16/01/2025
Verdrinking/ nabye verdrinking..💦
Dit is ‘n groot hartseer om deur die Desember vakansie al die berigte te lees van verdrinkings wat plaasgevind het oor die feestyd, veral waar kinders betrokke was. Ons gaan vandag gou weer hierdie baie belangrike onderwerp bekyk. 🩺
🩺🩺🩺
Daar is gemiddeld van 1484 verdrinkings in Suid Afrika per jaar waarvan 29% van hulle in kinders onder 14 jaar gebeur.
In Suid Afrika is verdrinking een van die top vyf oorsake van onnatuurlike dood in kinders onder 15 jaar oud. Dit neem slegs 2.5cm water vir iemand om te kan verdrink en 4 minute sonder suurstof kan reeds lei tot permanente breinskade.
Die heel belangrikste deel van verdrinking is om die te probeer voorkom deur alle moontlike maatreëls te tref om dit te verhoed.
🩺🩺🩺
Patofisiologie van verdrinking: 🌊🏊♂️
💧Aanvanklik is daar ‘n gesukkel en gespartel in die water vir omtrent 20-30 sekondes (Meestal nie moontlik vir die kind om na hulp te roep nie aangesien asemhaling prioritiet inneem).
💧Kind gaan dan onder water (‘submersion’).
💧Kind probeer sy asem doelbewus ophou (gewoonlik omtrent 60 sekondes, soms langer).
💧Refleks inspiratoriese asemhaling vind dan plaas met aspirasie (inaseming) van water wat die hoes refleks veroorsaak en dan lei tot laringospasma (lugpyp wat toetrek).
💧Respiratoriese belemmering lei dan tot hipoksie (verlaagde suurstofvlakke), hiperkarbie (verhoogde koolstofdioksiedvlakke) en asidose.
💧Die hipoksie veroorsaak dan dat die laringospasma verminder en water word dan verder ingeasem.
💧Pulmonale surfaktant word dan uitgewas uit die longe en die endoteel van die pulmonale kapillêre word versteur.
💧Alveoli val plat, pulmonale edeem en pulmonale hipertensie ontwikkel.
💧Serebrale (brein) hipoksie lei dan na verlies van bewussyn en apnee (ophou asemhaal).
💧Hipoksie lei tot multi-orgaan skade en orgaanversaking.
💧Kardiale agteruitgang met bradikardie (lae hartspoed) en hipotensie (lae bloeddruk) as gevolg van hipoksie lei tot kardiale arres (hartstilstand).
🩺🩺🩺
Wat om te doen indien jy in die ondenkbare situasie is: 🚑🚩
✅Vroeë en effektiewe BLS (Basic life support) verminder die morbiditeit en mortaliteit drasties en is ongelooflik belangrik om so gou as moontlik te begin.
✅Bel/roep vir hulp so gou as moontlik, stoor asseblief die nodige noodnommers op jou foon, jy kan jou foon op ‘speaker’ hou terwyl jy praat en besig is met die kind.
✅‘Rescue breaths’ moet so gou as moontlik toegedien word, selfs al is die kind nog in die water.
✅Gee 5 goeie ‘rescue breaths’ , maak seker as dit ‘n klein kind is dat jou mond oor die kind se mond en neus is andersins as dit ‘n groter kind is, gee die asemhalings deur die mond terwyl jy sy neus toedruk vir al die lug om in die longe te gaan. Maak seker jy het ‘n goeie seël en maak seker jy sien goeie ‘chest rise’.
✅Om die lugweg oop te maak kan jy die kind se kop in die ‘sniffing’ posisie of die ‘head tilt, chin lift’ posisie hou, afhangend van die ouderdom, maar moet dit nie doen indien ‘n nekbesering vermoed word nie.
✅Na die 5 ‘rescue breaths’, indien daar geen reaksie is nie en jy geen pols voel nie, begin onmiddelik met CPR (Borskaskompressies). Onthou ‘n baie stadige pols (onder 60 per minuut) vereis ook borskaskompressies.
