17/04/2025
• 'n Brief vir die Christen man •
Broer,
Ek gaan nie vandag vinger wys nie, maar ek gaan ook nie doekies omdraai nie, ek gaan met jou praat, man tot man.
Ons vroue is besig om te sterf.
Nie aan iets wat sigbaar is nie...
maar aan iets wat ons toelaat.
Jy sien dit dalk nie, maar ek hoor dit daagliks...
Stemme van vroue wat nie meer kan nie.
Nie dat sy nie wil nie.
Sy kán nie.
Hulle loop nie weg nie.
Hulle onttrek.
Hulle huil nie altyd nie.
Hulle sluit net emosioneel af.
Hulle breek in stilte.
Jy kla oor te min seks, maar sy’s nie meer daar nie...
Haar liggaam dalk, maar haar emosies is gesmoor deur jou onbereidwilligheid om haar noodkreet te hoor.
En hulle voel al hoe minder oor jou, oor die kinders, oor God.
Nie omdat hulle swak is nie…
maar omdat hulle al te lank moes sterk staan.
Omdat hulle te lank ons skoene moes vol staan, ons verantwoordelikhede dra.
En jy?
Jy’s aanlyn besig met p**nografie.
Jy maak vriende met drank, met dobbel, met passiwiteit.
Jy’s kwaad, stil, afwesig, onvolwasse, vol verskonings.
Jy’s te trots om hulp te vra.
Te gemaklik in jou seer.
Te selfbejammerend om jou rol te vervul.
Maar ek is nie hier om jou te oordeel nie.
Ek is hier om jou wakker te maak.
Man van God, JOU HUIS HET JOU NODIG!
Jou vrou het jou nodig.
Jou kinders kyk op na jou.
En jou stilte, jou verskonings, jou geheime is besig om hulle siele dood te maak.
As jy nie jou seer genees nie, gaan jy dit oordra aan jou kinders.
Dis jóú verantwoordelikheid dat die trauma stop, by jou.
Gaan jy opstaan, of gaan jy dit oorpass vir die volgende generasie?
So hier’s my voorstel aan jou, man tot man:
1. Sit jou selfbejammering neer. Jy’s nie die slagoffer as jy nie bereid is om te verander nie.
2. Stop die p**n. Dis nie onskuldig nie. Dis ’n opening vir duisternis. Dis die dood van intimiteit.
3. Los ander vrouens uit. As jy aandag soek, soek dit by jou vrou.
As jy wil flirt, flirt met die een wie se hand jy voor God gevra het.
4. Staak die dobbel, die drank, die rook, die verslawing. Dis nie net jou lewe wat vernietig word nie. Dis haar siel ook. Dis jou kinders se toekoms.
5. Begin bid. Nie net vir genade nie, maar vir vuur. Vir ‘n nuwe gees. Vir ‘n nuwe ruggraat. Vra God vir krag om op te staan en jou plek in te neem.
6. Los die woede. Aggressie wat nie aangespreek word nie, word mishandeling. Emosionele abuse is steeds abuse. Stop dit. Jy wil nie jou dogter leer dat dit is hoe liefde lyk nie. Jy is die voorbeeld, tree soos een op.
7. Dien God radikaal. Bekeer, weer. Nie kerk toe gaan vir die show nie, regtig dien. Bid. Leer. Volg. Sterf in jouself. Gee jou lewe oor aan God, dat Hy iets daarmee maak. Hy het 'n plan, jy wil Hom net nie vertrou nie.
8. Bou jou vrou op. Nie met woorde alleen nie, maar met konsekwente dade. Sy is moeg vir leë beloftes. Sy wil verandering sien. Sy wil strukture voel. Sy smag na veiligheid by jou. Nie breë biseps nie, emosionele sekuriteit. En vra haar onverskoning vir jare se verwaarlosing. Sy is gereed om jou te help.
9. Vra hulp. Kry mentors. Gaan vir berading. Praat met iemamd. Sien 'n sielkundige. Bel die pastoor. As jy nie weet hoe nie, leer, vra. As jy val, staan weer op. Dis nie jou foute wat jou definieer nie, dis jou aksies. Verander dit. Begin wees wie en wat God jou geskep het om te wees. ‘n Vuur vreter. ‘n Soldaat. ‘n Rots. ‘n Leier.
10. Herwin jou stem. Nie om te beheer nie, maar om te lei. Nie om te beveel nie, maar om te bedien.
Nie om af te breek nie, maar om te bou.
Man van God, dis tyd.
Nie om te blameer nie.
Nie om te skuil nie.
Nie om te wag dat sy jou red nie.
Dis tyd om jou plek in te neem.
Nie as diktator nie, maar as priester.
Nie as ‘n blinde nie, maar as herder.
En as jy nie weet waar om te begin nie, val net op jou knieë.
Want dis waar elke ware man begin regop staan.
Ek deel hierdie met jou in liefde my vriend, daar's geen oordeel. Ons almal battle.
Ons fight saam.
Ek bid vir jou, dat jy sal opstaan.
Wilco Naumann.
PS-As jy 'n vrou is deel gerus die post dat die manne in jou lewe kan lees.
En as jy my wil nooi om met die manne in jou gemeenskap te kom praat, kyk vir besonderhede in die kommentaar om 'n bespreking te maak.