21/09/2023
Kopseer, hoofpyn, migraine…’n Regte Pyn in die Nek!
Is hoofpyn en migraine besig om jou lewensvreugde te steel en jou te verhinder om jou lewe ten volle te geniet.
Griep en kopseer gaan gewoonlik hand aan hand. Kort-termyn medikasie is effektief om hierdie tipe pyn te verlig. Maar hoe nou gemaak wanneer hoofpyn en migraine chronies raak? Die langdurige gebruik van pynstillers kan skadelik, gevaarlik, en selfs verslawend wees.
Ons ervare fisioterapeute by Baycare Medical Centre kan jou help!
Ons kundige span is goed vertroud met tegnieke wat 'n werklike verskil in jou lewenskwaliteit kan maak.
1. Persoonlike assessering identifiseer die onderliggende oorsake van jou hoofpyne, dus word behandeling vir jou spesifieke behoeftes aangepas.
2. Geteikende, gespesialiseerde tegnieke spreek spanning, spierwanbalanse en swak postuur aan. Dit verminder jou afhanklikheid van medikasie, of skakel dit heeltemal uit.
3. Doeltreffende, langtermyn pynverligting word deur ‘n kombinasie van fisioterapie, die regte oefeninge en lewenstylaanpassings ‘n werklikheid.
Ons doelwit is om die frekwensie en intensiteit van jou hoofpyne en migrainepyn te verminder, of uit te skakel.
Neem vandag die eerste tree na 'n hoofpynvrye lewe! Kontak ons om jou konsultasie te skeduleer sodat ons bekwame fisioterapeute jou kan help om weer die lewe ten volle te geniet.
044 692 0039, WhatsApp by 084 804 0955, of e-pos by mmphysio@baycaremed.co.za.