20/04/2026
Gelukkige verjaarsdag aan Jaco Smith, stigter van Jaco Smith Elite Begrafnisgroep. 🎉
Dankie vir jou besonderse mooi menswees en die wyse waarop jy ons gemeenskap daagliks met liefde, deernis en opregte passie bystaan. Jou hart vir mense, veral in hul moeilikste tye, maak ’n diep en blywende verskil in soveel lewens.
Mag jou nuwe lewensjaar oorvloedig geseën wees met gesondheid, vrede en voorspoed. Mag jy altyd onthou dat jy self geseën is om ’n seën vir ander te wees.
Baie seën en geluk vir die jaar wat voorlê. 🙏