30/01/2025
Saterdag 25 Januarie 2025 woon ek my vriendin se 50ste verjaarsdagviering by. Ek het nogal gedink dit gaan lekker wees, maar die oggend kuier by Flower Café was toe een vir die boeke! In die hartjie van Paardeneiland, is hierdie oase. Mens ontspan, mens ruik en sien en voel die blomme, oftewel flowers,foliage&fillers! Ons het elkeen ‘n aanmekaar gesit. Soveel vreugde!
Jy hoef nie te gaan vir n partytjie nie, gaan drink ‘n koffie met jou Niggie, Sussie of Vriendin, gaan op jou eie en lees ‘n boek of gaan doen ‘n stukkie werk…! Of woon ‘n blommeklas by en leer van die “language of flowers”! Ek het nooit geweet blomme was die besigheidskaartjie in die 18de eeu nie! flowercafect Thank you to the Fabulous V for hosting us!