09/11/2025
Ontmoet Chanté, die nuwe eienaar van Pienkvoet-Pret Midstream
“Ek is ‘n mamma van ‘n pragtige dogtertjie en het ‘n groot passie vir kinders en opvoeding. Stimulasie is vir my lewensbelangrik, veral tussen die ouderdom van 3 maande tot 3 jaar — dit bevorder breinontwikkeling, vorm emosionele sekuriteit, verbeter taalverwerwing en fisiese groei.
As onderwyseres sien ek daagliks hoe belangrik betrokkenheid en doelgerigte spel is. En as mamma glo ek vas: ons grootste nalatenskap lê in ons kinders.
Pienkvoet-Pret Midstream gee my die geleentheid om ouers en grootouers te help om van kleintyd af die regte stimulasie-aktiwiteite te doen, en deel te wees van elke kleinding se unieke ontwikkelingsreis.
‘Community’ is vir my ‘n groot deel van my hart — ek droom daarvan dat Pienkvoet-Pret Midstream ‘n plek sal wees waar mammas met kinders van soortgelyke ouderdomme mekaar kan leer ken, saam kan lag, raad kan deel en soms net ‘n drukkie kan gee op die moeiliker dae.” 💗
midstream@pienkvoetpret.co.za
083 611 0869
✨Registrasies vir 2026 is nou oop!
✨ Bespreek jul eerste GRATIS les vandag!
Pienkvoet-Pret Midstream