ
3. Middeljare is wanneer jy jou ontbytgraan kies vir die vesel en nie die plesier nie.
4. Jy kry jou kinders uit die huis maar nie uit jou sak nie.
5. Geduld is toe nie net โn woord nie, dis inspanning.
6. Kinders grootmaak is nie vir sissies nie.
7. Selektiewe doofheid is nie โn fisiologiese gebrek nie maar โn verdedigings-meganisme.
8. Mens wonder hoekom jou kinders jou ander helfte se humeur en geite geรซrf het.
9. Tieners beskryf die ouderdom tussen tien en geduld.
10. Ouers word โdommerโ met elke generasie.
๐ถ๐ต
WAT DIE OUDERDOM ONS LEER:
1. Om oud te word, is verpligtend, om groot te word, is opsioneel.
2. Vergeet die gesondheidskosse, ek het al die preserveer middels nodig wat ek kan inkry !
3. Wanneer jy val, wonder jy wat jy nog alles kan doen terwyl jy daar onder lรช, sodat dit minstens die moeite werd was.
4. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde ken maar niemand doen die moeite om jou te vra nie.
5. Stadige verkeer as jy werk toe ry, wonder jy steeds hoekom noem hul dit spitsverkeer?