17/10/2025
                                        'n Goeie vriendin van my is 'n remediërende onderwyseres.
Verlede week kuier ons oor 'n koppie koffie en vang bietjie op oor die lewe. En of ons wil of nie, ons begin altyd weer oor "werk" gesels 😉 
En die gesprek eindig altyd by daardie kinders oor wie ons so hulpeloos voel.
Die kinders met soveel potensiaal, maar wat as gevolg van omstandighede nou sukkel om die mas op te kom.
Daardie omstandighede kan enige iets wees soos:
Geld, onbetrokke ouers, of moeilike huislike omstandighede.
Maar die EEN aspek wat vir my regtig moeilik is, is kinders wat bloot net te LAAT vir hulp begin vra.
Want 'n jaar of twee in 'n kind se lewe is 'n LAAAANG tyd.
Ja, nie alle kinders ontwikkel teen dieselfde tempo nie. Daarmee stem almal saam.
Maar onderwysers en terapeute sien die groter prentjie.
Ons sien die hele 400m atletiekbaan, nie net die 60m "sprint" van Graad R nie.
So as jou kind se onderwyseres bekommerd is, luister asseblief.
As jy rooi ligte sien fl***er, moet dit nie ignoreer nie.