22/05/2026
Ons deel saam in die positiewe energie wanneer respek en intigriteit en goeie sportmansgees die gemeenskap saambind om die veld. Ons vier ook die karaktergroei wat n verloor soms bring en wanneer beserings en siektes n speler langs die veld laat beland as sy hart nog op die baan is. Wat n voorreg om die pad saam te stap met hierdie warm Oos Vrystaat gemeenskap!