
28/08/2025
Skryf in en maak 'n verskil in ander se lewe!
Werk jy in die onderwys, gesondheidsorg, as maatskaplike werker of het 'n geliefde met gestremdheid?
Ons bied jaarliks die kortkursus Bemeester Gestremdheid aan met die doel om 'n beter lewenskwaliteit vir persone met gestremdhede en hulle gesinslede te bewerkstellig.
Dit behels meer as inligting oor die blote versorging van en voorsiening in mense met gestremdhede se basiese behoeftes. Die kortkursus berei jou voor om werklik 'n verskil te maak.
Datum: 6 September – 18 Oktober 2025 (Elke Saterdag)
Prys: R3 900, alle kursusmateriaal ingesluit
Plek: Opleidingsinstituut-kampus
Skryf vandag in en maak 'n verskil in ander se lewe: https://helpendehandopleiding.co.za/bemagtig-gewillige-hande/