20/11/2025
π Help ons om Kersfees vir 60 kinders spesiaal te maak! π
Goeie middag Dienssentrum-lede,
Laerskool Hendrik Louw het 60 behoeftige kinders wat deel is van hul Reef-uitreikprogram. Hierdie Kersfees wil ons graag βn bietjie ekstra vreugde bring in hul lewens β en ons het u hulp nodig!
Ons beplan om 60 herbruikbare koffiebottels met lekkergoed te vul as βn spesiale Kersgeskenk vir elke kind. Hiervoor vra ons graag:
β¨ Donasies van enige soort lekkergoed β groot of klein, elke bydrae help!
β¨ Vrywilligers om te help met die bottel-vul proses β dit beloof om βn lekker, gesellige spanaktiwiteit te wees!
π Datum en tyd vir die bottel-vul sal binnekort bevestig word.
Laat weet asseblief indien u βn bydrae wil maak of bereid is om te help. Saam kan ons hierdie kinders se Kersfees ophelder met liefde, lekkers en βn bietjie feestelikheid.
Baie dankie vir u omgee en ondersteuning π