Support vir Gerhard Harmse

Support vir Gerhard Harmse Matthew 18:19-20
Again,I say to you that if two of you agree on earth concerning anything that they ask,it will be done for them by My Father in heaven.

For where two or three are gathered together in My name,I am there in the midst of them

21/04/2024
Goeie naand almal Ons het lekker by Gerhard gekuier Been en voet nie eindelik verbeter nie maar loop maar nog mank en vo...
21/04/2024

Goeie naand almal Ons het lekker by Gerhard gekuier Been en voet nie eindelik verbeter nie maar loop maar nog mank en voet hak maar aan alles vas Ek het n video geneem van sy hand Kan sy arm al optel vingers bietjie slapper behalwe die duim is maar baie dom Sy greep van die spiere in die hand al sterker Kan die balletjie war ek vir hom saam gevat het n bietjie dryk ook my hand gedruk Wys op video kan botteltjie op tel maar dan wil vingers nie los nie Het ook 2 prentjies ingekleur met sy linkerhand Hy die 1 ste een is sy kleuterskool een en die 2 de een us sy gr 1 prentjie maar skryf kry hy nog nie reg met die linkerhand nie Hy gaan dalk more weer Bitox gespuit word Sal maar hoop en bid dat meer spiere gaan begin werk Hy gaan die week maar alleen wees daar gaan 4 van sy groep huistoe Nie een het volkome herstel nie maar party is daar al vir 3 maande fondse betaal nie meer nie Ek sal almal op hoogte hou as hulle more weer gaan spuit Ek het almal wat boodskappe gestuur het vur hom gegee Hy se baie dankie en liefde Rustige nag

03/04/2024

Hello almal Gerhard het aangekom by Eugene Marais Hospitaal Wag net om in kamer te kom sal die no vir ons stuur.
Dis binne in Hospitaal self Hy vra net gym klere en tekkies lyk my hy is reg vir die oefeninge. Die besoek tye is vanaf 3 uur tot 8 uur die aand en naweke vanaf 12 uur tot 8 uur die aand.

Baie dankie vir almal se gebede.

Naand almal. Gaan goed met Gerhard. Kan al biekie loop. Arm en hand nog lam. Suiker het laas week biekie rond geneuk. Hy...
02/04/2024

Naand almal.
Gaan goed met Gerhard. Kan al biekie loop.
Arm en hand nog lam.
Suiker het laas week biekie rond geneuk. Hy was die hele naweek op n drip om suiker te regileer. Dan's dit hoog Dan laag.
Spraak is party Dae nie lekker nie veral as hy moeg is.

Hy werk Baie hard om en ons is so trots op hom.

Ons het goeie nuus gekry, Gerhard word more oor geplaas na Eugene Marais se Rehab toe.

Gerhard het nog n Lang pad voor hom. Dokter het hom afgeboek tot November toe.

Die familie wil net dankie se vir almal se gebede. En bystand.

Vir almal wat petrol donasies gegee het, brits is maar n entjie.

As daar mense is wat die familie graag wil bystaan.
Sien bank besonderhede.

B Harmse
Absa
Kennis deposit rekening.
9359168893

Waardeur elke een se liefde, oproepe en boodskappe.

Hello almal. Terug voer op Gerhard. Ons was by Gerhard Lyk al baie beter Barries het hom gehelp stort met toestemming va...
24/03/2024

