Medisinale organiese groentetuine

Medisinale organiese groentetuine Groente met medisinale waarde is daardie groente wat anti-oksidante en vitamiene verskaf aan die liggaam. Nie alle groente word so verbou nie.

Hier leer ons jou die verbouiingsmetode.

Daar is niks so lekker as om toe te kyk hoe al jou sade ontkiem nie. Nou kom die volgende interessante sessie, en dit is...
09/04/2026

Daar is niks so lekker as om toe te kyk hoe al jou sade ontkiem nie. Nou kom die volgende interessante sessie, en dit is om almal uit te plant in 6 pakkies en oor 2 -3 weke gaan ons saailinge tuin toe vir die wintermaande se groei.
Stel jy ook belang om te leer hoe om saad te plant met 100% ontkieming?

10/03/2026

Beginner Tuinbou Opleiding: Wanneer Om Jou Plante Te Voed en Waarmee

Duur: 1 uur 12 minute
Koste: R150

Gesonde plante begin by die regte voeding, op die regte tyd. In hierdie beginner-vriendelike opleidingsvideo leer jy hoe om jou plante te voed sodat hulle sterker groei, beter blom en meer produktief word. Wanneer voeding korrek toegepas word, help dit plante om maksimum groei en blomkrag te bereik. Wanneer dit op die verkeerde tyd gedoen word, kan dit egter plae en ander probleme veroorsaak.

Hierdie video verduidelik hoe plantvoeding werk en hoe jy dit prakties in jou tuin kan toepas. Jy leer oor plantvoedsels, plante se pH-voorkeure, en hoekom biologiese en organiese groeimetodes jou tuin se gesondheid kan verbeter.

Wat hierdie video dek:

• Hoekom korrekte voeding op die regte tydperk sterker groei en blomkrag bevorder
• Hoe verkeerde voeding plae en ander probleme kan veroorsaak
• Inligting oor verskillende plantvoedsels
• Plante se voorkeure vir pH-waardes in die grond
• Die voordeel van biologiese en organiese groeimetodes
• Die rol en voordeel van aerobiese organismes in grondgesondheid
• Die korrekte tydperke om plante te voed
• Hoe om vrugtebome te voed
• Wanneer vrugtebome gevoed moet word
• Die verskillende soorte vrugtebome en hul voedingsbehoeftes
• Hoe om rose te voed vir beter groei en blom
• Voeding van grasperke
• Voeding van struike
• Voeding van blomtuine
• Probleme wat kan ontstaan wanneer voeding op die verkeerde tyd gedoen word
• Die nadele van verkeerde of oormatige voeding

Om te bestel:
WhatsApp 066 326 6321 met:
• Jou e-pos adres
• Beginner

Betaling verskuldig teen 20 Maart 2026.
Geen bestellings ná hierdie datum sal aanvaar word nie.

20/02/2026

Plantmetodes wat optimale groeikrag besorg

* Videoduur: 1 uur 10 minute
* Koste: R150

Hierdie sessie is ontwerp vir tuiniers wat van die begin af sterker plante, beter groei en minder mislukkings wil hê.

Arina verduidelik stap-vir-stap plantmetodes wat gesonde wortelstelsels en langtermyn plantprestasie ondersteun.

Jy sal leer:
1. Hoe om die regte potte en houers te kies
2. Die nadele van sekere potsoorte
3. Hoe om te toets of potgrond van goeie gehalte is
4. Hoe om jou eie potgrondmengsel te maak
5. Hoe om grond te voed en te verbeter
6. Hoe om bome en struike korrek te plant
7. Waarom anaerobiese kompos probleme veroorsaak
8. Wat met kompos in sakke by kwekerye oor tyd gebeur
9. Waarom droë plante en droë plantgate groei vertraag
10. Hoe en waarom wortels voor plant losgemaak moet word
11. Waarom plante in kompos-ekstrakwater geweek moet word
12. Waarom saailinge soms nie wil groei nie
13. Die groeifases van groente en blomme
14. Waar en hoe om voeding toe te dien
15. Hoe om vinnige wortelontwikkeling aan te moedig
16. Wat kompos-ekstrakwater is en hoe om dit te gebruik

Hierdie video fokus daarop om algemene plantfoute te voorkom en ’n sterk grondslag vir produktiewe tuine te bou.

Slegs beskikbaar deur die Februarie-intekening.
Bestellings sluit op 25 Februarie 2026.

Om te bestel, stuur die volgende besonderhede via WhatsApp Tessa na 0663266321:
* Jou naam
* Jou e-posadres
* Beginner Tuinbou Opleiding

20/02/2026

Verhoed Insekte in Jou Tuin
* Videoduur: 1 uur 19 minute
* Koste: R150

In hierdie indiepte opleiding fokus Arina op een van die grootste uitdagings wat tuiniers ervaar: insekprobleme.

In plaas van kitsoplossings en skadelike bespuitings, verduidelik hierdie sessie waarom insekte verskyn, waarop hulle in jou tuin reageer, en hoe om die natuurlike balans te herstel.

Jy sal leer:
1. Die verskil tussen ou en moderne insekbeheer-metodes
2. Die hoof insekgroepe: suigende, kouende en etende insekte
3. Waarom suigende insekte op jou plante verskyn
4. Wat werklik gebeur wanneer jy chemiese of organiese produkte spuit
5. Die effekte van boererate soos koeksoda, asyn en sout
6. Hoe gifstowwe grondlewe en plantgesondheid beïnvloed
7. Hoe plantmetaboliete insekte aantrek of afweer
8. Wat plantmetaboliete is en hoe om dit natuurlik te verhoog
9. Waarom jy slakke, wurms en kewers kry
10. Hoe insekte plantstres “ruik”
11. Hoe om aerobiese kompostee te maak
12. Waarom aerobiese organismes noodsaaklik is
13. Hoe kompos-ekstrakwater plante se weerstand ondersteun

Hierdie video help jou om weg te beweeg van konstante bespuiting en na ’n gesonder, meer gebalanseerde tuinekosisteem.

Slegs beskikbaar deur die Februarie-intekening.
Bestellings sluit op 25 Februarie 2026.

Om te bestel, stuur die volgende besonderhede via WhatsApp na Tessa by 0663266321:
* Jou naam
* Jou e-posadres
* Tuinbou Opleiding

HOEKOM GROEI JOU WORTELS NIE Ek kry gereeld hierdie vraag van tuiniers wat nog nie ons kursus gevolg het nie, of nie die...
17/02/2026

HOEKOM GROEI JOU WORTELS NIE

Ek kry gereeld hierdie vraag van tuiniers wat nog nie ons kursus gevolg het nie, of nie die inligting reg volg nie. Daar is ‘n rede hoekom jou beet en wortels, uie en knoffel nie wil groot word nie, en dit is veral in die herfs en wintermaande sigbaar.

Sulke groente is dan ook gewoonlik smaakloos en bitter klein. Wat is die rede of redes hiervoor?

Die oorsprong is geborge in die voorbereiding van jou grond. En dan is daar ook ‘n baie groot rede by die hantering van hierdie groente wanneer die temperature begin styg in Augustus en September.

Die redes is:

1.Die grond voorbereiding se grond chemie is nie gebalanseer nie, en dit kom veral voor waar jy of die verkeerde minerale toevoeg of net staatmaak op kraalmis of kompos.

2.Die aerobiese organismes in die grond is nie gebalanseerd nie, en meestal is daar ‘n tekort aan goeie swamme in jou grond.

3.Te gereeld word anaerobiese erdwurmkompos of erdwurm tee gebruik as voedingsmedium en dit plaas anaerobiese organismes in die grond, wat dan ook lei tot roes swamsiektes op die uie en knoffel.

4.En laastens bak die grond te warm in Augustus, na die koue van die wintermaande, en hierdie skielike temperatuur styging in die grond laat die uie en knoffel dan stop om te groei en skiet dadelik saad.

Indien jy hierdie probleme ervaar in jou tuin, volg gerus ons kursus, PLANT GESONDE ORGANIESE GROENTE, wat aangebied word vir die laaste keer hierdie seisoen , en alleenlik as daar genoegsame inskrywings is, by….
◽VEREENIGING op 28 Februarie
◽RANDBURG op 7 Maart (in english)
◽BOKSBURG op 14 Maart

Vir diegene wat te vêr woonagtig is van hierdie dorpe, julle kan die afrikaanse kursus bestel by Tessa vir R550 by 088 326 6321 tot en met 28 Februarie.

GROENTE VIR DIE HERFS EN VROEË LENTEOns is almal nog so opgewonde oor die magdom somer groente wat ons afpluk, wat nou i...
13/02/2026

GROENTE VIR DIE HERFS EN VROEË LENTE

Ons is almal nog so opgewonde oor die magdom somer groente wat ons afpluk, wat nou in hul hoogtepunt is van kleurvolle drag, dat ons skoon vergeet van die opvolg van groente beskikbaarheid vir die herfs en lente.

Watter van die groente, wat nou in jou tuin staan, gaan nog vrug bied vanaf Maart en veral vanaf die 20 April. Ja, dit mag dalk ons eerste rypdatum vir hierdie jaar wees. Dan is die tamaties, komkommers en pampoene in een nag verby. En dan is dit te laat om te begin plant. Kan jy met sekerheid sê dat jou tuin 365 dae van die jaar vir jou iets bied om te eet?

Indien nie, dan moet ons jou leer hoe om selfstandig jou groentetuin te beplan, deur op die regte tyd die regte groente aan te plant. Inligting wat ons met jou deel op ons kursus, PLANT GESONDE ORGANIESE GROENTE.

Ons is geneig om te d**k dat winter groente kleurloos en groen is, dat daar baie insekte probleme soos Luise voorkom op hierdie groente, dat jou tuin te koud is om groente te plant in die winter, en dat jou tuin huidiglik te warm is om winter groentesaad te saai. Ingesluit is ‘n foto wat verlede week vir my gestuur is van ‘n kliënt uit Upington, met 42 grade dag temperature en die blomkool gedy. Ja, jy sal metodes moet toepas om dit reg te kry, maar dit is die metodes wat ons jou aanleer in hierdie kursus.

Ons volgende opleiding datums vir PLANT GESONDE ORGANIESE GROENTE:

🥕14 Februarie in WAVERLEY, PRETORIA
🥔28 Februarie in VANDERBIJLPARK
🥒7 Maart in RANDBURG (in engels)
🍆 14 Maart in BOKSBURG

En, indien jy nie hierdie lesings kan bywoon nie, bestel sommer nou al die 2 videos van Tessa per wattsup 066 326 6321, sodat jy vroegtydig jou groente kan plant vir die komende herfs en wintermaande, en gesonde kos beskikbaar kan hê vir elke dag se vars pluk uit jou tuin. Koste van kursusse is R550.

HOEKOM HET JY NIE SUKSES MET GROENTETUINE NIEHierdie somer van 2025 tot 2026 was in alle opsigte vir menigte tuiniers ‘n...
27/01/2026

HOEKOM HET JY NIE SUKSES MET GROENTETUINE NIE

Hierdie somer van 2025 tot 2026 was in alle opsigte vir menigte tuiniers ‘n geweldige groot uitdaging en dit gaan nogsteeds voort. As dit nie te veel reën nie, dan hael dit, of die Kaap het droogte en nou is dit die februarie se hitegolwe, maar ook die snags se dou wat vir ons probleme besorg in die groentetuin.

Met die hitte van hierdie komende maand, gaan rooi spinnekop en Luise hulself gate uit geniet op die fotosintering suikers op jou groente, veral die jonger geplante groente. En die dou gaan weer die roes op tamaties, spinasie en boontjies laat toeneem.

Ons bied in Januarie tot Maart elke saterdag ‘n GROENTEKURSUS aan in verskillende dorpe, met die onderwerp PLANT GESONDE ORGANIESE GROENTE. Hier gaan ons juis vir jou help om hierdie probleme in die groentetuin aan te spreek en te ondersoek, watter hulpmiddels bied die beste resultate. Die spuit van gif, die plant van plant pasmaats, die voorkoming van peste, die pak van ‘n grondkombers, watter tydperk om watter groente te plant, of wat is werklik die rede hoekom jy nie suksesvol is met groente plant nie. Ons gaan aan jou die oplossings uitwys sodat jy minder hoef te sukkel en meer kan afpluk uit jou groentetuin.

As jy hierdie somer gesukkel het met groente, dan is hierdie ondersoekende kursus vir jou bedoel. En, as jy nie ons kursus prakties kan bywoon nie, dan het ons vanaf 10 Augustus vir jou ‘n video beskikbaar. Indien jy alreeds een van ons kursusse gedoen het, maar jy sukkel nog steeds met peste en plant siektes, dan is hierdie kursus net vir jou bedoel.

Vir die klein boere daarbuite, wat graag minder kunsmis en gifstowwe wil gebruik en wil oorbeweeg na HERLEWINGS LANDBOU METODES op groente, hierdie is jou hulpmiddel om suksesvol die taak aan te pak.

Ons gaan kursusse aanbied in:

- CENTURION op 31 Januarie
- SWARTRUGGENS op 7 Februarie
- WAVERLEY, PRETORIA op 14 Februarie
- ROODEPOORT op 21 Februarie
- VEREENIGING op 28 Februarie
- RANDBURG (in English) on March 7th
- BOKSBURG op 14 Maart

HOE OM JOU UIE SAAD TE SAAI Januarie en Februarie is die 2 beste maande om uie saad te saai, wat in die winter kan uitgr...
23/01/2026

HOE OM JOU UIE SAAD TE SAAI

Januarie en Februarie is die 2 beste maande om uie saad te saai, wat in die winter kan uitgroei in die bol en groot uie besorg vir langtermyn berg. Die uie wat te laat in die somer geplant word, kan nie genoeg swel nie en gaan saad skiet in September, sonder dat ‘n groot bol gevorm het.

Wat is die beste manier om 100% suksesvol uie saad te plant. Is dit in saailing bakkies, of in potjies? Wel, nie een van die twee nie.

Eerstens neem uie saad lank om te ontkiem, vanaf 5 tot 10 dae, en in daardie tyd mag die saad nie droogte ervaar nie. Maar die saailingmedium moet ook genoegssame voeding bevat, om die saailinge daarin te groei vir tenminste 4–6 weke, voordat dit uitgeplant raak in die bedding in begin Maart maand.

Kry vir jou ‘n diep emmer, ongeveer 20 liter en vul dit ¾ vol met ‘n groente groeimedium of ‘n mengsel van grond en kompos. Daar moet gate wees vir dreinering onder in die houer. Maak die grond goed nat en druk die medium liggies vas sodat die oppervlakte gelyk is.

Plant nou jou saad dig opmekaar, styf teen mekaar. Maak die houer toe met glad wrap sodat die water kan kondenseer in die houer, maar genoeg lig kan deurkom vir ontkieming. As die saad ontkiem het, haal die glad wrap af en begin om gereeld nat te maak.

Groei die saailinge hierin vir ongeveer 6 weke en knip dan die boonste blare korter met 2/3 des in lengte. Moenie die saailing uitplant in die tuin voordat daar nie tenminste 5 blare gevorm het nie. Gee dus gereeld Seagro voeding oor hierdie saailinge. Die rede hoekom ons die blare wegknip voor uitplant, is dat die plant sy energie kan stoot in wortelgroei eerste, sodat ‘n dieper wortelstelsel kan vorm, want dit is daardie wortelstelsel wat die nodige voeding produseer vir die vorming van groot uie.

Die ui benodig 3 maande om te groei in blare en hoe meer blare die ui groei in daardie tydperk, hoe groter gaan die bolvorming plaasvind wanneer die kouer temperature van die winter begin posvat. Dit is die geheim van groot uie. Voed dus jou eui plante gereeld met seagro en moet nooit toelaat dat die grond te warm en droog bak nie.

Na die 3 maande se groei, en wanneer daar meer as 7 blare gevorm het, en wanneer die winter temperature begin posvat, in Meimaand, dan gaan ons wegbreek van Seagro en meer konsentreer op Kelpak of Nitrosol as grondvoeding. As jy af en toe kan spoor elemente spuit sal dit ook help om geuriger en gesonder uie te vorm. Die uie benodig ongeveer 2 tot 21/2 maande om die bol te vorm, maar kan dit nie doen as die grond temperature te warm is nie. Ek gooi ook rotspoeiers tussen my groente in die wintermaande, en werk dit liggies in die grond met ‘n hand vurkie. En dan word strooi gegooi op die grond, tussen die plante, sodat die warmder temperature van Augustus en September nie die bolvotming stop, en die plant oorgaan in saad vorming nie.

Daar is niks meer frustrerend as saadjies in pakkies wat weier om op te kom nie. Voordat jy die saad blameer of moed opg...
25/11/2025

Daar is niks meer frustrerend as saadjies in pakkies wat weier om op te kom nie. Voordat jy die saad blameer of moed opgee, probeer dit: fokus op die basiese beginsels. Die meeste ontkiemingsprobleme is regstelbaar met ’n paar doelbewuste, koste-effektiewe veranderinge aan hoe jy saad bêre, voorberei en saai.

Hieronder deurloop ek die klein veranderings wat die grootste wins lewer, en wys jou na kort, praktiese video's wat elke onderwerp uitbrei as jy stap-vir-stap leiding wil hê.

1. Kies die regte saad en bêre dit goed
-Koop saad by ’n betroubare bron en kyk na die datum op die pakkie (ouer saad ontkiem stadiger).
-Hou saad op ’n koel, droë plek — nie in ’n klam kombuis nie. ’n Verseëlde glas in ’n kas is beter as ’n los gevoude pakkie.
-As jy bewaarde saad weergebruik, doen ’n vinnige ontkiemings-toets op 10 sade: as minder as 7 binne ’n week onder goeie toestande ontkiem, behandel dit as laag lewenskragtig en saai digter.

Meer leer: Suksesvolle Sade Plant, Versorging, Groei en Uitplant (in spesiale aanbieding R150) verduidelik saadsoorte (F1, erfstuk, GM) en hoe om saad vir toekomstige seisoene te bêre.

2. Kry die saaidiepte en medium reg
-Meeste klein sade benodig lig — saai hulle op die oppervlak of bedek net lig met fyn saadmengsel. Groot sade (bone, ertjies, mielies) gaan dieper.
-Gebruik ’n skoon, goed dreinende saadmengsel; moenie swaar tuingrond gebruik nie. ’n Goeie saadmengsel hou vog maar dreineer oortollige water weg.
-Vermy kompakteer-bakkies — lug rond die saad help ontkieming.

Meer leer: Gesonde Groente Module Vier – Suksesvolle Sade en Plant Metodes (in spesiale aanbieding R150) wys die presiese saadmengsels en saaimetodes wat ontkieming na 95% kan verhoog.

3. Water korrek; nie te veel nie, nie te min nie

-Begin met ’n matig vogtige saadmengsel, nie deurweek nie. Oor-watering veroorsaak saadrot en swamprobleme.
-Gebruik onderwater waar moontlik (bakkie onder die saailingselle) sodat die saad vog sag optrek.
-Fog die oppervlak vir baie fyn sade om te verhoed dat hulle verplaas word.

Meer leer: Saad Ontkieming (in spesiale aanbieding R150) dek temperatuur- en watertegnieke wat spruit-koerse dramaties verbeter.

4. Beheer temperatuur en lig vir die gewas wat jy wil hê
-Meeste warm-seisoen sade (tamatie, komkommer, basiliekruid) verkies warmer grond (20–28 °C); koel-seisoen gewasse (spinasie, ertjies) verkies koel­er toestande.
-’n Warme kamer, verwarmingsmat of om saailings op ’n warm oppervlak te plaas verbeter ontkieming vir somergewasse wat in koel maande begin word.
-Sodra saailinge opkom, voorsien baie lig sodat hulle nie uitskiet en swak word nie.

Meer leer: Sommer Sade plant in die winter (in spesiale aanbieding R190) gaan oor tydsberekening en temperatuurtrikke sodat jy warm-seisoen gewasse vroeg kan begin en ’n voorsprong op oes kry.

5. Verhard en verskuif met sorg
-Moet nie saailinge haastig buite uitplaas nie. Stel hulle oor 7–10 dae geleidelik bloot aan wind, son en koel nagte.
-Hanteer wortels saggies en verskuif op ’n bewolkte dag of laatmiddag om skok te verminder.
-Plant op die regte spasiering, oorbevolkte saailinge sukkel en lok siektes.

Meer leer: Suksesvolle Sade Plant, Versorging, Groei en Uitplant (in spesiale aanbieding R150) lei jou van saad tot uitplanting, insluitende verskerping en die regte tyd vir verskuif.

6. Kyk na die grond, nie die saad, wanneer dinge verkeerd loop nie
-As saailinge opkom en dan stadig of geel word, is die probleem dikwels grondlewe, vergrendelde voedingstowwe of besproeiing, nie die saad nie.
-‘n Armoedige grondbiologie beteken voeding stoor in die grond en is onbeskikbaar. ’n Lewende grond herstel dit oor tyd.

Meer leer: Hoekom Groei Jou Plante So Stadig (in spesiale aanbieding R190) help jou om stadige groei te diagnoseer en wys hoe om groei te herstel sonder om op sintetiese snel-oplossings te staatmaak.
7. Houerwenke vir klein spasies en balkon-tuiniers
Gebruik ’n goeie potmengsel en kies houers met genoegsame dreinering.
Oorweeg skottels om van onder te water en om gelyke vog te handhaaf
Kies kompakte variëteite wat vir potte geteel is en volg die saaidiepte- en ligadvies hierbo.
Meer leer: Beginner Groente: Plant in potte en houers (in spesiale aanbieding R150) gee praktiese houermetodes wat tyd spaar en foute verminder.

Vinnige foutopsporingslys
-Sade wat nie ontkiem: kyk na saadouderdom, diepte, temperatuur.
-Saailinge wat “damping off” (inklaping): verminder water, verbeter lugvloei, gebruik vars steriele mengsel.
-Langbene saailinge: meer lig of skuif ligte nader.
-Stadige groei na verskuif: kyk na grondlewe en minerale (sien Hoekom Groei Jou Plante So Stadig).

Wat om hierdie week te doen (’n eenvoudige drie-stap plan)
1. Toets 10 sade uit ’n pakkie op klam kombuispapier — noteer persentasie wat binne 7 dae ontkiem.
2. Berei ’n vars klein bondel kwaliteit saadmengsel voor en saai ’n rugslagbak (gebruik die korrekte diepte vir die saad).
3. Kontroleer jou verskuif-tyding en verhardingsroetine; volgende week sit een bondel buite vir ’n 3-dag verharding.

Wil jy die praktiese, stap-vir-stap metodes leer? (sagte verkope, geen druk nie)

As jy volle demonstrasies en foutopsporings per onderwerp wil hê, brei hierdie kort video's elke stap hierbo uit en wys hande-aan tegnieke:
-Gesonde Groente Module Vier; Suksesvolle Sade en Plant Metodes: hoe om tot 95% ontkieming te bereik met die regte mengsels en saaimetodes. R250, in spesiale aanbieding R150.
-Saad Ontkieming: saadkeuse, voorbereiding, temperatuur en waterdetail. R250, in spesiale aanbieding R150.
-Suksesvolle Sade Plant, Versorging, Groei en Uitplant: saadsoorte, saai, uitdun en versorging by verskuif. R250, in spesiale aanbieding R150.
-Sommer Sade plant in die winter: hoe om somergewasse in die winter te begin vir ’n vroeë voordeel. R290, in spesiale aanbieding R190.
-Hoekom Groei Jou Plante So Stadig: diagnoseer stadige groei en herstel die werklike oorsake. R290, in spesiale aanbieding R190.
-Beginner Groente: Plant in potte en houers: houer-spesifieke saaiing en versorging. R250, in spesiale aanbieding R150.
-Groente plant vir beginners: ’n eenvoudige begin-gids vir eerste tuine. R290, in spesiale aanbieding R190.

Hoe om te bestel
Stuur ’n WhatsApp na +27 66 326 6321 met jou naam, e-posadres en die videokursus/se wat jy wil bestel. Of vra Tessa vir ons volledige videolys en uiteensetting.

25/11/2025

Hierdie is n video van 1 van my kliente wat haar aerobiese tee brou. Haar borrels is perfek en genoegsame suurstof. Die organza sakkie werk ook goed.

Spuit jou aerobiese kompos tee weekliks wanneer jou tuin uiters droog is of as doe swamsiektes begin voorkom in jou tuin

DIS NIE 'N KUNSMIS PROBLEEM NIE; DIS 'N GROND PROBLEEM; HIER IS HOE OM DIT REG TE STELJy voeg kunsmis by. Jy spuit vir p...
18/11/2025

DIS NIE 'N KUNSMIS PROBLEEM NIE; DIS 'N GROND PROBLEEM; HIER IS HOE OM DIT REG TE STEL
Jy voeg kunsmis by. Jy spuit vir peste. Jy water gereeld. Maar jou plante groei steeds stadig, trek peste aan, en die tamaties proe na karton.

Die probleem is nie wat jy byvoeg nie. Die probleem is wat ontbreek onder die grond.

Gesonde grond skep gesonde plante. Swak grond skep plante wat sukkel, ongeag hoeveel jy spuit of voeg. Wanneer jy die grond regstel, los die meeste tuinprobleme vanself op.

Wat gebeur wanneer grond gesond is
Grond is nie net iets waarin plante staan nie. Dit is 'n lewende stelsel vol bakterieë, swamme, nematodes en ander organismes wat voedingstowwe vir plante beskikbaar maak. Wanneer hierdie lewe floreer, gebeur die volgende:

1. Minder peste.
Sterk plante met gebalanseerde voeding trek minder insekte aan. Peste verkies swak, gestresde plante. Wanneer jou grond die regte voedingstowwe lewer, bou plante natuurlike weerstand op.

2. Beter geur.
Geur kom van die minerale en voedingstowwe wat plante uit die grond opneem. Baie kommersiële kunsmisstowwe verskaf hoofsaaklik N-P-K, terwyl gesonde grond 'n wyer reeks spoorelemente bied wat plante nodig het vir volle, ryk smaak.

3. Hoër opbrengs.
Plante met toegang tot al die nodige voedingstowwe groei vinniger en dra meer vrugte. Jy hoef nie meer te plant nie; jy kry net meer uit elke plant.

4. Minder uitgawes oor tyd.
Kunsmis is 'n ewigdurende uitgawe. Grondverbetering is 'n belegging. Sodra jy jou grond gebou het, verminder jou insetkoste jaar na jaar. Die grond self begin werk.

Waar om te begin
Die goeie nuus is dat jy nie alles gelyktydig hoef te doen nie. Jy kan begin met een stap en sien hoe jou tuin reageer.

Stap 1: Verstaan wat jy het
Voordat jy enigiets kan regstel, moet jy weet wat verkeerd is. Gesonde grond het 'n spesifieke struktuur, kleur en reuk. Leer om dit te herken.

Drie vinnige toetse wat jy vandag kan doen (neem 2 minute):

Die pottoets (grondstruktuur): Grawe 'n handjie vol grond uit 10-15 cm diep. Druk dit saam in jou hand. Maak jou hand oop. As die grond uit mekaar val, is dit te sanderig. As dit soos klei bly klou, is dit te swaar. Gesonde grond moet saamhou, maar maklik uitmekaar breek wanneer jy dit met jou vinger druk.

Die reuktoets (mikrobiese aktiwiteit): Gesonde grond ruik vars en aards, soos 'n bos na reën. As dit suur, vrot of na ammonia ruik, is daar 'n probleem met lugvloei of mikrobiese wanbalans.

Die glastoets (grondsamestelling): Vul 'n glas potjie 1/3 vol met grond. Voeg water by tot amper vol. Skud goed en laat dit 24 uur staan. Die grond sal in lae afpak: klei(onder), slik (middel), sand(bo), met organiese materiaal bo-op die water. Jy wil 'n balans sien, nie een laag wat die res domineer nie.

Hierdie toetse wys jou waar om te begin. Die video Gesonde Groente Module 1 - Gesonde Grond gaan dieper in op wat elke teken beteken en hoe om jou grond reg te evalueer.

Stap 2: Voeg lewe by
Kompos is die vinnigste manier om mikrobiese lewe in jou grond terug te bring. Maar nie alle kompos is gelyk nie. Sommige kompos is dood; ander is vol lewe. Die verskil bepaal of jou plante floreer of sukkel.

Goeie kompos moet effens warm voel as jy jou hand daarin steek (dit beteken mikrobes is aktief), dit moet ryk en donker lyk, en dit moet na bos ruik, nie na vrot materiaal nie.

Gesonde Groente Module 2 - Kompos verduidelik hoe om goeie kompos te herken, hoe die grondvoedselweb werk, en wat erdwurmkompos werklik vir jou plante doen.

Stap 3: Balanseer die chemie
Grond kan te suur, te alkalities, of uit balans wees. Wanneer die pH en minerale verkeerd is, kan plante nie voedingstowwe opneem nie, selfs al is dit teenwoordig.

As jou plante geel blare ontwikkel, stadig groei, of voortdurend swamsiektes kry, is daar 'n goeie kans dat jou grondchemie uit balans is.

Gesonde Groente Module 3 - Grond Chemika help jou om jou grond se chemiese balans reg te stel met natuurlike produkte, sonder om op gifstowwe staat te maak.

Stap 4: Aktiveer die mikrobes
Aërobiese kompos en kompostee is kragtige instrumente om grondlewe te stimuleer. Hulle voer die bakterieë en swamme wat voedingstowwe ontsluit en plantwortels beskerm.

Aerobiese Kompos en Aerobiese Kompos Tee en Kompos Met Lewe (mikro-organismes) wys jou hoe om hierdie produkte self te maak en toe te pas vir maksimum impak.

Vir diegene wat dieper wil grawe, bied Nutriëntryke Aerobiese Komposhope gevorderde tegnieke om komposhope te bou wat nie net voed nie, maar plantgesondheid herstel en siekteweerstand verbeter sonder enige chemiese middels.

Die verskil tussen voeding en mineralisasie
Kunsmis voed die plant direk. Mineralisasie voed die grond, en die grond voed die plant. Dit klink soos 'n klein verskil, maar dit verander alles.

Wanneer jy minerale in jou grond aktiveer, word voedingstowwe stadig vrygestel oor tyd. Plante kry presies wat hulle nodig het, wanneer hulle dit nodig het. Die grond word self 'n voedingsbron, nie net 'n medium waarin plante staan nie.

Die Voordele van Mineralisasie verduidelik hoe minerale werk, watter tipes jy moet gebruik, en hoe dit plantopname en weerstand teen siektes verbeter sonder dat jy elke paar weke moet voeg.

Vir 'n volledige benadering tot hoe grondorganismes jou hele tuin kan transformeer, dek Plant Kos met Aerobiese Grond Organismes koolstofsekwestrasie, minerale aktivering, en hoe jy self aërobiese kompostee kan maak om jou grond lewendig te hou.

Die maklikste manier om jou tuin te verbeter
Jy hoef nie 'n enkele plant te vervang nie. Jy hoef nie jou hele tuin om te grawe nie. Jy hoef nie duur produkte te koop nie.

Jy hoef net te verstaan wat onder die grond aangaan, en hoe om dit reg te stel.

Wanneer jou grond gesond is, word alles makliker. Plante groei sterker. Peste verminder. Geur verbeter. Opbrengs styg. Koste daal.

Die werk wat jy vandag in jou grond doen, betaal jouself terug vir jare.

Wanneer om dieper te grawe: 3-punt kontrolelys
Terwyl basiese grondtoetse en kompos die meeste probleme kan oplos, is daar tye wanneer jy meer gedetailleerde hulp nodig het:

✓ Oorweeg 'n laboratoriumgrondtoets as: jy al maande lank grond verbeter maar steeds geen vordering sien nie, of as spesifieke tekortsimptome (soos ernstige geel blare of misvormde vrugte) voortduur ondanks kompos en minerale.

✓ Soek professionele advies as: jou hele tuin sterf af sonder duidelike rede, of as jy vermoed grondkontaminasie (byvoorbeeld naby ou geboue met loodverf, of na onkruiddoder gebruik is ).

✓ Begin met die video's as: jy wil leer hoe om jou eie grondprobleme te diagnoseer en op te los, of as jy 'n beter begrip wil hê van wat onder die grond aangaan voordat jy geld spandeer op produkte wat dalk nie werk nie.

Kursusse en spesiale aanbieding
Black Friday-spesiaalaanbieding: R100 af op alle videokursusse van 18 November tot 30 November 2025.

Grondgesondheid kursusse:

Gesonde Groente Module 1 - Gesonde Grond (was R250, nou R150)
Gesonde Groente Module 2 - Kompos (was R250, nou R150)
Gesonde Groente Module 3 - Grond Chemika (was R250, nou R150)
Aerobiese Kompos en Aerobiese Kompos Tee (was R250, nou R150)
Kompos Met Lewe (mikro-organismes) (was R250, nou R150)
Nutriëntryke Aerobiese Komposhope (was R550, nou R450)
Die Voordele van Mineralisasie (was R250, nou R150)
Plant Kos met Aerobiese Grond Organismes (was R250, nou R150)

Om te bestel: Stuur 'n WhatsApp na +27 66 326 6321 met jou e-posadres, naam en die videokursus(se) wat jy wil bestel. Of vra vir Tessa vir ons volledige videolys en uiteensetting.

🌿 TUINWENK VIR DIE REËNSEISOEN! 🌿Nou is die perfekte tyd om jou meerjarige plante — soos clivias, daglelies en agapanthu...
11/10/2025

🌿 TUINWENK VIR DIE REËNSEISOEN! 🌿

Nou is die perfekte tyd om jou meerjarige plante — soos clivias, daglelies en agapanthus — te voer met CLIVIA MIX om daardie ekstra somerblomme aan te moedig. 🌸

Al is jou clivias amper klaar met blom, kan hulle steeds deur clivia-wurms aangeval word. 😬

Wenke:
1️⃣ Voed eers die grond met Clivia Mix.
2️⃣ Spuit dan gereeld jou Trelmix blaarvoeding.

👉 Die wurms sal vinnig verdwyn en jou plante sal gesond en vol blomme bly!

Om Arina se volledige maandelikse doenlys te kry, sluit aan by haar tuinmaak WhatsApp-groep deur jou naam, woonarea, ENG/AFR te stuur +27823315434.

Address

Buffelsfontein Plaas, NV 40, Magaliesburg
Boksburg
1739

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Medisinale organiese groentetuine posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Medisinale organiese groentetuine:

Share

GESONDE GROND = GESONDE VOEDSEL = GESONDE MENSE

Nadat my moeder oorlede is aan kolonkanker, die oorerflike een, en ek reeds tekens getoon het van kankervorming in my bors en kolon, het ek besluit om verder te gaan studeer in hierdie onderwerp. Dit het my geneem tot die studies van Dr. Albrechts en dr. Carey Reams wat onderskeidelik dieselfde studies onderneem het. Met die verdere holistiese ondersoeke het ek ontdek dat die grootste rede vir ons liggaam se siektes, uit ons grond kom. die tekorte van sekere basiese minerale, maar ook veral die vreeslike tekort aan grond organismes. Na 2 jaar se studie van verskeie wereldkenners op die gebied van grond en grond organismes, het ek afgekom op die antwoord en het’n kursus saamgestel sodat ek vir elke persoon wat sukkel met sy gesondheid, kan help om ‘n oplossing te vind vir sy genesing.

GESONDE GROND BIED GESONDE VOEDSEL GROEI GESONDE MENSE.