07/04/2022
Ecohealth se nuwe "Sun block met kolostrum"
So kom 'n gewone klong van duskant Johannesburg in die se ou dorpe hier by my aan. Daar is dorpe daar wat mens met gesag noem sou jy hulle aanspreek, want dit is moeilike mense daai.
Kan die manne onthou toe ek nog in die hospitaal gewerk. "Ek sê my china... en safe soos 'n duif" tipe van rowwe manne en hul ewe onnutsige stukkies.
Sere. Stukkend gekrap. Sy hele lyf lyk so. Soos sy fotos wys.
Orals, op die arms, maag en bors, bene, waar hy ook al 'n plek het jeuk dit. En moet "Bokkie, bekkie baby" ook krap, ala "Siener in die Suburbs" van PG du Plessis.
Ludwig is 'n staalwerker van soorte. Werk met staal en baie chemiese produkte
Diagnose. Lupus in erge graad. Bly uit die son uit!
'n Reeks medikasie ontvang, wat hom min gehelp het. Januarie kom hy by my aan.
Moedeloos.
Hy kan gaan vakansie hou in Durban oor twee weke en nou mag hy nie in die son kom nie?
En die man krap asof hy 'n vlooitaxi is.
Naas ons gewone reeks goed, (kolostrum, kollageen, fulvicsuur, hippie shake, kabucu en probiotika) en natuurlik kolon skoonmaak met engelsesout (want lupus se probleem onstaan in die kolon en 80% van die immunstelsel lewe in die kolon) kry hy twee produkte by.
Pierre se Mieks om 2-3 x n dag in te vrywe
Ons Ecohealth Faktor 50 "sun block" met kolostrum in, as hy strand toe sou gaan. Ons toetsproduk, wat ek maar soos alle ander produkte baie huiwerig oor is.
Van die fotos is twee weke later geneem, voordat hy Durban toe is.
Geen suiker en stysel nie, omdat suiker die petrol van alle inflammasie is. Dus nie brannas en Coke nie.
Op 1 Feb 2022 weer bloed toetse gedoen vir die lupus en, die 3de Feb is hy see toe.
Die eerste week het hy sun block opgesmeer, (alhoewel daar nie baie son was nie, sê hy) weet ons mos dan brand jy erger.
Die laaste dag by die see het hy niks gesmeer nie, en toe brand die son hom erg, skrywe hy.
Hy is huis toe. Niks verder aangesmeer nie want dit jeuk was weg.
Op 1 Maart kom bloedtoetse se uitslae. (Ek plaas die soos hy dit geskrywe het)
"die 1ste maart kom die bloed toetse se uitslae en daar kry hulle niks nie. Hulle sê toe vir my daar is niks vout met my nie geen lupus nie.
ek Wil ook net se bja dankie oom Pierre Van Niekerk vir al oom se raad en hulp wat oom my gegee het in die laste 2 maande en oom se produkte is rerig wonderlik"
Die laaste fotos is eergister hier geneem in die fabriek. Dankie Ludwig!
Kolostrum in sonblok?
Waarom nou nie?
Mos logies om die selle te voed terwyl jy hul aan sonlig en ander vrye radikale blootstel! Wie wil nou staan en verouder of nie in die son kom nie?
'n Trotse nuwe Ecohealth produk, waaraan ek meer as 2 jaar gewerk het.