Pierre Ecohealth Products Marié

Pierre Ecohealth Products Marié Natural health, skin health, animal health.

21/09/2025
21/09/2025

Die voordele van Fulvic suur sluit die volgende in:

1. Versterking van die Immuunstelsel: Dit bied beter beskerming teen siektes en infeksies.

2. Beter Gebalanseerde Bloedglukose: Help om stabiele bloedglukosevlakke te handhaaf.

3. Herleefde Energie: Verhoog algehele energievlakke.

4. Verminderde Inflammasie: Help om inflammasie en vrye radikale skade te verminder.

5. Versnelde Hersteltyd: Versnel die herstel van spier- en gewrigspyne.

6. Beter Oksigenasie: Verbeter die aflewering van suurstof in die liggaam.

7. Suiwering van die Liggaam: Help met ontgiftigingsprosesse.

8. Vermindering van Gesondheidsrisiko's: Verminder gesondheidsrisiko's wat met swaarmetale geassosieer word.

9. Verbeterde Konsentrasie: Ondersteun kognitiewe funksie en konsentrasie.

10. Verhoogde Metabolisme: Help om metaboliese prosesse te verhoog.

Fulvic suur is ook bekend vir sy merkwaardige biologiese eienskappe, wat dit voordelig maak vir spysvertering, selgesondheid, breinfunksie, opname van voedingstowwe en die verwydering van toksiene. Dit het anti-inflammatoriese, antibakteriese, antimikrobiese, antifungale en antivirale eienskappe.

Swanger vroue en vroue wat borsvoed moet liefs nie Fulvic acid gebruik nie.

90 Capsules – R140

100ml Spray – R65

250ml Spray – R120

250ml Liquid – R91

500ml Liquid – R147

WhatsApp Karin van Niekerk 0824660389 om te bestel.

Haarverlies / Jeuk / KrapInleidingDaar is baie vrae op die Pierre@Dieregesondheid Facebookblad oor haarverlies, jeuk en ...
15/09/2025

Haarverlies / Jeuk / Krap
Inleiding

Daar is baie vrae op die Pierre@Dieregesondheid Facebookblad oor haarverlies, jeuk en krap van verskeie honderasse.

Wat is die moontlike oorsake?

Daar is verskillende oorsake. Die belangrikste is waarskynlik te vind in voeding. Voedingstekorte dra by tot die vestiging van myte en die vestiging van negatiewe of slegte bakterie op die vel. Verkeerde tipe sjampoes wat die Ph balans versteur en ook nodige natuurlike voordelige olies uitwas. Vlooie speel ʼn belangrike rol en dan ook verskeie bakteriese siektes. Demodektiese myte se werking kan diere histeries laat krap. Omlope by veral jonger honde ook.

Lees daarom die volgende skrywes ook:

Oormyte
Bakteriese velsiektes
Voedsel se rol in allergie
Allergiese reaksies weens vlooibyte
Wurms se rol in swak immuniteit

Hondekosse se rol in haarverliese en allergiese reaksies

Haarverliese by mense wat nie geneties geneig is om bles te word nie, verduidelik die Wetenskap in die algemeen dat daar belangrike minerale en vitamienes wat die hare en naels (keratien) moet voed, nie by wortels en haarwortels se groeipunte uitkom nie.
Dieselfde oorsake is ook van toepassing by honde en kan haarverlies ook moontlik toegeskryf word aan onvoldoende opnames van belangrike minerale en vitamienes in die dieet.
Die vraag wat hier belangrik is, is waarom nie? Wat is die oorsaak? Hoekom neem die liggaam dit nie op nie en/of is dit dalk nie werklik in die kos beskikbaar nie?

Tekorte aan belangrike voedingstowwe veroorsaak ‘n verskeidenheid gesondheidsprobleme.

Immuniteitsgebreke wat nie die virusse en bakterie wat in die Natuur natuurlik voorkom, natuurlik onderdruk deur teenliggaampies daarteen op te bou nie. Dit bring ook mee dat die invloed van wurms, bosluise en vlooie ook nie goed hanteer word nie.

Myte veral is hoofsaaklik ‘n immuungebreksindroom.

Gevolgtrekking

Dit is ʼn redelike gevolgtrekking om te maak dat wanneer jou diere se hare uitval, dat dit moontlik onvoldoende opnames is van ‘n groep baie nodige minerale en vitamienes.
Meestal is dit die mineraal Sink/Zink wat ingeneem moet word wat dermabsorpsie se funksies verbeter om die kosse in die spysverteringskanale op te neem. Daar is egter ander belangrike minerale ook nodig.
Groepe vitamiene wat ook opgeneem moet word. Minerale en Vitamiene sal in ‘n aparte skrywe behandel word.

Vet in die dieet (Kaiings)

Neem ‘n dier nie genoegsame vet in nie, kan sy liggaam nie belangrike vitamienes opneem wat in ‘n dier se vetlae gestoor word nie. Ook word hierdie minerale en vitamiene nie in belangrike organe opgeneem wat behoefte hieraan het om maksimale funksionering daarvan te verseker nie.

