25/03/2025
Boeliegedrag Begin by die Huis
Boeliegedrag is ân epidemie wat ons samelewing verskeur, en dit begin dikwels by die voorbeeld wat kinders tuis sien. Ons kan nie langer ons koppe in die sand steek en wonder hoekom kinders ander seermaak nie â hulle leer dit by ons, die volwassenes in hul lewens.
Die hartseer waarheid is dat boeliegedrag nie net in skole voorkom nie. Sosiale media is ân duidelike bewys van hoe volwassenes mekaar afbreek. ân Onlangse voorval rondom ân pragtige sangeres wat gewig verloor het, het 100de mense se aaklige en wrede kommentaar ontlok. Volwasse mans en vroue het haar met hul woorde verneder â hoe kan ons dan verwag dat ons kinders met liefde en deernis sal optree as hulle sien hoe ons is?
Kinders wat aanhoudend blootgestel word aan negatiewe en aggressiewe gedrag tuis, het ân groter kans om boelies op skool te word. Kinders wat emosioneel of verbaal mishandel word, het later ân hoĂ«r geneigdheid tot aggressiewe gedrag teenoor ander. Dit beteken dat die manier waarop ons oor ander mense praat, selfs in privaat geselskap, ân direkte invloed op ons kinders se sosiale ontwikkeling het.
Boeliegedrag het ân vernietigende impak op kinders. Een uit elke drie kinders wĂȘreldwyd word geboelie. Nog erger, kinders so jonk as 10 jaar oud neem hul eie lewens weens die trauma van aanhoudende boeliegedrag. In Suid-Afrika is meer as 35% van kinders tussen 10 en 17 jaar slagoffers van boeliegedrag.
Ek sien hoe ân ma Ć video deel waarin sy vertel hoe haar kind geboelie word. Sy het dit by die skool aangemeld, maar niks is gedoen nie. Sy het self gesien hoe die ander kind haar seun slaan en stamp, maar die skool se verskoning? Die boelie "gaan deur iets moeiliks". Waar trek ons die lyn tussen empatie en aanspreeklikheid?
Boeliegedrag is nie net fisies nie â dit kom voor in subtiele, daaglikse opmerkings en sosiale uitsluiting. Ć Goeie voorbeeld is my eie kind. ân Kind wat gesonde kos skool toe kry. Sy is name genoem omdat haar kos anders lyk as diĂ© van haar klasmaats. Sy is selfs uitgesluit van speletjies omdat haar kosblik glo "gross" is omdat sy nie lekkergoed in het nie. Hierdie gedrag is aangeleer. Kinders herhaal wat hulle by die huis sien â as hulle ouers ander mense afmaak omdat hulle anders lyk, anders eet, of ander keuses maak, sal hulle dieselfde doen.
Ons sien dit elke dag op ons eie mamma groepies. Dit is hartseer hoe dikwels maâs, wat net opsoek is na ondersteuning en advies, afgekraak en veroordeel word. Ek verstaan dat dit soms gebeur omdat die advies wat gegee word gevaarlik of verkeerd kan wees. Daarom moet ons versigtig wees oor watter raad ons ook gee en seker maak dat dit nie bevooroordeeld (survivorâs bias) of skadelik is nie.
Maar maâs, ek erken dat ek self al hieraan skuldig was. Ek het myself al so kwaad gemaak oor sekere kommentare of advies dat ek nie eers die persoon se ervaring of bedoeling oorweeg het nie. Ons kan mekaar reghelp sonder om mekaar af te breek. Dit kos niks om respekvol op te tree nie.
Dit is tyd dat ons as ouers en volwassenes verantwoordelikheid neem vir die waardes wat ons kinders leer. Ons moet onsself vra: Wat leer my kind as ek lelike kommentaar op sosiale media los? Wat sien my kind as ek iemand in die supermark beoordeel oor hul voorkoms of kleredrag?
Ons kinders leer respek, deernis en verdraagsaamheid by ons. As ons wil hĂȘ ons kinders moet bedagdaam en liefdevol wees, moet ons vir hulle wys hoe. Dit begin by ons.
đ€Praat met respek oor ander mense, ongeag hoe hulle lyk of wat hulle doen.
âąđ€Leer jou kind om ander te respekteer, selfs al is hulle anders.
đ€Tree in wanneer jy boeliegedrag opmerk â nie net by kinders nie, maar ook by volwassenes.
đ€Monitor wat jou kind aanlyn sien en deel, en leer hulle die impak van woorde.
Boeliegedrag is ân weerspieĂ«ling van wat ons as die samelewing toelaat. Dit is tyd dat ons ân ander boodskap aan ons kinders stuur â ân boodskap van respek, liefde en omgee. Laat ons die generasie wees wat die siklus van seermaak en afbreek stop.
Want as ons dit nie doen nie, wie sal?
Deel hierdie post as jy, jou kind of iemand wat jy ken al geboelie was.