18/11/2025
Ons inwoners se “Bekers van Liefde”-projek — pakkies vol bederfitems vir ons versorgers — was weer ’n groot sukses 😄
’n Groot dankie aan ons inwoners wat met soveel omgee pakkies opgemaak het, en aan Susan van Vuuren, wat hierdie inisiatief nou al vier jaar lank met liefde en toewyding lei. Sy het die pakkies pragtig uitgestal en in ‘n feestelike atmosfeer aan elke versorger ‘n bederfpakkie oorhandig.
Paul Kruger van die Groenkloof Stigting het ook die geleentheid bygewoon en ons versorgers bedank vir hul toewyding, liefde en sorg deur die jaar. Hierdie jaarlikse geleentheid weerspieël die meelewendheid van ons inwoners, wat op so ‘n betekenisvolle manier “dankie” sê vir die waardevolle rol wat elke versorger speel.
In Groenkloof seëvier liefde en dankbaarheid — en hierdie bekers bewys dit elke
jaar.