Sou daar ‘n tekort aan magnesium wees (wat die voertuie is in rooibloedselle) veroorsaak dit ‘n hele reeks van probleme, waaronder haarverliese en myte.

Ander belangrike aspekte

Kyk op die webblad dieregesondheid.co.za na ons voorgestelde hondekosreeks en op die FACEBOOK blad, Pierre@Dieregesondheid, waarom.
Graan, gluten, preserveermiddels, kleurstowwe en geurmiddels veroorsaak in vele diere ‘n erge allergiese reaksie. In vele gevalle het die dier se spysverteringstelsel geen idee hoe om hierdie vreemde stowwe op te neem of af te breek nie.
Wat die liggaam nie weet hoe om af te breek en uit te skei deur die uitskeidingsorgane nie, (ontlasting of deur die urienweg nie), word gewoon in die beskikbare vetlae van ‘n dier gestoor.
Hier reageer die immuunstelsel teenoor die “vreemdelinge en vreemde dinge” wat die immuunstelsel nie in die dier se liggaam soek nie en reaksies ontstaan. Kom ons noem dit ‘n “bakleiery breek uit”, op en/of onder die vel – en die geveg is jeuk en haarverliese.
Jeuk veroorsaak krap reaksies op ‘n vel wat gou teer word aangesien dit stukkend gekrap word wat vogbalanse versteur. Die vel verloor vog, die Ph balans van die plek word versteur wat veroorsaak dat negatiewe bakterie oorneem, wat ook krap en jeuk veroorsaak en reaksies meebring, rowe maak, septies raak en negatiewe bakterie die oorhand gee op die jeukplek.
Die reaksie van die immuunstelsel is juis die jeuk wat plaasvind teen die skadelike organismes.
‘n Vel wat nie gesond is nie, lok vele ander skadelike bakterie, bakterie wat deur vlieë aangedra word en verhoog die vatbaarheid van ander siektes soos die virusse waarteen ons diere inent; en Verskeie bakteriese siektes.

Aanbevelings

Verbeter jou keuse na beter honde kosse soos op die webblad dieregesondheid.co.za aangedui.
Maak gebruik van die BARF of RAW voedsels wat jy self kan maak.
Gee jou hond elke dag 2-3 kaings en ook n lepel of wat olyfolie in (na gelang van gewig).
Gee jou diere Promix se EM Multivitamien en Promix se Probiotika wat van die beste mineraal en vitamien aanvullings is waar daar tekorte in droë hondekosse mag ontstaan.
Voed die vel met die smeer van olyfolie, coconut-olie en/of jojoba olie.
Moet nie als wat blink gemaak is en as lekker bemark word, goed genoeg vir jou dier ag nie.
Ontwurm gereeld: kleiner honde elke 6 weke en groter honde elke 2-3 maande, met behoorlike ontwurmingsmiddels soos Drontal, Milbemax, Antezole en/of Advocate.
Was jou hond baie minder en as dit moet, met sepe wat nie die Ph-balans en natuurlike olies wat die balans handhaaf, versteur nie, sodat die immuunstelsel sy werk behoorlik kan doen.

Opgestel as algemene kennis leesstuk en geensins as ‘n verwysingsbron nie.

Opgestel deur Pierre van Niekerk vir Pierre@Dieresondheid Facebook blad.

Taking the lead in Natural Health Care.
Both for you and your animals,
Because we care.

Quick Links
Articles
Contact
Animal Edibles
Products
Supplements
Dog Food Resellers
Follow
Get in touch
info@pierre-ecohealth.co.za
012-880 4689
19 Pieter Street
Highveld Techno Park
Centurion

©2025.
All rights reserved.

Boksburg Agent Marié. 064-143-4848. Whatsapp for a catalogue or any other queries.
14/09/2025

Boksburg Agent Marié. 064-143-4848. Whatsapp for a catalogue or any other queries.

13/09/2025
All natural products for humans and animals. Your Boksburg agent. Marié. 064-143-4848
12/09/2025

All natural products for humans and animals. Your Boksburg agent. Marié. 064-143-4848

All natural products for humans and animals. Contact Marié. Boksburg agent. 064-143-4848.Queries or catalogue.
11/09/2025

All natural products for humans and animals. Contact Marié. Boksburg agent. 064-143-4848.
Queries or catalogue.

10/09/2025
https://www.property24.com/for-sale/ferryvale/nigel/gauteng/2053/113524915
25/07/2024

https://www.property24.com/for-sale/ferryvale/nigel/gauteng/2053/113524915

Discover this large family home that caters to extended families, business opportunities, and even provides facilities for dog holding cages, which can double as storage space. The property is a versatile gem, offering a wide range of features to meet your family's needs and entrepreneurial ambition...

Address

Bardene
Boksburg
1459

Telephone

+27842058435

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pierre Ecohealth Products Marié posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Pierre Ecohealth Products Marié:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram