07/12/2020
Huis Najaar wil graag vir die inwoners 'n lekker Kersete op Kersdag gee, maar aangesien dit op die stadium moeilik gaan finansieel met die ouetehuis as gevolg van die lockdown waar ons nie fondsinsamelings kon gedoen het nie wil ons graag verneem of daar dalk mense daar buite is wat kan help met bestanddele vir die ete. Ons benodig die volgende bestanddele vir die Kersete: 2 Dosyn Eiers, 2,5 kg Suiker, 2 boksies gelatien, 1 blikkie mosterdpoeier, 1 botteltjie borrie, 6 x 250 ml Room, 1 bottel wit asyn, 3 bottels mayonnaise, 6 x 125 ml smooth geroomde maaskaas, 3 blikkies kondensmelk, 5 kg Beet, 12 ronde Sponskoeke, 1 Bottel Sherry, 2 x 500 gr Rooi Jellie, 2 x 500 gr Oranje jellie, 2 x 500 gr Groen Jellie, 6 x 1 liter Vla, 1 Groot pak neute vir trifle, 10 x 350 ml orley whipp room, Gammon vir 100 mense, Skaapboud vir 100 mense, Servette vir 100 mense. Indien daar mense is wat kan help met enige van die bogenoemde bydraes skakel asb. Mev. Van Heerden op 0419335142