Abra-kedabra Crèche

Abra-kedabra Crèche Abra-kedabra Crèche - Waar drome en verbeelding begin...

08/01/2026

Ervaar top kindersorg en opvoeding by Abra-Kedabra Kleuterskool in Bellville, Kaapstad. Ons sorg vir kleintjies vanaf 3 maande tot Graad R met 'n liefde vir kinders en holistiese ontwikkeling.

08/01/2026

SKOOL Aflaai : the fears and tears 🩵

‘N Nuwe skooljaar bring vir baie gesinne ’n groot oorgang. Vir sommige kinders (en ouers) beteken dit in die volgende week is die eerste afskeid by die skool na ’n lang tyd tuis. Hierdie oomblik van skeiding kan emosioneel intens wees en is ontwikkelingsgewys heeltemal verstaanbaar.

Baie ouers ervaar self spanning tydens aflaai, en kinders toon dikwels hartseer, angs of verlange. Dit is nie ongewoon om trane by kinders én ouers te sien nie. Weet gerus: julle is nie alleen nie, en hierdie reaksies is by baie gesinne deel van ’n normale aanpassingsproses.

Waarom gebeur dit?

Vanuit ’n ontwikkelingsperspektief is skeidingsangs ’n normale reaksie, veral by jonger kinders. Dit hou verband met gehegtheid, die behoefte aan veiligheid, en die kind se vermoë om oorgange en onsekerheid te hanteer. Die intensiteit en duur verskil egter van kind tot kind.

’n Paar praktiese wenke:

1. Voorbereiding en voorspelbaarheid
Berei u kind vooraf voor vir die skool. Gesels oor positiewe aspekte soos maats, speeltyd, sport, musiek of sang. Betrek hulle by praktiese take soos tasse pak en kosblikke regmaak. Deelname bevorder ’n gevoel van beheer en emosionele gereedheid.

2. Roetine en struktuur
Sorg vir ’n konsekwente aand- en slaaptydroetine. Navorsing toon dat roetine kinders help om veilig te voel, oorgange beter te hanteer en emosionele regulering te ondersteun. Voorspelbaarheid verminder angs.

3. Erken individuele verskille
Elke kind ontwikkel teen sy of haar eie tempo. Vermy vergelykings tussen kinders, aangesien dit onnodige druk en onsekerheid kan skep.

4. Kort, duidelike afskeid
Onderwysers vra dikwels vir die sogenaamde “get in and get out”-benadering. Gee af, groet liefdevol en loop. Al is u kind ontsteld, is ’n lang, uitgerekte afskeid gewoonlik meer ontwrigtend.
Wanneer die onderwyser die troos oorneem, kan die kind begin om ’n veilige verhouding met die persoon te bou wat deur die dag vir hulle sorg. Hoe langer ouers bly, hoe moeiliker word die skeiding en hoe meer emosie bou op wat later verwerk moet word.
Baie onderwysers rapporteer dat kinders dikwels binne minute ná die ouer se vertrek weer kalmeer.

5. Wissel die aflaairoetine indien nodig
Indien die skeiding baie ouer-spesifiek is, kan dit help as ’n ander ouer die kind aflaai (waar moontlik). Soms verlig dit die spanning merkbaar.

6. Verseker en benoem die dag se roetine
Herinner u kind daagliks aan wat gaan gebeur, byvoorbeeld:
“Na skool kom mamma jou haal, en dan bou ons saam legkaarte.”
Duidelike verwagtinge, roetine en struktuur verminder onsekerheid en bevorder emosionele veiligheid.

Ten slotte

Hierdie is algemene riglyne. Sommige kinders benodig meer tyd of ekstra ondersteuning om aan te pas. Indien aflaai-angs aanhou of vererger, is dit raadsaam om hulp in te win by ’n ervare onderwyser, berader of sielkundige. Vroeë ondersteuning kan ’n groot verskil maak.

Vriendelike groete
Dr S

31/12/2025
Raak deel van die Abra-Kedabra familie. Ons het nog 'n paar plekke beskikbaar vir 2026. 🤩3 maande tot Graad R🤩Die MOS In...
09/12/2025

Raak deel van die Abra-Kedabra familie. Ons het nog 'n paar plekke beskikbaar vir 2026.

🤩3 maande tot Graad R🤩

Die MOS Inisiatief

Ervaar top kindersorg en opvoeding by Abra-Kedabra Kleuterskool in Bellville, Kaapstad. Ons sorg vir kleintjies vanaf 3 maande tot Graad R met 'n liefde vir kinders en holistiese ontwikkeling.

Ons het sommer gebraai vandag! Ons is MOS trots op ons land!
05/09/2025

Ons het sommer gebraai vandag! Ons is MOS trots op ons land!

  by Abra-kedabra CrècheSpringboks, ons begin nou al skree vir môre oggend se wedstryd. Ons hou vir julle duimvas en sta...
05/09/2025

by Abra-kedabra Crèche

Springboks, ons begin nou al skree vir môre oggend se wedstryd. Ons hou vir julle duimvas en staan bankvas agter ons WENSPAN!
🇿🇦

Address

Malibu Street
Bellville
7530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Abra-kedabra Crèche posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Abra-kedabra Crèche:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram