08/04/2019
Dit is met 'n swaar hart dat ons graag al ons pasiënte in kennis wil stel dat ek vanaf 26 April 2019 vir 'n tydperk van om en by 12 maande nie beskikbaar gaan wees nie. Ek gaan my kennis in veral sport beserings in die buiteland gaan aanwend, om sport sowel as myself te kan bevorder. Ek wil dankie sê aan elkeen van my pasiënte wat ek bevoorreg genoeg was om te kon ontmoet en 'n pad mee stap die laaste paar jaar. Ek sien uit om in die toekoms my wortels weer in Ellisras te kom plant.