Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof

Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof Akkommodasie vir bejaardes wat nie onafhanklik in die gemeenskap kan woon nie.

Kortom 21 April 2026 - https://www.rsg.co.za/rsg-fm/Hier is n potgooi wat gisteraand op RSG uitgesaai is oor Phillip de ...
22/04/2026

Kortom 21 April 2026 - https://www.rsg.co.za/rsg-fm/

Hier is n potgooi wat gisteraand op RSG uitgesaai is oor Phillip de Bruin alias Popey, n Griekwa rugby speler wat in JKT gebly het en 2018 oorlede is.
Luister gerus. potgooisnitte/kortom-21-april-2026/

De Klerk Oelofse lees drie nostalgiese kortverhale voor uit Dana Snyman se bundel, Wie de hel is J***y Joubert: Notas van ’n rugbyliefhebber: POPEY DE BRUYN, PLIG en JOHAN DE BRUYN.

Vrydag het almal hulle gate uitgeniet im n plantjie te plant om in hul kamers te versorg. Wat n voorteg het ons om nog s...
16/04/2026

Vrydag het almal hulle gate uitgeniet im n plantjie te plant om in hul kamers te versorg. Wat n voorteg het ons om nog sulke dinge te kan doen. Dankie vir jul dpan wat elke Vrydag so gewillig iets aanbied. Jul word waardeer.

Verlede Vrydag is daar met groot konsentrasie kruise ingekleur net om ons te herinner dat Jesus vir ons sondes aan die k...
03/04/2026

Verlede Vrydag is daar met groot konsentrasie kruise ingekleur net om ons te herinner dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het en die derde dag opgestaan het om vir ons plek te gaan berei in die hemel.

Koster Tuiste vir Bejaardes beskik oor 'n nuwe pos vir 'n Maatskaplike Werker. Doen gerus aansoek indien u belangstel en...
29/03/2026

Koster Tuiste vir Bejaardes beskik oor 'n nuwe pos vir 'n Maatskaplike Werker. Doen gerus aansoek indien u belangstel en aan die posvereistes voldoen.

Vrydag is almal se Bybelkennis bietjie opgeskerp met interessante feite en vrae.
24/03/2026

Vrydag is almal se Bybelkennis bietjie opgeskerp met interessante feite en vrae.

Bloemhof gekombineerde skool het November verlede jaar n “carols by candle light” aand gehou te bate van JKT. Vrydagaand...
15/02/2026

Bloemhof gekombineerde skool het November verlede jaar n “carols by candle light” aand gehou te bate van JKT.
Vrydagaand is almal baie bederf met n heerlike ete van gebraaide skaaptjops, wors en slaaie asook heerlike vrugteslaai met roomys.
Dankie aan Elmarie, die staf en komuis personeel wat dit n uitstaande aand gemaak het vir al die inwoners by JKT
Dankie ook aan Cynthia en Irené ( Adviesraadslede) wat die tafels so mooi versier het.

Ons is só opgewonde en terselfdertyd só dankbaar!!N weldoener is besig om die kamers in die Altzheimer gang oor te doen....
15/02/2026

Ons is só opgewonde en terselfdertyd só dankbaar!!
N weldoener is besig om die kamers in die Altzheimer gang oor te doen.
Die een muur van die sitkamer is met diere versier.
Die kamers kry elk hul eie tema van muur “skildery”, duvet oortreksel en gordyne.
Dis vir ons n riem onder die hart vir alles wat hier gedoen word.
Ons het nie woorde om ons dank uit te spreek nie. Ons kan net sê: DANKIE!!🙏🙏🙏

Hou die spadie dop tot al die kamers voltooi is.

Valentysdag!!Almal was baie opgewonde, want dit was weer tyd dat elkeen sy eie “cup cake” kon versier en dan eet!Daar wa...
15/02/2026

Valentysdag!!
Almal was baie opgewonde, want dit was weer tyd dat elkeen sy eie “cup cake” kon versier en dan eet!
Daar was baie pret met die versiersuiker en al die ekstras om dit bo-op te versier. Moet nie van die hartjie vergeet om te sê wees lief vir mekaar nie
Dankie aan die bestuur van die Samesyn dat julle almal so bederf.

Vrydag is daar baie hard gedink met stomstreke wat aangebied is.  Al die lede geniet al die aktiwiteite. Vrydae is n hoo...
04/02/2026

Vrydag is daar baie hard gedink met stomstreke wat aangebied is. Al die lede geniet al die aktiwiteite. Vrydae is n hoogtepunt by elke Samesyn lid.
Baie dankie aan die bestuur wat elke Vrydag so getrou op hul pos is. Ons is baie dank aan jul verskuldig.

Vrydag was daar groot opgewondenheid want almal kon sien hoe lyk hul geparste blommetjies wat hul al verlede jaar gepars...
26/01/2026

Vrydag was daar groot opgewondenheid want almal kon sien hoe lyk hul geparste blommetjies wat hul al verlede jaar gepars het.
Nou moet dit geplak word.
Kyk net hoe mooi het elkeen se boekmerk gekom.
Wonderlik om so met die skepping se materiaal te werk.
Dankie aan Ronel wat voorgevat het en al die ander helpers. Ons waardeer julle!

Vrydag het die Samesyn vir 2026 afgeskop met heerlike samesang gelei deur pastoor Joubert van der Linde op sy kitaar en ...
21/01/2026

Vrydag het die Samesyn vir 2026 afgeskop met heerlike samesang gelei deur pastoor Joubert van der Linde op sy kitaar en n kragtige boodskap gelewer het. Ons bedank hom daarvoor.
Dan het Elmari Guy, voorsitter van die Samesyn haar enkel gebreek. Ons bid haar n vinnige herstel toe.

Donderdagaand is n klompie inwoners baie bederf deur eers na die danwal te ry vir n groep foto. Daarna het ons deur die ...
21/12/2025

Donderdagaand is n klompie inwoners baie bederf deur eers na die danwal te ry vir n groep foto. Daarna het ons deur die hoofstraat gery om al die pragtige mure wat tydens die mooi maak van Bloemhof dorp van die jaar, geverf is te aanskou.
Daarna het ons die kersliggies in die dorp gaan besigtig.

Baie dankie aan Albert en Augusta Nel wat gereel het vir die vervoer en die mense wat die inwoners opgelaai het. Baie dankie ook aan OK FOODS vir die bederf pakkie wat ontvang is. Ons waardeer dit alles uit die diepte van ons harte.

Address

Malherbe Straat 20
Bloemhof
2660

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share