
04/04/2025
In Liefdevolle Herinnering aan Theuns Botha.
Dit is met groot hartseer dat ons moet afskeid neem van 'n legendariese mens, die stigter van Peninsula Funerals, wat ons verlaat het op die ouderdom van 81. 'n Ware pionier in ons gemeenskap. Hy het sy lewe daaraan gewy om deernisvolle sorg en ondersteuning aan gesinne te bied tydens hul moeilikste tye.
Hy sal onthou word vir sy deursettings vermoë, die opofferings wat hy deur gegaan het en sy toewyding tot ons familie en familiebesigheid.
Hy sal onthou word vir sy onwrikbare liefde en ondersteuning vir sy familie, veral sy lewensmaat, sy vroutjie, Marie.
Rus in vrede.
Jou nalatenskap sal vir altyd voortleef in ons harte.