✅Doen 30 kompressies gevolg deur 2 asemhalings (indien daar hulp is, dus 2 of meer persone), kan jy die ‘ratio’ verander na 15 kompressies en 2 asemhalings.
✅Die kompressies:
✅Vir ‘n klein kind/baba (gewoonlik onder 1jr oud) kan jy twee vingers gebruik of jou hande om die bors sit en jou duime gebruik . Vir ‘n groter kind kan jy die agterste deel van die palm van jou een hand gebruik en vir ‘n nog ‘n groter kind kan jy beide hande gebruik soos met ‘n volwassene.
✅Kompressies word gedoen op die onderste helfte van die borsbeen (sternum), die diepte van kompressies is gewoonlik 1/3de van die borskas .
✅Die spoed is omtrent 120 kompressies per minuut.
✅Maak seker dat jy konstant aanhou met die kompressies en asemhalings en nie stop nie (onthou jy haal fisies vir die kind asem en jy laat sy hart klop).
✅Moenie bekommerd wees dat jy dalk onnodig kompressies doen of te hard druk nie, dit is baie skaars dat kompressies nadelig sal wees in hierdie situasie.
✅Moenie die water uit die maag of longe probeer kry op hierdie stadium nie, fokus jy net op die kompressies en asemhaling.
✅Indien die kind reageer of opgooi, draai hom/haar of hulle linkersy en maak seker dat hulle goed asemhaal.
✅Indien geen reaksie nie, hou aan met kompressies en asemhaling tot ekstra hulp/professionele hulp beskikbaar is.
✅Moet nooit ophou nie.
🩺🩺🩺
Wat kan ek doen om verdrinking te voorkom: 🦺💦
🚩Omhein asseblief jou swembad, en sit ‘n veiligheidsnet bo-oor.
🚩Maak maar ouma se visdammetjie ook vir eers toe met ‘n net.
🚩Kinders kan regtig in minimale hoeveelheid water verdrink so tap maar die bad uit as julle klaar gebad is, maak die skottel leeg.
🚩As julle op ‘n boot is maak seker daar is ‘life jackets’ wat jouself en jou kind sal pas.
🚩Die heel belangrikste is om altyd jou kind bitterlik mooi dop te hou indien daar oop water is, hetsy die see, swembad of enige ander plek. Maak seker jy hou hom/haar soos ‘n valk dop...los maar vir eers jou foon of jou storieboek. Onthou dat verdrinking is ‘n stil proses, jou kind gaan nie noodwendig jou kan roep as hy/sy in die moeilikheid is nie.
🚩Wees versigtig in baie besige waterparke, weereens stap maar saam na elke ‘slide’ en maak seker jy hou jou kind fyn dop.
🚩Kies mooi helder swemklere vir jou kind.
🚩Moenie staatmaak op 'arm floaties, puddle jumpers' ens nie, kinders kan steeds verdrink met dit. Baie van hierdie items word nie aanbeveel deur die American Paediatric Association nie, die enigste een wat wel aanbeveel word is ‘n goedpassende ‘life jacket’.
🚩As julle by die see is maak seker jou kind swem tussen die vlaggies waar daar lewensredders is en maak seker jy as ouer hou hom/haar nogsteeds die heeltyd dop! Niemand kyk beter as ‘n ouer nie. Maak seker jy het die NSRI se noodnommer ook op jou foon.
🚩Swemlesse is baie belangrik, en is ‘n ongelooflike belangrike ‘lifeskill’ om te hê. Jy kan al by sommige swemskole van so vroeg soos 6 maande af begin, maar die algemene konsensus is 1 jaar.
🚩En laastens, maar seker die belangrikste vir ouers, gaan asseblief vir ‘n basiese noodhulp kursus. Dit kan regtig so ‘n groot verskil maak. Moenie uitstel nie, probeer dit so vroeg as moontlik doen sodat jy voorbereid is om te kan help in enige situasie.
🩺🩺🩺
Disclaimer: 🛑
'The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your doctor. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition.'
Liefde en vrede
Dr Myra Jane Hattingh