05/07/2023
Moenie dat jou gedagtes jou uitput nie.
Ek het los hande die meeste battles van my lewe in my kop baklei.
Party dae is ek so kop-moeg dat ek saans by ag-uur nie meer my oë kan oophou nie.
Dis toe dat ek besef dat ek besig is om senarios te skep, dinge ver voor uit te hardloop en oplossing te soek vir goeters wat nie eers gebeur het nie. Of bestaan nie.
As ek terugstaan besef ek, hier gebeur dan niks om my nie...alles gebeur in my kop.
'n Volskaalse oorlog.
'n Kop-oorlog is 'n gevaarlike ding, want jou hart word die dumping site.
Ou Salomo het dit geweet, want in Spreuke 4:23 praat hy oor die besigheid.
So vandag weet ek, om met 'n ding vir te lank in jou kop te stoei beteken moeilikheid.
Dis net daar waar dit kleintjies kry, 'n hele klomp aannames jou koers laat verloor en 'n ding so groot raak dat jou hart begin swaar dra.
Nou probeer ek al my kop se dinge een-een deur praat met die liewe Here.
Ek vat dit lig toe.
Want ek weet, as dit in my kop bly raak dit 'n oorlog.
Een wat ek alleen baklei.
Sit aan die ketel
©️ Yolande Brittnell-Steyn
www.sitaandieketel.co.za
📷 Elisa Anfuso