19/01/2026
VAKANTE POS: GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE/INGESKREWE VERPLEEGKUNDIGE
Hartenbos Bejaardesorgdiens is ‘n program van Badisa ‘n gesamentlike Bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word ingewag vir die pos as Suster/Stafverpleegster
Vereistes, Ondervinding en Verantwoordelikhede.
• Geregistreer wees by die SA Raad vir Verpleegkundiges (SARV)
• Bewys van opleiding
• Kennis en toepassing van geskeduleerde medikasie en kontrole daarvan
CDU en blister verpakking
• Kennis van die fisiese- en medieseversorging van ouer persone
• Sterk leier-eienskappe met goeie menseverhoudings.
• Vermoë om binne spanverband te funksioneer.
• Vermoë om onder druk en alleen te kan werk.
• Verantwoordelike en gemotiveerde persoon.
• Bereid wees om skofte te werk, nag of dag en as skof leier te kan optree.
Ons bied ‘n mededingende salaris, pensioenfonds, mediese fonds asook ruim verlof aan met bevorderingsmoontlikhede
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30/01/2026
Diensaanvaarding: So gou moontlik
Rig ‘n volledige CV (met bewys van registrasie by SARV)
met tenminste 3 kontakbare referente aan:
Engela Jacobs: Hartenbos Bejaardesorgdiens
Tel: 044 695 2386.
Epos bejaarde3@gmail.com