Claudie & Amanda Fisioterapeute

Claudie & Amanda Fisioterapeute Integrated Health and wellness clinic in Graaff-Reinet.

Vandag is ‘n baie hartseer dag. My regterhand en linkerhand en dagboek en 2de Ma en kinderoppasser is vandag oorlede. Sy...
03/09/2022

Vandag is ‘n baie hartseer dag. My regterhand en linkerhand en dagboek en 2de Ma en kinderoppasser is vandag oorlede. Sy was vir 10jaar 100% deel van my lewe. Sy was werklik ‘n staatmaker en niks was ooit vir haar te veel nie. Sy het diep spore in ons harte getrap.

Ons harte en gebede gaan uit na haar familie. Ons sal jou altyd onthou Hilla! My Hilla. Rus in Vrede.

30/06/2022

Sjoe, hierdie is n moeilike post…

Ek het altyd gesê die dag as Hillary aftree tree ek ook af! Nou ja, mens moet soms versigtig wees wat jy sê want dit is presies wat nou by ons gebeur het…

Kom ek begin by Hillary. My regter- en-linkerhand en skouer om op te huil en kruk om op te steun van die laaste 10 jaar het nou amptelik afgetree.

Vir ‘n beter persoonlike assistent en liefdevolle ekstra ouma vir my kinders sou ek nooit kon vra nie. My hart is bitter seer om haar te moet groet maar weens gesondheidsredes kan sy nie meer die rol vervul nie. Ons bid ook saam met haar vir die tyd wat voorlê en ek wil haar werklik uit die diepte van my hart bedank vir alles wat sy die afgelope 10 jaar vir my en my kinders beteken het.

Altyd vriendelik, altyd opgewek en altyd maar altyd op haar pos. ‘n Sagte hand met elke pasiënt en mens wat oor haar pad gekruis het. Altyd moedig met haar vertroue bankvas in ons Skepper. Niks was ooit vir haar te veel moeite nie. Ek mis haar alreeds en gaan haar nog meer en meer mis soos die tyd aangaan…

Vir Amanda, my hartsvriendin en mede fisio…dit was so lekker om saam met jou te kon werk! As ek angstig raak om n kleintjie te behandel en jy net met jou kalm en rustige geaardheid vir my sê: “ek sal hom met liefde behandel, ek verkies dit om kinders te sien” dan voel ek sommer om hande te klap👏🏻👏🏻👏🏻 van dankbaarheid.

Amanda het ook stil-stil in almal se harte gekruip en is steeds ‘n Pilates-guru 1000. Sy en haar man trek na ‘n plaas toe in die omgewing en dit is ook vir hulle ‘n splinternuwe avontuur. Sy gaan steeds van haar Pilatesklasse aanbied en het ook ‘n hele klomp ander planne in haar gedagtes maar sy gaan ook nie voortaan meer pasiënte sien nie. Hou hierdie spasie dop…

Die lewe loop soms wye draaie met n mens en mens weet nie altyd hoekom nie. Ek luister gister na ‘n persoon wat vertel dat die lewe in n klomp kolletjies gebeur. Elke ding wat gebeur maak n kolletjie. Lekker en sleg, goed en kwaad. Eers heelwat later, as jy bietjie terugdink aan wat alles gebeur het kan jy die kolletjies begin aanmekaar skakel….

My “aftree” kolletjie het seker die dag toe ek uit die bad geval het en my arm gebreek het begin🤣🤣🤣…as jy afkyk na jou hand en hy kyk anderkant toe as wat hy moet en jou hande is jou werk dan skrik jy jouself half in n koma in😳 maar dit was ook goed.

Baie dinge het gebeur en baie dinge het my nou gekry tot by die punt waar ek eers my fisio skoene in die kas gaan bêre. Dit was ‘n ongelooflike voorreg om ieder en elke pasiënt deur die jare te kon behandel. Sommiges kon ek sommer lekker help, ander het my ernstig laat kop krap, party het my dag opgehelder en ander het my op my senuwees gemaak, maar elkeen het deel gevorm van my geheubank! Dit was n voorreg!

Ek sien baie uit na hierdie nuwe effens “gemakliker” wat tyd betref fase van my lewe. Ek sien uit om meer tussen my kinders en plantkinders te wees en ook steeds n impak te maak in ander mense se lewens met n klomp ander dinge waarmee ek besig is.

Totsien en dankie vir eers…

Claudie

Elke persoon wat sport beoefen wil graag weet dat hy die regte ding doen. Dit begin alles met wat jy in jou liggaam sit....
30/05/2022

Elke persoon wat sport beoefen wil graag weet dat hy die regte ding doen. Dit begin alles met wat jy in jou liggaam sit. Daar is so baie sport-en-gewigsverliesprodukte op die mark. Hoe weet jy wat is goed, gesond en reg vir jou liggaam? Kom luister gerus😉

Ons selfone is groot nek “beseerders”!! Let ‘n bietjie op hoe jy met jou selfoon werk. ‘n Klein verandering kan ‘n GROOT...
22/04/2022

Ons selfone is groot nek “beseerders”!! Let ‘n bietjie op hoe jy met jou selfoon werk. ‘n Klein verandering kan ‘n GROOT verskil maak!

20/04/2022

Please note that we have moved to 34 Plasket Street. Between Volkskool and Union.

14/04/2022

Stress fractures are small, microscopic cracks in bone that commonly occur in the feet. Foot stress fractures are often caused by overuse injuries in sports, such as soccer or dance.

17/03/2022
01/09/2021

Credit: with the meme

Please share far and wide. This is an excellent opportunity for a medical doctor to start a private practice in our beau...
16/08/2021

Please share far and wide. This is an excellent opportunity for a medical doctor to start a private practice in our beautiful town. We have excellent doctors here but there is definitely scope for another doctor….

Japie is ‘n briljant! Ons is bevoorreg om so n uitstekende kenner by ons praktyk en in ons dorp te kan hê. Deel gerus!
12/08/2021

Japie is ‘n briljant! Ons is bevoorreg om so n uitstekende kenner by ons praktyk en in ons dorp te kan hê. Deel gerus!

Office space available from 1 August 2021. Terms and conditions apply. Ideal, but not limited to someone in the health a...
30/06/2021

Office space available from 1 August 2021. Terms and conditions apply. Ideal, but not limited to someone in the health and wellness industry. Contact 0842778243 for more information.

Address

3 Milner Street
Graaff-Reinet
6280

Opening Hours

Monday 07:00 - 19:00
Tuesday 07:00 - 19:00
Wednesday 07:00 - 19:00
Thursday 07:00 - 19:00
Friday 07:00 - 19:00
Saturday 07:00 - 13:00

Telephone

+27840659433

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Claudie & Amanda Fisioterapeute posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Claudie & Amanda Fisioterapeute:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Our Story

At our physio practice our aim is to help people get better and stay better. Conditions treated by our practice include Orthopeadic, Neurological and cardiopulmonary conditions. We also treat sport injuries and we are involved with women's health issues. The following are examples of some of the conditions we treat and rehabilitate: -Back and Neck pain - Headaches - Shoulder, ankle and knee injuries - Postural problems - Assisting in rehabilitation after fractures and dislocations - Post surgery rehabilitation e.g. arthroscopy. rotator cuff injuries, spinal surgery, joint injuries and replacement surgery. - Rehabilitation after a stroke or head injuries - Milestone delays and Cerebral Palsy - Adult and peadiatric respiratory conditions e.g. sinusitis, bronchitis, Asthma and brochopneumonia. - Sport injuries including muscle and ligament sprains and strains as well as joint injuries -Strapping and taping -Rehabilitation of pelvic floor muscles - Breastfeeding consultations All medical aids are accepted and no doctor referrals are needed.