16/12/2025
🇿🇦 Versoeningsdag | Familie Dag by Herfsvreugde Tehuis 🇿🇦
Vandag, 16 Desember – Versoeningsdag, kom ons by Herfsvreugde Tehuis saam as familie om dankbaar te wees vir ons erfenis, geloof en vir mekaar.
Ons sien uit na ’n besonderse Familie Dag, gevul met saamwees, geselligheid, herinneringe en nuwe oomblikke wat vandag geskep sal word. ❤️
Hou asseblief ons blad dop – ons sal deur die loop van die oggend en dag verdere foto’s en oomblikke deel, sodat julle saam met ons hierdie spesiale dag kan beleef.
Baie dankie aan Excelsior Wine Estate en SPAR Bonnievale vir die leen van julle sambrele vir die oggend!