Hello almal.
Terug voer op Gerhard. Ons was by Gerhard Lyk al baie beter Barries het hom gehelp stort met toestemming van Hospitaal personeel Baie beter gegaan want hulle het hom mooi gehelp kan n rukkie alleen staan Hy het net voordat ons daar aangekom het homself geskeer met linker hand O aarde n paar keer raak geskeer sal net nou fotos opsit Is maar dom met die linker hand maar word geleer om hom te gebruik omdat regter hand en arm nog verlam is Maar hy kom mooi reg Spraak ook baie beter Het ook opgestaan vie n rukkie word net gou moeg Ons het lekker gekuier Voor ons gery het het ek sy voete weer room gesmeer het voel sommer beter met die stort Glo hy gaan vanaand beter slaap dr het vir hom n slaap pil gegee vir vanaand Dr is baie tevrede met sy vordering Dinsdag gaan die arbeidterapeut fisio terapeut spraak terapeut sielkundge Internus Vir sy diabete en Neoroloog in n vergadering sy vordering bespreek En dan sal hulle besluit of hy gereed is om huistoe te gaan Sal wel van n rolstoel gebruik maak en sy Pa sal hom maae nog moet help en hopenlik die geskeer eers oorvat Hy moet dan wanneer hy ontslaan word sekere medikasie gebruik om nog beroertes te voorkom maar hy is vuur en vlam wil net huis toe en werk baie hard met fisio Sy het gese hy moet stadig dis n lang prosses maar dis maar net Gerhard wil sy eie ding doen Moet dan 5 dae in die week gaan vir fisio in pta maar gaan uitvind by ons huis dr of iemand in Brits nie kan help nie Ons het ook klaar n rolstoel gekry en sal dan volgende week sy woonstel begin gerieflik vir hom te maak Wil ook net se die meisie van 22 wat saam met hom opgeneem is is ongelukkig oorlede sy het n 2 de beroerte gehad Dank aan God dat Hy my kind vir my terug gegee het nog maar nie heeltemal reg nie maar baie beter as n week terug Hy stuur groete en liefde aan almal Ons gebede sal nie stil word nie.

Dankie vir almal se gebede en liefde.
Ons bid nogsteeds asb.

Hello almal. Gerhard is n 39 jare jong man.Op n Baie Jong ouderdom was hy in n koma gewees as gevolg van diabeeties, hy ...
21/03/2024

Hello almal.
Gerhard is n 39 jare jong man.
Op n Baie Jong ouderdom was hy in n koma gewees as gevolg van diabeeties, hy is al van 14 af n diabeet. Hy spuit homself 2 keer n dag. Ons het gedink dis is sy grootste bekommernis, altyd na sere op gelet veral op die voete vir gangrene, stom geslaan is almal op 15de Maart, het hy n beroerte gehaat het.

Hy is verlam in die regter kant. Sluk en spraak is aan getas. Was vir 6 Dae in ICU.
Dankie Vader hys uit geskuif na gewonde saal.

Die been Kan hy darm al biekie beweeg. Spraak is beter, sluk ook al beter ,maar die hand werk nog glad nie

Soos almal weet het sulke mediese toestande n groot uit daging.
Hoe lank hy nog daar gaan wees is onbekend.

Hy kry 2 keer n dag Fisio.
Kry spraak therapie.
Moet leer links skryf.
Sielkundige terapie.
Gerhard is n vreeslike outgoing mens en om nou so te le en afhanklik te wees van Ander vat biekie aan hom. Hys party Dae Baie emosioneel.

Die mediese rekeninge is besig om in te stroom.
Hy het medies maar, medies dek nie alles nie.

Hy le tans in Groenkloof hospital. Vir hoe lank weet ons nie. Sy ouers en familie bly in Brits.
Om elke dag deur te ry pretoria toe is n groot uitdaaging.

As daar enige iemand is wat graag die familie Kan help met hospital kostes.

Kan my direk skakel.

As dit in jou hart is om die familie by te staan.
Hier is bank besonderhede.

B Harmse
Absa
Kennis deposit
9359168893

Verwysing Gerhard.
Alle fondse Sal vir Gerhard se mediesie kostes gaan.

Mag die Here julle seen.

Asb bid asb vir Gerhard dat die Here hom Sal aan raak.

Sal daagliks vordering op sit.

Address

Brits

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Support vir Gerhard Harmse posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Support vir Gerhard Harmse:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram