09/01/2026
Ons is opgewonde om die bekendstelling van Brave Heart Tiener Groepe in 2026 aan te kondig!
Hierdie groepe word aanlyn 🌐 én in persoon 🙋🏻♂️ aangebied en fokus op:
✨ Karakterbou
✨ Selfvertroue-ontwikkeling
✨ Leierskapvaardighede
✨ Emosionele bemagtiging
Ons doel is om tieners lewensvaardig en emosioneel sterk te maak vir die wêreld vol uitdagings, waarin hulle leef.
🔗 Hoe skakel jy in?
1️⃣ Ouers:
Registreer en betaal R150 via ons webwerf:
🌐 https://natasjarowe.co.za/brave-hearts/
Sluit daarna ook aan by ons WhatsApp ouer groep:
✉️ https://chat.whatsapp.com/IJLo5nSAxZb0bNmpRL6ekA
2️⃣ Tieners:
Registreer self via WhatsApp deur die QR-kode op die advertensie te skandeer indien ouer hulle reeds geregistreer het
➡️ Onder Community, dui asseblief aan:
Jou ouderdomsgroep
Of jy 🌐 aanlyn of 🙋🏻♂️ in persoon gaan deelneem. ( Aanlyn opsies kom later.)
Hierdie sessie is ’n eerste inligtings- en bekendstellingsessie.
Registrasie is noodsaaklik vir beplanning.
📍PLEK sal aangekondig word op Whatsapp groepe
Indien jou kind aanklank vind by die konsep en opgewonde voel, sal hulle die geleentheid hê om verder deel te neem aan opvolg-werkswinkels. Meer inligting volg.
Ons sien baie daarna uit om hierdie jong harte te ontmoet en saam met hulle te stap op hul reis van groei en selfontdekking.