04/12/2025
🌟 CLOCOLAN LAERSKOOL – GEREED VIR GRAAD 4! 🌟
Graad 3 Studietoolbox-program
Baie trots op hierdie maats!
Baie dankie vir die voorreg om ons graad 3-maats gereed te kry vir hulle groot oorgang na graad 4.
Wat doen ons in die Studietoolbox werkswinkel?
Ons help leerders om selfversekerd, georganiseerd en onafhanklik die nuwe uitdagings van die intermediêre fase aan te pak.
📘 Studietegnieke:
Hoe om te leer, opsommings te maak en sleutelwoorde te identifiseer.
⏰ Tydsbestuur:
Praktiese maniere om skoolwerk, projektye en huiswerk slim te beplan.
🧠 Konsepbegrip:
Ons oefen hoe om moeiliker begrippe te breek in kleiner dele.
📚 Lees- en luisterstrategieë:
Leerders leer hoe om aktief te lees en inligting vinnig vas te vang.
🗂️ Organisering en fokus:
Van netjiese boeke tot slimmer maniere om take te benader — ons bou goeie gewoontes vir graad 4 en verder.
✨ Die Studietoolbox gee elke maat die gereedskap om met selfvertroue te groei, leer en presteer. Ons sien uit om julle te sien blom!