11/12/2025
Het jy dalk laas week se Kersmark misgeloop? Of kort jy nog ietsie klein om 'n Kersgeskenk spesiaal te maak?
🎄
Moenie bekommer nie! Ons Tuiste se Kreatiewe-Klub het steeds 'n paar produkte te koop! Alle produkte is handgemaak deur inwoners van Ons Tuiste.
Kom maak gerus 'n draai by die Kreatiewe Kamer in Ons Tuiste tot en met Vrydag, 19 Desember 2025. Hoop om jou binnekort hier te sien.
Of, stuur 'n boodskap na Lize @ 063 050 1183, om produkte vir jou uit te hou.
🎄