08/07/2020
Tissue Salts
AFRIKAANS
Weefsel Soute - Sellulêre Gesondheid.
Met dank aan n vriendin & kollega, Micky Lottering wat die vertaling gedoen het vir hierdie onderwerp waarin ek opgelei is en waaroor ek passievol is. Vir jare het ek gevra & God het geantwoord - my gevat tot by die kern van gesondheid.
Weefsel sout is die fondamentele elemente waarvan ons selle gemaak is. Meer as 150 jaar se briljante navorsing word meesal misken.
“Laat KOS jou medisyne wees & jou MEDISYNE kos.” ... natuurlik!
# 1 CALCIUM FLUORATUM (Calc fluor)
Weefsel versterker - bindweefsel, vel, gewrigte.
Calc fluor word in die oppervlak van die bene en in die emalje van die tande aangetref.
Dit is ook 'n bestanddeel van elastiese vesel en van epidermis.
Elastiese vesel word in die vel, in die bindweefsel en in die aarwande aangetref.
Calc. Fluor gee weefsel die kwaliteit van elastisiteit.
Dit kombineer met die organiese stof albumine om organiese elastiese weefsel te vorm en word in die wande van die bloedvate, in spierweefsel, in bindweefsel, in die oppervlak van bene en in die emalje van tande aangetref.
'n Tekort aan Calc. Fluor lei tot 'n verlies van elastisiteit en gevolglike ontspanne toestand.
Die hooffunksie daarvan is die behoud van die kontraktiele krag van elastiese weefsel.
=======================================================
# 2. CALC. PHOS. (Calcium Phosphate)
Calc. Fosf is die weefsel sout gemoeid met voeding.
Dit kombineer met albumien en word aangedui as daar albuminiese ontladings is.
Sonder Calc. Fos kan daar geen bloedstolling wees nie. Dit sal die werking help van 'n meer direk aangeduide weefsel sout, en sodoende vinniger resultate lewer.
Dit bevorder gesonde sellulêre aktiwiteit en herstel gehalte van verswakte organe en weefsels.
Hierdie weefsel sout is gemoeid met die vorming van been en tande en word dus 'n belangrike middel vir kinders. Dit help groei en normale ontwikkeling en moet gegee word in gevalle van agterstand, veral waar daar 'n gebrek aan been is, of herhaaldelike tandprobleme.
=========================================================
# 3. CALC. SULPH. (Calcium Sulphate)
Calc. Sulph reinig en genees bloed.
Dit word in die lewer aangetref waar dit help met die verwydering van afvalprodukte uit die bloedstroom en dit het 'n reinigende en suiwerende invloed deur die hele stelsel.
Calc. Sulph maak die ophoping van nie-funksionele organiese materiaal in die weefsels skoon en veroorsaak dat geïnfiltreerde dele hul inhoud maklik laat suiwer, afbrekende organiese materiaal uitgooi, sodat dit nie dormant bly of stadig verval en die omliggende weefsels beseer nie.
Calc. Sulph word aangedui in toestande wat voortspruit uit onsuiwerhede in die bloedstoom.
Dit vul die aksie van Kali Mur aan in die behandeling van katarr, aknee, ens.
Dit moet altyd gegee word wanneer puisies in adolessensie voorkom.
Dit kontroleer dreinering wat te lank duur, bv. absesse en wonde wat nie maklik genees nie, en geneig is om septies te word.
As dit in die vroeë stadium geneem word, sal dit verhoed dat 'n seer keel ontwikkel ,en op dieselfde manier sal dit dikwels 'n dreigende verkoue kortknip.
==========================================================
# 4. FERR.PHOS. (Ysterfosfaat)
Ferr. Fosfor is die voorste biochemiese noodhulp.
Dit is die suurstofdraer.
Dit betree die samestelling van hemoglobien, die rooi kleurstof van die bloed. Dit absorbeer suurstof uit die lug wat deur die longe ingeasem word en dra dit in die bloedstroom in na alle dele van die liggaam en voorsien dus die vitale krag wat die lewe onderhou.
Dit gee sterkte en taaiheid aan die sirkelvormige wande van die bloedvate, veral die slagare.
Vry sirkulerende, suurstofryke bloed is noodsaaklik vir gesondheid en lewe en daarom moet Ferr. Fos altyd as aanvullend beskou word, maak nie saak watter ander behandeling deur die simptome aangedui word nie.
Kongestie, inflammatoriese pyn, hoë temperatuur en 'n vinnige pols, almal vra vir meer suurstof en dit is Ferr. Fos.
Dit is die medium waardeur suurstof deur die bloedstroom opgeneem word en na die betrokke area vervoer word.
Hierdie weefsel sout kan in die vroeë stadium van die meeste akute afwykings met voordeel toegedien word, en dit moet met gereelde tussenposes toegedien word totdat die inflammatoriese simptome afneem.
Dit word ook aangedui waar daar 'n gebrek aan rooibloedliggame is, soos by anemie en as 'n noodhulp vir bloeding.
Dit sal moeilik wees om siekte te vind waar Ferr. Fos nie tot voordeel gebruik kan word nie, ongeag enige ander behandeling wat gegee mag word.
Dit is 'n uitstekende middel vir kwale wat verband hou met die vordering van jare, en dit is een van die mees algemene middels vir die behandeling van kinder kwale.
Bloeding van wonde, snye en skaaf, kan beheer word met 'n bietjie poeieragtige Ferr. Phos direk op die beseerde dele.
'n Paar tablette kan vir hierdie doel gebreek word of die tablette kan opgelos word en gebruik word as 'n lotion.
========================================================
# 5. KALI MUR. (Potassium Chloride)
Kali Mur is die middel vir trae toestande.
Dit kombineer met die organiese stof fibrien. 'n Tekort aan hierdie weefsel sout veroorsaak dat fibrien nie-funksioneel word, en in die vorm van dik, wit ontladings afgegooi word, wat aanleiding gee tot katarre en soortgelyke simptome wat die vel en slymvliese beïnvloed.
Sy aksie is komplementêr tot dié van Calc. Sulph, aangesien beide remedies besig is met die skoonmaak en suiwering van die bloed.
In toestande wat Kali Mur benodig, is die bloed geneig om te verdik en stolsels te vorm. In afwisseling met Ferr. Fos word dit gereeld benodig vir die behandeling van kinder kwale.
Kali Mur is die middel vir dik, wit veselagtige uitskeiding. Ander prominente simptome is 'n wit bedekte tong en ligte stoelgang (gebrek aan gal).
Torpiditeit van die lewer is nog 'n aanduiding.
In afwisseling met Ferr. Fos word dit gereeld benodig vir die behandeling van inflammatoriese siektes, veral die wat respirasie beïnvloed - hoes, verkoues, seer keel, tonsillitis, brongitis, ens.
Ook vir kinder kwale soos masels en hoenderpokkies, en waar daar sagte swellings is, bv. pampoentjies, kroep.
Kali Mur is gemoeid met die produksie van speeksel en is dus belangrik in die vroeë stadiums van spysvertering.
Die simptome kan erger wees na die eet van vetterige of ryk kos, en daar kan ‘n gebrek aan eetlus wees.
Met Nat. Mur word dit gebruik in die produksie van soutsuur, en is dus 'n noodsaaklike skakel in die proses van vertering.
Hierdie weefsel sout is nuttig as 'n noodhulpmiddel vir die behandeling van brandwonde.
============================================================
# 6. KALI PHOS. (Potassium Phosphate)
Kali Phos is ’n senuwee nutrient.
Dit is die middel vir kwale van 'n werklik senuwee karakter. Skoolkinders benodig dikwels hierdie weefsel sout; dit help om 'n gelukkige, tevrede ingesteldheid te handhaaf en die geestelike fakulteite te verskerp.
Vroeë simptome kan baie gering wees, feitlik onwaarneembaar, behalwe vir 'n ma se wakende oog.
Daar mag vrees, swak humor, omgekraptheid, skelmheid, luiheid en soortgelyke aanduidings wees; inderdaad, enige vertoon van wat soms as 'tantrums' beskryf word, kan beskou word as 'n simptoom van Kali Phos tekort.
Kali Phos is die middel vir senuweeagtige hoofpyn, senuweeagtige dyspepsie, slapeloosheid, depressie, slap traagheid, verlaagde vitaliteit, knorrigheid en baie ander toestande wat opgesom kan word in die moderne kolletiese frase, "gebrek aan vitaliteit".
Maar moet Kali Phos nie bloot as net ’n opkikker beskou nie; hierdie weefsel sout is 'n belangrike bestanddeel van senuwee weefsel en het gevolglik 'n wye en kragtige invloed op die liggaamlike funksies.
Dit dek die kwale wat geken word onder die term "senuwees".
Kali Phos word ook aangedui in die behandeling van irriterende velkwale, soos gordelroos, om die onderliggende senuwee toestand te verbeter.
Dit is nuttig vir asemhaling van senuwee asma.
Die simptome is gewoonlik erger van geestelike en fisiese inspanning en van koue. Hulle word verlig deur rus, warmte en soms deur te eet.
========================================================
# 7. KALI SULPH. (Potassium Sulphate)
Kali Sulph werk saam met Ferr. Fos as 'n suurstofdraer.
Dit help met die uitruil van suurstof vanaf die bloedstroom na die weefsel-selle, en sodoende die respiratoriese proses wat deur Ferr Fos geïnisieer word.
Interne asemhaling van die weefsels hang af van Kali Sulph; eksterne asemhaling is die funksie van Ferr. Phos, as ons die uitruil van gasse in die longe op hierdie manier aandui.
Kali Sulph het 'n positiewe effek op respirasie en word aangedui in die gevalle waar daar 'n gevoel van "benoudheid" of begeerte vir koel lug is.
Dit is ook die anti-wrywing sout wat die gladde werking van alle dele verseker, wat sodoende op die manier as 'n smeermiddel optree.
Kali Sulph word aangedui waar daar 'n taai, geel afskeiding van die vel of slymvlies is, soos in sekere vorms van katar.
Erupsies op die vel en kopvel, met skubbe, vra vir hierdie middel en dit help om die hare in 'n gesonde toestand te hou.
Ander simptome sluit in koudheid en verskuiwende, vlugtige pyn.
Dit is nuttig in die behandeling van dermafwykings, maagkatarre, en in inflammatoriese toestande om sweet te bevorder.
Die simptome is oor die algemeen slegter in die aand, of in 'n geslote, bedompige atmosfeer, en is beter in die vars lug.
========================================================
# 8. MAG. PHOS. (Magnesium Phosphate)
Mag. Fos staan bekend as die anti-spasmodiese weefsel sout.
Die hooffunksie is in verband met die senuweestelsel waar dit die werking van Kali Phos aanvul.
Wanneer 'n tekort aan Mag. Fos voorkom, trek die wit senuweevesel saam, wat spasmas en krampe veroorsaak.
Hierdie weefsel sout is van belang vir spierweefsel, wat ritmiese en koherente beweging verseker.
Mag. Fos is vinnig om pyn te verlig, veral krampe, skietende, stekende of spasmodiese pyn.
Mag. Fosword aangedui vir senuweepyne, soos neuralgie, neuritis en sciatica, en hoofpyn gepaardgaande met skietende, steekpyne.
Dit verlig spier trekkings, krampe, hik, krampagtige hoes en skielike, skerp steekpyn wat so ontstellend is.
Dit verlig ook menstruele pyn.
Maagkrampe en winderigheid reageer op behandeling met hierdie weefsel sout.
Hierdie simptome kan vererger word deur koue en deur aan te raak en word verlig deur die aanwending van hitte, deur druk en deur dubbel te buig.
Die dosisse mag met gereelde tussenposes geneem word totdat verligting verkry word.
Omdat magnesium veronderstel is om in oorvloed in die dieet te wees, d**k sommige dat 'n tekort onwaarskynlik is.
Maar dit is nie noodwendig so nie, aangesien navorsing bewys het dat sommige diëte onvoldoende magnesium vir die liggaam se behoeftes voorsien.
LET WEL: Mag. Fos sal dikwels vinniger werk wanneer die tablette met 'n slukkie warm water geneem word.
========================================================
# 9. NAT. MUR. (Sodium Chloride)
Nat. Mur is die water verspreidende weefsel sout.
Dit betree die samestelling van elke vloeistof en vaste stof van die liggaam.
As gevolg van sy kragtige affiniteit vir water, beheer dit die eb en vloei van die liggaamsvloeistowwe; sy eerste funksie is om 'n behoorlike mate van vog deur die stelsel te behou.
Sonder hierdie weefsel sout kan selverdeling en normale groei nie voortgaan nie.
Dit is in nou verbinding met voeding, met klier aktiwiteit en met die interne afskeidings wat so 'n belangrike deel in die fisiologiese proses speel.
Oormatige vog of oormatige droogte in enige deel van die gestel is 'n duidelike aanduiding van 'n Nat. Mur tekort.
Die gevolglike simptome is baie en gevarieerd, maar daar sal altyd 'n onderliggende faktor wees van te veel of te min water.
Hier is 'n paar tipiese simptome:
Lae gemoed, met 'n gevoel van hopeloosheid; hoofpyne met hardlywigheid; bloed dun en waterig met bleek vel, wat soms vetterige voorkoms het; moeilike stoelgang, met teerheid en seerheid van die a**s; verkoue met uitskeiding van waterige slym en nies; droë, pynlike neus- en keel simptome; sooibrand weens gastriese gisting met stadige vertering, die kos bly lank in die maag; groot dors; tandpyn en gesigsneuralgie met vloei van trane en speeksel; oë swak, die wind veroorsaak dat hulle water; hooikoors, slaperigheid met spierswakheid; skaaf van vel; swak naels; onverfrissende slaap - moeg in die oggend; na-effekte van alkoholiese stimulante; verlies van smaak of reuk; soek na sout en soutvoedsel;
Steke en byt van insekte - wend so gou moontlik lokaal aan.
'n Belangrike funksie van Nat. Mur is die produksie van soutsuur.
Te min suur beteken stadige vertering, veral van kalsiumryke kosse.
Onthou, ongeveer twee derdes van jou liggaam is saamgestel uit water; vandaar die belangrike rol wat Nat. Mur die waterverspreider, in al die lewensprosesse speel.
==========================================================
# 10. NAT. PHOS. (Sodium Phosphate)
Nat. Fos is 'n suur neutraliseerder.
Dit is die hoofmiddel vir die wye groep kwale wat voortspruit uit 'n suur toestand van die bloed.
Hierdie weefsel sout is ook van belang vir die behoorlike funksionering van die spysverteringstelsel.
Die assimilasie van vette en ander voedingstowwe is afhanklik van die werking van hierdie middel.
'n Tekort aan Nat. Fos laat uriensuur toe om soute te vorm wat rondom die gewrigte en weefsels geplaas word, wat styfheid en swelling veroorsaak, en ander pynlike rumatieksimptome.
Nat. Fos word aangedui wanneer simptome van suurheid teenwoordig is, soos suur dyspepsie, pyn na eet en soortgelyke spysverteringsteurnisse.
Ander indikasies is hoogs gekleurde urine, goue geel of romerige laag aan die wortel van die tong (die hele tong kan soms die voorkoms van 'n stukkie wasleer voorstel), wurms, senuweeagtige prikkelbaarheid.
Slaaploosheid veroorsaak deur spysvertering kan soms met 'n dosis Nat Fos behandel word. Hou dit byderhand by die bed.
Hierdie middel is van belang in die behandeling van rumatiek, lumbago, fibrositis en gepaardgaande kwale.
'n Suurtoestand van die bloed vind plaas wanneer daar 'n tekort aan die strelende, suur-neutraliserende weefsel sout, Nat. Fos is.
========================================================
# 11. NAT. SULPH. (Sodium Sulphate)
Nat. Sulph reguleer die digtheid van die intersellulêre vloeistowwe (vloeistowwe wat die weefsel-selle baai) deur oortollige water te elimineer.
Hierdie weefsel sout beheer grootliks die gesonde funksionering van die lewer; dit verseker 'n voldoende toevoer van vryvloeiende, gesonde gal, wat nodig is vir die latere stadiums van vertering.
Die verwydering van gif-gelaaide vloeistowwe, wat die normale gevolg is van die chemiese uitruil wat voortdurend in die weefsel-selle plaasvind, word veroorsaak deur Nat Sulph se werking.
As toestande ontstaan wat toelaat dat hierdie afvalvloeistowwe in die bloed en weefsels ophoop, is die gevolg outo vergiftiging (selfvergiftiging).
Nat. Sulph verseker die wegdoening van hierdie gif gelaaide vloeistowwe en die belangrikheid daarvan in die behandeling van rumatiektes is dus vanselfsprekend.
Nat. Sulph word aangedui in die behandeling van kwale wat die lewer beïnvloed, bv. naarheid, neerslag in die urine, waterige infiltrasies, 'n bruingroen laag van die tong en 'n bitter smaak in die mond is van die simptome.
Dit is die hoofmiddel in die behandeling van griep.
Vogtige asma, malaria en ander toestande wat met humiditeit geassosieer word, benodig hierdie middel.
'n Paar dosisse Nat. Sulph sal help om die swaar gevoel wat so dikwels ervaar word, te verdryf tydens 'n periode van vogtige, drukkende weer.
==========================================================
# 12. SILICA (Silica Oxide)
Silika is 'n reiniger en eliminator.
Dit is 'n diepwerkende middel wat die liggaam help om nie-funksionele organiese materiaal uit te skei.
Dit kan dikwels die genesingsproses begin verettering te bevorder en patologiese akumulasies, bv absesse, op te breek.
Silika is 'n bestanddeel van die hare, vel, naels en oppervlaktes van die bene.
Dit tree ook op as 'n isolator vir die senuwees.
In geval van swak sweet, herstel Silica die aktiwiteit van die vel, waardeur hierdie belangrike skoonmaakproses aangehelp word.
Dit is die biochemiese hulpmiddel vir aanstootlike sweet van die voete en armholtes.
Silika word aangedui waar daar etter vorming of bedreigde verettering is, bv. absesse, pitswere, tandvleis swere, ens.
Dit is nuttig vir die behandeling van tonsillitis wanneer etter begin vorm het.
Bros of swak naels en siektes wat die oppervlakkte van die bene beïnvloed, benodig hierdie middel.
Silika is nuttig as 'n aanvullende middel in gevalle van dyspepsie en pyn in die omgewing van die maag.
Die simptome is gewoonlik saans en soggens slegter, en word verlig deur hitte.