Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof

Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof Akkommodasie vir bejaardes wat nie onafhanklik in die gemeenskap kan woon nie.

Vrydag het die Samesyn vir 2026 afgeskop met heerlike samesang gelei deur pastoor Joubert van der Linde op sy kitaar en ...
21/01/2026

Vrydag het die Samesyn vir 2026 afgeskop met heerlike samesang gelei deur pastoor Joubert van der Linde op sy kitaar en n kragtige boodskap gelewer het. Ons bedank hom daarvoor.
Dan het Elmari Guy, voorsitter van die Samesyn haar enkel gebreek. Ons bid haar n vinnige herstel toe.

Donderdagaand is n klompie inwoners baie bederf deur eers na die danwal te ry vir n groep foto. Daarna het ons deur die ...
21/12/2025

Donderdagaand is n klompie inwoners baie bederf deur eers na die danwal te ry vir n groep foto. Daarna het ons deur die hoofstraat gery om al die pragtige mure wat tydens die mooi maak van Bloemhof dorp van die jaar, geverf is te aanskou.
Daarna het ons die kersliggies in die dorp gaan besigtig.

Baie dankie aan Albert en Augusta Nel wat gereel het vir die vervoer en die mense wat die inwoners opgelaai het. Baie dankie ook aan OK FOODS vir die bederf pakkie wat ontvang is. Ons waardeer dit alles uit die diepte van ons harte.

Ons plaaslike skool het die inisiatief geneem om n “Carols by candle light” aan te bied en die fondse aan JKT te skenk o...
11/12/2025

Ons plaaslike skool het die inisiatief geneem om n “Carols by candle light” aan te bied en die fondse aan JKT te skenk om die inwoners te bederf vir n ete rondom Kersfees.
Aangesien so baie inwoners gaan kuier het word dit oorgedra na Jan/Februarie 2026.
PB Laas, met n wonderlike stem, ook n oud leerling van die skool het opgetree as sanger vir die aand. Twee van die skool se dogters het ook elk n kerslied gesing

Baie baie dankie aan die skool en veral Juf Lauren wat die inisiatief geneem het vir die reëlings. Die dagbestuur van die skool het die pragtige bedrag van R4200 aan JKT kom oorhandig. Ons innige hartlike dank aan hulle.

So met die laaste paar stuiptrekkings van die jaar gaan die Samesyn nog voort. Hier oefen hulle om bietjie soepel te bly...
11/12/2025

So met die laaste paar stuiptrekkings van die jaar gaan die Samesyn nog voort.
Hier oefen hulle om bietjie soepel te bly. Dan word daar uit volle bors gesing aan die bekende Kersliedere en dit op sifself bring baie nostalgie terug uit mens se vervloëe dae.

Ons is opsoek na 'n geskikte kandidaat vir die posisie as Toesighouer oor die voedsel- en huishoudingdienste by Japie Kr...
01/12/2025

Ons is opsoek na 'n geskikte kandidaat vir die posisie as Toesighouer oor die voedsel- en huishoudingdienste by Japie Kritzinger Tehuis. Doen gerus aansoek indien u belangstel, en aan al die posvereistes voldoen. Keerdatum 5 Januarie 2026

Saterdag het JKT hul mini-basaar gehou. Hier open Ds Francois du Plooy die verrigtinge met Elmarie die Bestuurder wat al...
01/12/2025

Saterdag het JKT hul mini-basaar gehou. Hier open Ds Francois du Plooy die verrigtinge met Elmarie die Bestuurder wat alles verduidelik.
Die kostafels, wit olifant tafel en natuurlik die help my krap tafel en spin n wiel tafel het baie aftrek gekry.

Een van ons verpleegsters het met haar krap by die help my krap tafel die groot prys van n skaap losgekrap. Daar was baie vreugde oor die spesiale prys. Baie geluk Lydia. Ons is saam met jou bly.

Ons is dankbaar vir elkeen se bydra en almal wat gehelp het om n sukses daarvan te maak.

As dit by handwerk kom is dit een van die gewildste aktiwiteite wat ons Samesyn lede doen. Hier het elkeen n sonvanger u...
27/11/2025

As dit by handwerk kom is dit een van die gewildste aktiwiteite wat ons Samesyn lede doen. Hier het elkeen n sonvanger uit n CD gemaak. Die oggend was vol kreatiewe idees.
Hier is n paar voorbeelde van die oulike idees.

Die kleuterskool het ons Samesyn lede kom vermaak met hul danspassies. Dit is altyd so lekker om die kleutertjies dop te...
27/11/2025

Die kleuterskool het ons Samesyn lede kom vermaak met hul danspassies. Dit is altyd so lekker om die kleutertjies dop te hou wat vol energie is. Dit laat elkeen terug d**k aan hulle eie kinders se klein tyd.

So leer die Samesyn lede van die hemelruim. Andria, het dit di mooi uiteengesit en mens besef weer die grootheid van God...
16/11/2025

So leer die Samesyn lede van die hemelruim. Andria, het dit di mooi uiteengesit en mens besef weer die grootheid van God wat alles geskape het en nog steeds die heelal in die holte van Sy hand hou.
Na die skyfie vertoning het sommige ingekleur en ander het n raaisel met inkleur voltooi wat n baie oulike figuur word
Dit was n genoeglike oggend. Baie dankie aan die bestuur en moet ook nie die verversings vergeet nie! Dis altyd n hoogtepunt.

Vrydag met die afsluiting van die kwartaal se verrigtinge by die Samesyn het elkeen n “ paint by number” vel papier gekr...
06/10/2025

Vrydag met die afsluiting van die kwartaal se verrigtinge by die Samesyn het elkeen n “ paint by number” vel papier gekry. Groot was die verrassing toe al die blokkies ingekleur is om te sien watter figuur daar te voorskyn kom.
Daar is elke keer iets nuuts om te leer! Dankie Elmari vir jou vindingrykheid.
Toe word daar met n heerlike roomys afgesluit wat lip-lek-lekker was.

  Hier is die Bundu Bash prysuitdeling. Dankie vir elke delknemer!!
05/10/2025



Hier is die Bundu Bash prysuitdeling.

Dankie vir elke delknemer!!

Address

Malherbe Straat 20
Bloemhof
2660

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram