Ons Tuiste Humansdorp

Ons Tuiste Humansdorp Old Age Home/Ouetehuis

*Die geskiedenis van 'VOORSKOTE'*Ek d**k nie ons kinders weet wat 'n voorskoot is nie. Die hoofgebruik van Ouma se voors...
06/01/2026

*Die geskiedenis van 'VOORSKOTE'*

Ek d**k nie ons kinders weet wat 'n voorskoot is nie. Die hoofgebruik van Ouma se voorskoot was om die rok daaronder te beskerm, want sy het net 'n paar gehad. Dit was ook omdat dit makliker was om voorskote te was as rokke en voorskote wat minder materiaal gebruik het. Maar daarmee saam het dit as 'n pothouer gedien om warm panne uit die oond te haal.
Dit was wonderlik om kinders se trane af te droog, en is by geleentheid selfs gebruik om vuil ore skoon te maak.
Van die hoenderhok is die voorskoot gebruik om eiers, kieskeurige kuikens en soms half-uitgebroeide eiers te dra om in die warm oond klaargemaak te word.
Toe geselskap kom, was daardie voorskote ideale wegkruipplekke vir skaam kinders..
En toe die weer koud was, het Ouma dit om haar arms gedraai.
Daardie groot ou voorskote het menige sweet voorkop afgevee, gebuig oor die warm houtstoof.
Spaanders en aansteekhout is in daardie voorskoot die kombuis ingebring.
Uit die tuin het dit allerhande groente gedra. Nadat die ertjies uitgedop is, het dit die skille gedra.
In die herfs is die voorskoot gebruik om appels in te bring wat van die bome geval het.
Toe onverwagte geselskap die pad opry, was dit verbasend hoeveel meubels daardie ou voorskoot binne 'n kwessie van sekondes kon afstof.
Toe aandete gereed was, het Ouma op die stoep uitgestap, haar voorskoot geswaai, en die manne het geweet dis tyd om van die lande af in te kom vir ete.
Dit sal lank duur voordat iemand iets uitd**k wat daardie 'outydse voorskoot' wat soveel doeleindes gedien het, sal vervang.

Ek weet nie hoeveel kieme op daardie voorskoot was nie.
Maar ek het nog nooit iets van 'n voorskoot af behalwe liefde gevang nie.
- skrywer onbekend / geleen

Januarie 2026
23/12/2025

Januarie 2026

Kom ondersteun Oesterbaai kontreimark en besoek gerus Ons Tuiste Humansdorp koop lekker pannekoek vir ons fondsinsamelin...
19/12/2025

Kom ondersteun Oesterbaai kontreimark en besoek gerus Ons Tuiste Humansdorp koop lekker pannekoek vir ons fondsinsameling
Vrydag,19 Des 2025.

Oom Carel  Ferreira - Die  brug tussen droom en efenisGraag deel ek hierdie wat so spesiaal verduidelik hoe oom Carel de...
18/12/2025

Oom Carel Ferreira -
Die brug tussen droom en efenis

Graag deel ek hierdie wat so spesiaal verduidelik hoe oom Carel deel geword het van Ons Tuiste en baie.
Raakgelees en geleen is by skrywer Du Preez de Villiers

Oom Carel was sy eie unieke mens en dit was juis dit wat hom minsbaar gaan maak het by Ons Tuiste.
“Ons is almal unieke wesens met ons eie, soms vreemde, maar altyd betekenisvolle belangstellings.En natuurlik is daar ander mense wat hierdie belangstellings en stokperdjies met jou deel. Dit is juis hierdie gedeelde belange wat ons bymekaarbring – en waar mense saamkom, word kultuur gesmee.
Kultuur leef nie net in die tasbare dinge nie; dit bestaan ook in die simboliek wat ons daaraan heg. ’n Grappie wat uit ’n nuusgebeurtenis ontstaan, ’n kunstige foto van ’n sonsondergang oor Pretoria met ’n mooi byskrif op sosiale media – dit is klein oomblikke wat groter betekenisse dra. Dit is hoe ons sin maak van die wêreld en hoe ons ons stempel afdruk op diegene om ons.
Ons lewens word gevorm deur die nisse wat ons vir onsself uitkerf, en sonder om dit te besef, beïnvloed ons die mense rondom ons. Só word nalatenskap geskep – en wanneer daardie nalatenskap ’n breër invloed uitoefen, raak dit deel van ons Afrikanererfenis.
Ons kultuur, en daarmee saam ons identiteit, is voortdurend vormend, in wording. Dit is in hoe ons praat en mekaar aanspreek, wat ons eet, hoe ons tradisies vorm en volg, die stories wat ons as kinders gehoor het, en die woorde wat ons gebruik as ons regtig kwaad of opgewonde raak. Soos elke volk op aarde, het Afrikaners ’n nalatenskap waarop ons trots kan wees – een waarmee ons onsself vereenselwig en wat as rigtingwyser dien vir die geslagte wat volg.
’n Normale mens kán nie anders as om opgewonde te raak oor die bewys van sy bestaan nie. Monumente, argitektuur, kleredrag, geregte, literatuur – dit alles is bakens van wie en wat ons is. Of jy nou ou seëls of kompakskywe versamel, of jy jou hart op ’n Victoriaanse tafeldoek of ’n antieke fiets verloor, daardie drang om iets van die verlede aan te raak en vas te hou, lê diep met ons menswees verweef.
Daarom het pandjieswinkels en oudhedewinkels ’n bekoring wat nooit sal verdwyn nie. Of dit nou ’n ongekunstelde gebou op ’n plattelandse dorpie is waar jy ’n winskopie onder die stof uitkrap, of ’n boetiekwinkel is waar jy net kan kyk en droom – ons hou daarvan om sin te vind in die spore van die verlede.
Dit dra betekenis om iets soos ’n geroeste ploeg in die veld op die familieplaas op te tel en dit in ons voorstedelike tuin uit te stal. Of ons tel die eerste uitgawe van Langenhoven se Versamelde Werke-bundel by ’n kunsmark op en stal dit in ons voorportaal uit. Só gee ons inhoud aan ons eie verhaal én aan die verhaal van ons mense.
Maar kultuur is nie net erf nie – dit is ook skep. Ons wíl Geloftedag herdenk, ’n Mampoerfees bywoon, resepteboeke skryf, ’n koorkomitee begin, of grafte in die Heldeakker skoonmaak. Dit is nie ’n las nie, dit is ’n voorreg – ’n manier om aktief deel te wees van iets groter.
Vir sommiges het oudhede beleggingswaarde. Maar vir die meeste van ons dra dit sentimentele en estetiese waarde. En dit is daardie sentiment wat gekoester moet word, want dit is wat ons verbind aan ons voorgangers – die mense wie se lewens ons eie moontlik gemaak het, en wat steeds rigting aan ons toekoms gee.
Erfenis is nie iets vaag of vervreemdend nie. Dit hoef nie met politieke bagasie gelaai te word nie. In werklikheid het politieke besluite selde ’n blywende invloed op die kulturele hartklop van ’n gemeenskap. Nalatenskap dien as ’n rigtingwyser vir wat ons wil en nié wil wees nie.
Dit is belangrik om te besef: die band wat jy met ’n voorwerp het, is nie dieselfde as die band wat jy met mense en ’n gedeelde geskiedenis het nie. Kultuur lê in die simboliese raamwerk wat ons dade betekenis gee.
’n Bybel wat al vir vyf geslagte in jou familie is, kan ’n antieke stuk wees. Maar die feit dat julle as familie nog saam daaruit lees en bid – dít is jou erfenis.
Oudhede word elke dag geskep en mettertyd waardeer. ’n Oudheid laat ’n individu lekker voel, maar erfenis laat ’n kultuurgemeenskap leef.

Oom Carel was by Ons Tuiste so sentimenteel deel van ons dag.
Die klein tradisies van vroeg opstaan, 'n wandeling neem, 'n gou geselsie met met 'n inwoner of personeellid op sy roete, duifies roep en kos gee, op met die styl “ramp"af en op” ‘n vriendelike groet dankbaar “van geseënd gespaar deur die Here se genade”, trots dra hy sy “Dorp van drome” of sy aandeel aan Humansdorp en sy geskiedenis, terwyl hy ‘n plantjie versorg, 'n onkruid uitrek of plant, die inneem van die môre son met ‘n besing met 'n lirieke of gedig wat geprewel word oor sy baie geoefende stembade. Ons erfstuk klavier het vir die eerste keer jare weer lewe gekry toe oom Carel hier kom bly het, hy was in harmonie met ons kultuur van eenheid wees in sang. Geen inwoner en personeellid ongesien, vir sy verjaarsdag daar gespeel en gesing ‘veels geluk liewe maaitjie” soos ons almal groot geword het, dit het ons dankbaar herinner aan die voorreg van genade tussen die oues van dae. Sy God was groot, ons God en so het hy elke oggend in die eetsaal broodgebreek. Soms was daar verkille en kon ons nie een in die veroordeelbank staan nie, vergifnis is vir ons almal. Hy het dit so mooi verstaan deur skuld te beken en versoening te vra.
Dankie wat oom Carel so sorgsaam en belangstellend vir ons bymekaar gemaak het en behou het in 'n dorpie soos Humansdorp, ons distrik, ons nageslag geskiedenis, familie name en soveel meer. Ons was stom, ons sou wou dankie sê, ons het 'n stukkie Carel geërf by Ons Tuiste en sal dit koester.
Jou droom het uiteindelik vlerke gekry.

Personeel jaar eindfunksie 2025 Deel2
12/12/2025

Personeel jaar eindfunksie 2025 Deel2

Personeel jaar eindfunksie 2025 Deel1
12/12/2025

Personeel jaar eindfunksie 2025 Deel1

Jaar na jaar! St Francis Rotariers❤👣Julle trap diep omgee spore in die harte en gange van Ons Tuiste Humansdorp .Dankie ...
09/12/2025

Jaar na jaar! St Francis Rotariers
❤👣
Julle trap diep omgee spore in die harte en gange van Ons Tuiste Humansdorp .
Dankie aan elkeen wat hierdie projek ondersteun om ons binne inwoners kom besoek en bederf het.
Mag dit wat julle saai in veelvoud geoes word. Dankie

Ons spesiale Kersete 5 Desember 2025 was 'n reuse suksesDankie aan ons Hemelse Vader ons voorsiener. U Here raak harte a...
09/12/2025

Ons spesiale Kersete 5 Desember 2025 was 'n reuse sukses

Dankie aan ons Hemelse Vader ons voorsiener. U Here raak harte aan en
en maak hande oop vir gee en help.

It takes a village to raise a child...
Two to tango...

Ons Tuiste Humansdorp benodig omgee mense, diegene wat saam droom en werk tot die vervulling.
'n Gemeenskap, boere, besighede,
inwoners, kreatiewe helpers & bereidwillige hande, familie, vriende (VVO), donateurs, borge en personeel (team players & go getters), Komitees, 'n Beheerraad wat elke ekstra myl saam stap.

Dankie is 'n woordjie te klein om die groot waardering uit te spreek vir die danbaarheid van ons inwoners.

Hulle was so verras en bederf met 'n pragtige versierings, blomme (die mooiste kleure ingevoer uit tuine van liefde), verfrissende drankies, lip lekker tuisgebakte brood (Ds Thomas jou brode gaan nog lank op ons lippe vra vir nog) bedien met smere, patees, met die oog eet kos (voorberei uit ons 'magic' kombuis), kraakvars groente vir slaaie (Loerie Veg), die beste lam (dankie boere) spitbraai (Albe en Zita), afgerond sjokolade mousse en roomys. 'n Bederfie in n 'cracker'. Te veel om te bedank julle weet wie julle is.

08/12/2025
Deel 5 Spesiale kersete
05/12/2025

Deel 5 Spesiale kersete

Deel 4 Spesiale Kersete
05/12/2025

Deel 4 Spesiale Kersete

Deel 2 Spesiale kersete
05/12/2025

Deel 2 Spesiale kersete

Address

20 Heugh Street
Humansdorp
6300

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Tuiste Humansdorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Ons Tuiste Humansdorp:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram