Moeggesukkel

Moeggesukkel We believe in HOPE - Helping Other People Excel so that they may have victory over life's circumstances. We all know what it means to be tired of struggling.
(323)

Moeggesukkel
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Wat word van ons ou mense…Hierdie Tannie is aangehou op ’n verlate plot deur dwelmverslaafdes. Sy was geïsoleer, ongeloo...
26/02/2026

Wat word van ons ou mense…

Hierdie Tannie is aangehou op ’n verlate plot deur dwelmverslaafdes. Sy was geïsoleer, ongelooflik bang en het niemand meer vertrou nie. Toe ons haar kry, wou sy nie saam met ons kom nie — haar vrees was groter as haar hoop.

Ons kon haar darem oorreed om die volgende dag te kom kyk hoe lyk dit by Moeggesukkel.

Haar SASSA-geld is elke maand gevat. Sy het oorleef op kerrie-aartappels en rys.

Daar is ’n familielid wat ver bly wat getrou elke maand geld gestuur het om haar te help — maar daar is vir haar gelieg. Sy is vertel daar word mooi na haar gekyk. Intussen is sy nie eers toegelaat om kliniek toe te gaan vir haar medisyne nie.

Hoe gebeur dit dat ’n weerlose ou mens só misbruik word?

Ons bid dat sy weer veiligheid, rus en vertroue sal kan vind.

By Moeggesukkel glo ons dat elke ou mens waardigheid, beskerming en liefde verdien.

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak. ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

25/02/2026

Johantjie het by sy Sussie gaan kuier in Komatipoort. ❤️

In hierdie video neem ons julle ’n bietjie terug in tyd — na die dag toe ons vir Johantjie gaan haal het. ’n Dag vol emosie, hoop en ’n nuwe begin.

Ons wil ’n spesiale woord van dank rig aan Intercape wat dit alles moontlik gemaak het.

Julle harte is altyd oop vir Moeggesukkel, en julle staan telkens gereed om te help waar julle kan. Dit beteken vir ons ongelooflik baie.

Ons is opgewonde om te sien wat die toekoms vir Johantjie inhou — een tree op ’n slag, met hoop in sy hart. ✨

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak.

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

22/02/2026

Vanoggend vroeg kry ek ’n boodskap van Tannie Linda af:

“Ek wil net vir jou dankie sê dat jy my vandag ’n jaar terug, op die sypaadjie, kom optel het.”

Tannie Linda… dit is vir ons die grootste voorreg.
Ons is ongelooflik trots op Tannie en ons is sommer baie lief vir Tannie.

Die beste lê nog voor.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!!

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Johantjie se wens het waar geword ✨Hy het by sy sussie gaan kuier …Sy bly baie ver, maar gelukkig het Intercape soos hul...
21/02/2026

Johantjie se wens het waar geword ✨

Hy het by sy sussie gaan kuier …
Sy bly baie ver, maar gelukkig het Intercape soos hulle belowe het, gesorg dat hulle gemaklik en veilig reis.

Johantjie kon die vorige aand nie eens slaap nie.
Hy was só opgewonde oor die groot avontuur wat voorlê!

Om familie weer vas te hou, om te lag, om saam herinneringe te maak – dis onskatbaar.

Dankie aan Intercape vir julle mooi hart en ondersteuning.

En dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!!

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Oom Shorty is weer op die been en dit maak ons harte so bly.Ons het ook vir al die katjies kos gaan vat en volgende week...
20/02/2026

Oom Shorty is weer op die been en dit maak ons harte so bly.

Ons het ook vir al die katjies kos gaan vat en volgende week neem ons hulle almal veearts toe sodat hulle die nodige sorg kan kry.

Elke klein stap maak ’n groot verskil.

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!!

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

19/02/2026

Oom Shorty het gebel en laat weet hy is siek.

Gister het ons vir hom iets gestuur sodat hy by die dokter kon uitkom en die regte medisyne kry.

Vandag lyk hy darem al ’n bietjie beter.

Ek het gaan inloer om te kyk hoe dit gaan – en sommer vir hom ’n nuwe foon gevat, asook ’n paar rand, aangesien hy op die oomblik nie geld kan maak met herwinning nie.

Toe sien ek die oulikste katjies.
Oom Shorty het hulle gered op ’n ashoop wat aan die brand was.

Mighty Max is die een se naam – die oulikste klein dingetjie.

In Oom Shorty se eie woorde:
“Al was die ashoop aan die brand, moes ek deur die vlamme gaan om die katjies te red. Dis dan ’n lewe daai.”

Ons hoop Oom Shorty is gou weer op die been.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! 💛

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za


18/02/2026

Ons het gaan inloer by Oom Steven.

Dit gaan BAIE goed met hom! Die karavaan wat ons ’n paar maande gelede vir hom kon gee, doen regtig wondere.

Kyk net hoe goed lyk hy! Dis ongelooflik hoe ’n dak oor jou kop, ’n veilige plekkie om te rus en net weer mens te kan voel… so ’n groot verskil kan maak.

Mens sien sommer weer hoop in sy oë.

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak.

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Dis nou ougat!Dis lekker om ’n honde-inwoner by Moeggesukkel te wees – hier word jy sommer ordentlik bederf.Ontmoet vir ...
17/02/2026

Dis nou ougat!

Dis lekker om ’n honde-inwoner by Moeggesukkel te wees – hier word jy sommer ordentlik bederf.
Ontmoet vir Koda 🐶

Hy is die oulikste woef met die mooiste persoonlikheid en ’n hart wat almal se dag sommer net beter maak.

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak – ook vir ons viervoetige inwoners.

Liefde en stertswaai groete vanaf
Koda 🐾

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

15/02/2026

Op Sondae deel ons videos van die verlede.
Hier is Deel 3 van Tannie Lydia - amper 'n jaar terug...

15/02/2026

Op Sondae Deel ons videos uit die verlede.
Dis amper 'n jaar terug wat ons vir Tannie Linda gaan haal het.
Hier is Deel 2
Ons deel later vandag Deel 3

15/02/2026

Op Sondae Deel ons videos uit die verlede.
Dis amper 'n jaar terug wat ons vir Tannie Linda gaan haal het.
Hier is Deel 1
Ons deel later vandag Deel 2 en Deel 3

Gelukkige Valentynsdag aan almal daar buite! ❤️Kyk hoe lekker lag Tannie Linda…’n Mens kan sommer sien – liefde maak ’n ...
14/02/2026

Gelukkige Valentynsdag aan almal daar buite! ❤️

Kyk hoe lekker lag Tannie Linda…

’n Mens kan sommer sien – liefde maak ’n verskil!

By Moeggesukkel het ons ook Valentynsdag gevier deur liefde met mekaar te deel –
kosbare liefde wat elkeen spesiaal en waardevol laat voel.

Ons inwoners het die oulikste liefdesbandjies gemaak, saam gekuier, gelag en natuurlik heerlike melktert geniet. 🍰

Dis in hierdie klein oomblikke van omgee waar mens besef:
Liefde kos niks… maar beteken alles.

Gelukkige Liefdesdag aan elkeen van julle.

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER LIEFDE verskil maak. ❤️✨

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Address

Cnr Springbok & Du Toit Road, Timsrand AH
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moeggesukkel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram