20/11/2025
🌸 ’n Spesiale Afskeid aan Anet 🌸
Hierdie week is ’n bittersoet een vir ons by Dr Steyn se praktyk, want dit is Anet se laaste week saam met ons.
Agt jaar gelede het Anet begin as Daleen se PA, waar sy vinnig deel van die hartklop van die praktyk geword het. Daarna het haar rol verskuif na Riaan se regterhand op die plaas, waar sy speels die titel van “voorman” met trots en grasie gedra het. En die afgelope twee jaar was dit lekker om haar weer hier by die praktyk te hê — altyd rustig, altyd met ’n sagte glimlag.
Nou breek haar langverwagte tyd van aftrede aan — ’n nuwe seisoen waarin sy uiteindelik kan doen waarvan sy die meeste hou:
🌿 meer ure in haar tuin
🎣 meer dae by die viswater
💗 meer tyd om net te wees en te lees.
Anet, jy het ons almal geleer om meer geduldig, lankmoedig en teenwoordig te wees. Jou kalm gees en mooi menswees laat ’n merk wat lank sal bly.
Mag hierdie nuwe hoofstuk vir jou so kleurvol wees soos die mooiste blomme in jou tuin. 🌺
Geniet elke oomblik — jy verdien dit. 🤍