
12/09/2025
KnipOog het vanjaar trots met ’n Tinteltong Toekenning weggestap – ’n eer wat besighede beloon wat Afrikaans laat vonkel deur kreatiwiteit, diens en hart.
Hoekom ons?
Want ons gebruik nie net Afrikaans nie, ons eksperimenteer daarmee. Ons herontdek dit. Ons weier dat dit ooit dof of irrelevant raak. Ons maak alledaagse oogversorging iets wat soos huis voel—of dit nou ’n skalkse slagspreuk is, ’n bold idee, of die feit dat Amelia en Gisela steeds self die telefoon antwoord (ja, rêrig).
Maar hier’s die ding: wen is nie die eindstreep nie. Dis die wegspring-skoot.
Ons hou aan stoot:
- Raampies wat by jou gesig én jou vibe pas.
- Diens in Afrikaans (en met sass) wat persoonlik voel.
- ’n Praktyk waar pasiënte familie word.
By KnipOog rus ons nie op toekennings nie. Ons hou Afrikaans lewendig, kreatief, en onverwags - sodat elke besoek wenwaardig voel.