26/03/2026
Op Maandag 23 Maart het tannie Attie van Heerden 98 geword. 'n Formidable vrou. Ek is bevoorreg om tannie al 16 jaar deel van my lewe te kan hê. Jy inspireer met wysheid en kennis. Deur swaarkry lief en leed bly jy staande onwrikbaar in jou geloof. Mag 98 tannie sagkuns behandel. Jou brein vlymskerp maar jou liggaam broos. Mag tannie veilig in God se hand bly. Tannie is geliefd. Die foto's 'n boodskap van liefde en omgee. Woorde oorbodig. Al ons liefde Karin, Ons Herberg bestuur en personeel 🩷